Chapmanspiekrylaan voortaan Woensdae gesluit

Chapmanspiekrylaan

Chapmanspiekrylaan

Die bekende Chapmanspiekrylaan in Kaapstad sal vir die volgende vier weke elke Woensdag gesluit wees, het die departement van vervoer Woensdag gesê.

“Spanne van SANParke sal elke Woensdag tussen 09:00 en 16:00 indringerplante verwyder,” het Al-Ameen Kafaar, woordvoerder van die departement, gesê.

Die indringerplante word verwyder om die brandrisiko te verlaag en inheemse plantegroei spasie te gee om te groei. “ʼn Spesialisskoonmaakspan sal met toue teen die berghange werk om die gebied skoon te maak en indringerplante uit te roei.”

Skakel 021 791 8222 vir meer inligting of besoek die webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.