Chaos toe motoris onwetend by kaper stilhou en hulp aanbied

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Mhlaliseni Gqoza Ndlovu (27) is verlede Vrydag in die Madadeni-hooggeregshof lewenslange tronkstraf opgelê ná hy in 2017 op ’n skiettog gegaan het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê hy is lewenslank gevonnis vir moord, 30 jaar vir twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede, sewe jaar vir poging tot moord, vyf jaar vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en een jaar vir die besit van ammunisie.

Joshua Nkosi (47) was op 21 Oktober saam met sy vriendin in ’n motor wat geparkeer was agter Rumelin Stadion in Madadeni.

“Ndlovu het hulle gewapen met ’n pistool genader. Nkosi is summier doodgeskiet en sy liggaam uit die motor gehaal. Die beskuldigde het toe weggery met die vrou,” het Zwane gesê.

Zwane verduidelik terwyl die man weggejaag het van die toneel het hy beheer oor die motor verloor en omgeslaan. Dit is tóé dat die vrou daarin kon slaag om te ontsnap.

’n Niksvermoedende motoris wat die ongelukstoneel gesien het, het stilgehou om te help sonder om te weet dat hy inderwaarheid by ’n kaper stilhou.

“Die beskuldigde het op die motoris en twee passasiers losgebrand. ’n Passasier is beseer en na die hospitaal geneem vir behandeling.”

Ndlovu het eers die drie van hul selfone beroof voor hy in hul voertuig weggejaag het.

Ndlovu is vier dae later in hegtenis geneem vir ’n ander verkragtingsaak en kon toe op so ’n wyse verbind word met dié saak.

Die verkragtingsake is nog hangend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Keuses ·

Dit moet eintlik geen lewe wees om in die oggend op te staan en dadelik vir moeilikheid te begin soek nie…nie net gou gou nie maar die heeldag, elkedag. Aanhoudend. Absolute boosheid. Mag hy nou behandel word soos hy ander behandel het. Sterkte aan al die oorledenes se families.

Gerda ·

My man het ook eendag so onwetend by n kaper gestop na hy die gekaapte motor gerol het en toe was daar woes op hom geskiet en sy motor afgeneem en weggejaag met hom. Dankie Here my man het niks oorgekom maar die kapers loop sekerlik vandag nog vry rond. My man se motor is darm gevind maar baie beskadig.

Wat is erger? ·

Die hel is in al sy felheid los in hierdie land! Mag hy nooit weer uit die tronk kom nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.