Die SAUK se regstreekse Morning Live-verkiesingsuitsending in Houtbaai in Kaapstad moes opgeskort word toe chaos by die geleentheid uitgebreek het.
Beeldmateriaal wys hoe ontstoke deelnemers stoele en ander voorwerpe na mekaar gooi. Die ontwrigting het begin toe ondersteuners van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en die Land Party stoele na mekaar toe begin gooi het.
Dit is nog nie duidelik wat tot die onderonsie gelei het nie.
Persone met T-hemde van Black First Land First (BLF) en die Good-party was ook betrokke in die onderonsie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Dit gaan maar alles terug na opvoeding….
Die mense gaan erger as kinders tekere sonder ń onderwyser in die klas. Hoe kan die land wil stem vir die soort mense, hoe vra ek aan elkeen? Daar is geen respek vir mekaar.
Emosionele onvolwassenheid.
My kiewe trek toe vir hierdie verkiesing…dink dit gaan die eerste verkiesing in SA wees wat oorheers gaan word deur geweld & intimidasie by die stembusse
Janee, skraap daai “Honourable member” aanspreekvorm in die Parlement; dié lot is nou almal sy eie “Chairperson”
Gelukkig is dit ‘Plêstiek’ stoeltjies in Houtbaai en nie Houtstoele nie…