Chapmanspiek-pad onbepaald gesluit

Foto: Twitter via @ChapmansPeakSA

Die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke het Maandag gesê die Chapmanspiek-pad sal tot verdere kennisgewing gesluit wees.

Byron la Hoe, woordvoerder vir die departement, het gesê verskeie rotse het aan die Noordhoek-kant op die pad geval wat aansienlike skade aan die padoppervlak en twee veiligheidsnette aangerig het. “Geotegniese ingenieurs het die toneel besoek en ʼn remediërende aksieplan in werking gestel,” het La Hoe gesê.

Volgens La Hoe sal die pad vir drie tot vier weke gesluit wees en eers weer oopgemaak word wanneer dit veilig is vir die publiek om te gebruik. “Die gebied is blootgestel aan sterk winde en daar is ʼn groot risiko vir rots- en modderstortings langs die steil berghange,” het hy gesê.

Motoriste word aangeraai om Ou Kaapse Weg as alternatiewe roete te gebruik. “Motoriste kan ook verwag dat die Chapmanspiek-pad deur die loop van die winter gesluit sal wees telkens wanneer daar hoë-risiko weerstoestande in die gebied is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mynopmeter ·

Sou daar dalk nog sulke kundiges wees in die mynbedryf dan moet hulle die sementasiewerk doen. Kortweg word sement in gate gepomp om die los rotse te heg. Dis ‘n prosedure wat gevolg word voordat daar met byv. skagsinking begin word waar daar gevaarlike toestande bestaan in rotsvorming of selfs uitermatige teenwoordigheid van ondergrondse water. Mynbouingenieurs is die oplossing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.