Chaos tydens Baai-raadsvergadering

Daniels klim op en oor die tafel. Foto: Skermskoot/ANA-video

Gemoedere het Donderdag hoog geloop op ʼn raadsvergadering van die Nelson Mandelabaai-metro in Port Elizabeth en amper in ʼn vuisgeveg ontaard.

Raadslid Marlon Daniels van die Patriotic Alliance (PA) het in ʼn stadium op en oor ʼn tafel gespring en raadslid Gustav Rautenbach van die DA gedreig terwyl ander raadslede ingegryp het om te keer dat die twee handgemeen raak.

Daniels het kommentaar gelewer oor die aansuiweringsbegroting vir 2018-’19 en gesê hy is ongelukkig daaroor dat inwoners in die noordelike gebiede van die metro nie geld kry nie.

Daniels het kapsie gemaak oor Rautenbach wat kommentaar gelewer het terwyl hy praat. Hy het vir Rautenbach gesê “shut up” en sy vinger in sy rigting begin swaai. “Ek het lanklaas ʼn boer gem**r,” het Daniels hierna gesê.

Ondanks die drama is die begroting goedgekeur. Die DA, Cope, ACDP en PA het egter daarteen gestem.

Daar was vroeër die dag ook ʼn onderonsie toe speaker Buyelwa Mafaya vir DA-raadslid Victor Manyati opdrag gegee het om by sy party se sitplekke te gaan sit. Hy het aanvanklik tussen ANC-raadslede gesit.

Raadslede het mekaar rondgestamp en stoele het deur die lug gevlieg. Manyati het verlede jaar buite stemming gebly toe ʼn mosie van wantroue teen Athol Trollip ingestel is. Dit het die DA sy beheer oor die metro gekos.

Die DA het die hof genader en versoek dat Manyati as raadslid verwyder word, maar die hof het bevind dit is nie nodig om ʼn bevel rakende sy lidmaatskap te maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

waarheid1 ·

Was daar nie toue of takke om aan te swaai nie?
Dit is seker waarom oor die tafels geklouter is?

Pieter ·

Net eerste wêreld strukture, en daarom moes hy die berg oorkom.

honourable member ·

En dis nou die mense wat dink hulle kan die land regeer……………………………… scary.

Smirre ·

Soos Forrest Gump se ma gese het : “stupid is as stupid does”…….

Jacques ·

En dit is die tipe mense wat die land wil regeer ? Hy kan homself nie eers in toom hou nie wat van n hele land met sulke tipe mense . Regtig swak voorbeeld !!!!

Feite ·

Manyati is definitief by die verkeerde party. Hy is definitief a undercover ANC cadre!

Se maar net ·

Net soos narre in n sirkus dan wil hulle die land regeer!

Pierre ·

Was dit andersom was daar verseker ‘n arrestasie gemaak en ‘n klag van rassisme en poging tot moord gemaak.

fraaans ·

jou probleem is dat dit met wat jy daar sit nie n boer is nie, jy sal net n stof strepie sien soos jy hardloop as jy voor n boer staan daniels

Heksie ·

Dis mos al manier wat julle ken om geskille te besleg … pateties!

OOKSOGEDINK ·

DINK OOK HY HET NOG NOOIT. MAAR HY MAG IN DIE REVERSED APARTHEID WAT ONS NOU IN BLY, HY MAG MAAR WAT AS N WIT MAN SO IETS GESE HET, WAS HY SAAM SPARROW IN DIE TRONK NOU

Snowball ·

Arme bokke, hulle sal uit eie wil oor die kranse spring ….

Karolis ·

Nota aan daniels,
daar is ‘n groot verskil tussen ‘n politikus en ‘n Boer.

HPV ·

In sulke mense se hande is ons toekoms geplaas, dit is om van siek te word. Persoonlik dink ek elke politieke kandidaat moet siekundig evalueer word ten opsigte van sy of haar opvoeding voordat hulle hulself verkiesbaar mag stel.
Dan is daar nog mense in die land wat eerste wêreld leiers kritiseer.

JohanL ·

En wat is die verskil tussen die bokke en die oppasser?

…… die intelligente uitdrukking op die bokke se gesigte :)

John ·

Nou weet ons hoekom skoolkinders so aangaan: hulle leer dit by pappa en mamma. Wat sal dit help as ‘n onderwyser hulle sou wou leer: mens maak nie so of so nie, want tuis leer hulle iets heel anders… ouboet op universiteit gooi dan die yskas die venster uit… en hy kom daarmee weg…

John ·

Nou weet ons hoekom skoolkinders so aangaan: hulle leer dit by pappa en mamma. Wat sal dit help as ‘n onderwyser hulle sou wou leer: mens maak nie so of so nie, want tuis leer hulle iets heel anders… ouboet op universiteit gooi dan die yskas die venster uit… en hy kom daarmee weg…

John ·

Nou weet ons hoekom skoolkinders so aangaan: hulle leer dit by pappa en mamma. Wat sal dit help as ‘n onderwyser hulle sou wou leer: mens maak nie so of so nie, want tuis leer hulle iets heel anders… ouboet op universiteit gooi dan die yskas die venster uit… en hy kom daarmee weg…

GES ·

Die beskawingspeil is maar laag. Die volgende vergadering moet onder die bome gehou word.

Afrikaner ·

Ek sien hier bo is ‘n artikel waarop mens kan klik: “Kinders moet eerder skerms los en bome klim”.
Ek sou sê, alternatiewelik kan mens hulle op ‘n besigtingstoer na ‘n Nelson Mandelabaai raadsvergadering toe vat.

Jacques ·

Tata Gatiep , stuur groete vir Mnr . Fu in Japan . Ek neem aan jy is op pad Japan toe aangesien jy nou siek is vir die land ? Hoe ironies is dit dat mense soos jy altyd ander mense of ander omstandighede blameer vir julle swak opvoeding en optredes ? Dan dink julle , julle optrede regverdig dit ? Shame

Michael ·

Skokkend!!!!!! wat se voorbeeld is hy .S A val al hoe meer in Afrika donkerte in .En dit het ons almal geweet “JARE TERUG”

Petro ·

Besef hierdie klomp dat NIE alle wit mense boere is nie? Boer wees is ‘n beroep, nie ‘n groep mense nie. En so kom die rassiste daarmee weg dag na dag. Want ons ons boere te noem is eintlik ‘n belediging in hulle oë…. Boere is wonderlike, hardwerkende, brawe ouens wat plase besit en die hele land kos gee…. en nie net wit nie. Kom tog by!

Gert ·

Daar is boere en Boere. Die eerste een is iemand wat ‘n plaas benut om inkomste te verdien, die tweede is die beste etnisiteit op aarde.

Erica Roos ·

Lank terug toe ek op skool was het die kapokhaantjies altyd die fight gesettle agter die fietsloods, miskien moet hulle mekaar na werk agter die fietsloods kry, want dit lyk en klink in elk geval soos klomp rumoerige skoolkinders en nie volwasse mense

Foxi ·

Die tafel moes nounet onder daai springer ingetuimel het.???? dan sien jy hoe lag n ‘boer’

Obserweer ·

Ek wil verskil ek dink Rautenbach sou n pak slae gekry het. Daniels kom van die Northerns in die baai. @ Gert wat volgens jou maak boere beter as ander etnisiteite verduideilik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.