Chaos toe paaie in Zeerust deur taxi’s versper is

Die taxi’s het omstreeks 07:00 by die verskillende in- en uitgange van die dorp met hul taxi’s byeengekom (Foto: Twitter)

Taxibestuurders het Dinsdag alle paaie wat na en van Zeerust in Noordwes lei, met hul taxi’s versper. Dié bestuurders is glo keelvol vir diensleweringsbetogings wat die afgelope paar weke die dorp lamlê en het toe sommer self besluit om die strate in te vaar.

Die N4-hoofweg is onder meer onbegaanbaar gemaak, plaaslike ondernemings se sake is ontwrig en matrikulante is verhinder om eksamen af te lê. Werknemers kon nie hul werkplekke bereik nie en die vervoer van handelsware na en van Botswana is afgesny.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, wou die taxibestuurders ʼn memorandum aan die dorp se burgemeester oorhandig. In die memorandum gee hulle uiting aan hul misnoeë oor diensleweringsbetogings wat hul sake ontwrig.

“Volgens die bestuurders verloor hulle geld wanneer gemeenskapslede betoog omdat daar dan nie van hul dienste gebruik gemaak word nie. Hulle wou die burgemeester toespreek en vra dat ’n permanente oplossing gevind word om enige verdere betogings te vermy,” sê Funani.

Die taxi’s het omstreeks 07:00 by die verskillende in- en uitgange van die dorp met hul taxi’s byeengekom.

“Die betogings was rustig en onder beheer. Geen inhegtenisnemings is gedoen nie.”

Noordwes se LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoer, Sello Lehari, het die taxibestuurders omstreeks 11:00 toegespreek, waarna die bestuurders verkas is.

“Die situasie is nou kalm en die paaie is weer vir motoriste oopgestel.”

Die LUR sal Woensdag weer met die bestuurders ontmoet.

Die VF Plus het hom ook Dinsdag teen onwettige en dikwels gewelddadige stakings uitgespreek, maar meen ook taxi-base se optrede is nie die antwoord nie. Die party het tydens ʼn sitting van die nasionale raad van provinsies (NRP) daarop aangedring dat polisiekantore landwyd behoorlik toegerus word om tydig en doeltreffend op te tree teen sulke diensleweringsproteste.

Volgens Fanie du Toit, VF Plus-LP in Noordwes, ontaard hierdie optrede gereeld in geweld en die grootskaalse beskadiging van kritieke infrastruktuur.

“Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie soort onwettige optrede die afgelope jare die norm geword het, en dat geen ag meer geslaan word op die wetlike prosedures wat voorsiening maak vir ordelike protesoptredes waar gemeenskappe se regte en belange ook beskerm word nie,” sê Du Toit.

“Daar word selde, indien ooit, teen die aanstigters van sulke misdadige optrede opgetree en dit blyk dat die belange van wetsoortreders bó die van wetsgehoorsame Suid-Afrikaners gestel word. Dit is totaal onaanvaarbaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Burgermeester ·

Wag … laat ek dit mooi verstaan, en asseblief, help my reg:
So die taxibestuurders betoog omdat hulle geld verloor wanneer gemeenskapslede betoog omdat daar dan nie van hul dienste gebruik gemaak word nie?
Maar nou staak die taxibestuurders, so hulle verloor nog meer geld omdat hulle-self staak en niemand van hulle dienste gebruik kan maak nie. Genugtig, … die logika agter die staking is verbysterend.

Veritas ·

Ja, die logika maak nie sin nie maar ek dink mens moet ‘n bietjie verder kyk. Onthou net ,jy deel hier met ‘n taxi bestuurder. Te veel testosteroon en te min breinkrag, ‘n baie gevaarlike kombinasie. Die humeurtjie word vinnig verloor, die vingertjie beduie en die baseball bat kom uit. Ek dink nie mens hoef te ver uit te brei nie, baie mense het nie te doen met taxi bestuurders nie op die paaie nie. Hulle verloor fisies geld as daar “protest” aksie is, maar die eienaars van die taxi’s nie so baie nie. Hierdie is maar eintlik net ‘n intimidasie tegniek, net om die polisie en die belasting betalers van die dorp te wys, kyk, dit is wat ons KAN doen as daar nie iets gedoen word nie. Dit gebeur al jare in die kleiner dorpies en is niks nuut meer nie. Die polisie sal die situasie monitor, maar geen arrestasie s of verwydering van voertuie. Soos die Engelsman se ” Intimidation tactics 101″

Phillip ·

Maar laat die boere dit doen soos swart Vrydag n paar jare terug , dan word dit aan die klok gehang . Ontwrig die pad en kinders wat skool moet gaan maar, hulle kan dit doen terwyl daar eksamensgeskryf word en kom net mooi niks oor nie .En geen haan wat kraai daar na nie .

domheks ·

Betoog sommer tot na die matriekeksamens- dan kry almal voor die voet 30% en almal slaag. Hoekom dan nog skool gaan?

Danie ·

Kyk ek is nie n geweldadige mens nie maar behoed my siel as ek n trok ry dan sal hulle jammer wees.

Marelize ·

So die ongelukkigheid oor ontwrigting word teen betoog met ontwrigting?

George ·

Ek was nog al die jare onder die indruk om n Nationale Pad (N1,N2,N3 ens) te blok, dat niemand kan beweeg nie, onder sabutasie val?

Roek ·

Dit doen wel , dit sorteer onder ekonomiese sabotasie , daar sal ongelukkig niks daaraan gedoen kan word nie……….dit is ongelukkig ons voorland !

Goldy ·

In n linkse regering is oortreders se regte bo gehoorsames. Laat links val!!!

Goldy ·

As daar n probleem is, en ja daar is, gaan na die Kaderontplooide oorsakers daarvan, nie onskuldige motoriste nie. Gaan blokkeer hulle driveways.

My siening ·

Hulle tree krimineel op maar ek wat konstusieneel reg het op die pad is verkeerd want die krimineel is al een wat reg het in die land.

whatever ·

Daar is geen woorde meer nie. Nou kan ons net terugstaan en kyk hoe die skip sink.

Allies ·

Wel hoede af vir die Taxi mense wat doen en nievmeer praat nie want soos ons almal sien help samesprekings met die regering niks nie. Die mense van Zeerust moes eintlik ook daar gaan staan het. Mense ons wil “ te ordentlik “ wees dis tyd om die politieke mense eenkant toe te laat staan en op testaan vir ons regte

Papsak ·

Raak ontslae van flippen taxis hulle wil maak en breek soos dit hulle pas hulle baie windgat op die paaie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.