Charlize gekap oor verkragting-uitlating

Charlize Theron. Foto: Werner Beukes/SAPA

Charlize Theron. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Oscar-bekroonde aktrise Charlize Theron loop onder skerp kritiek deur nadat sy die media se indringing in haar lewe met verkragting vergelyk het.

Theron (38) is tans in Brittanje om haar nuwe rolprent “A Million Ways To Die In The West” te bemark en het die uitlating gemaak toe sy deur ‘n onderhoudvoerder van Sky News gevra is of sy al ooit haar naam in ‘n soekenjin getik het.

“Ek doen dit nie, so dis my redding. As jy in daardie wêreld begin leef, en dit doen, dink ek jy begin voel of jy verkrag word,” het Theron gesê.

Die onderhoudvoerder het Theron gevra of sy so sterk daaroor voel waarna sy gesê het: “Wel, jy weet, wanneer dit by jou seun en jou private lewe kom. Miskien is dit net ek. Party mense mag dalk genot daaruit put, maar daar is sekere dinge in my lewe waaraan ek as baie heilig dink en ek is baie beskermend daaroor.”

Theron is betrokke by verskeie MIV/Vigs-projekte en het die al in de verlede haar stem dik gemaak teen seksuele geweld. In 1999 was sy betrokke by ‘n veldtog waarin daar gesê is dat regte mans nie verkrag nie en dat daar elke 26 sekondes ‘n vrou in Suid-Afrika verkrag word.

Katie Russell, ‘n woordvoerder van Rape Crisis in Engeland en Wallis, sê dit is veral verbasend dat Theron die uitlatings gemaak het aangesien sy betrokke is by veldtogte rakende verkragting en seksuele geweld. “Sy behoort te verstaan dat wanneer sy praat daar ‘n groot aantal slagoffers van seksuele geweld onder haar gehoor sal wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

kas viljoen ·

Het sy enige plek om te praat met haar smerige xxx flieks

PURE BOER ·

Hoe weet jy van ha xxx flieks???????
Ek weet nie eers nie, jy is net jaloers op n SA vrou van Benoni wat sukses gemaak het van haar lewe.
RAAK GROOT

Shorty ·

Sy moet verstaan, wanneer jy in die kalklig is, is byna al jou privaatheid daarmee heen, LIVE WITH IT. Haar ondeurdagte uitlating verdien al die kritiek wat na haar kant toe kom.

PURE BOER ·

Net so jaloers. Raak groot asb en kyk na dinge wat jou pla. ( dis nie sy nie, sy maak geld) WAT MAAK JY?

Shorty ·

Jy noem jouself PURE BOER? Om geld te maak is nie my alpha en omega nie, ek leef ‘n gemaklike leefstyl, deur harde werk. Dit is nie die punt wat hier gemaak moet word nie ‘boer’. Jy lees die kern van die saak totaal en al mis.

Shannon ·

Wonner of Sharlies sal waardeer as ‘die media’ (wat deur haar ma se agent afbetaal was) nou skielik besluit om nader ondersoek in te stel oor wat werklik met haar vermoorde pa gebeur het.

Tog so eienaardig hoe ‘die media’ al die tyd hul bek toegehou het terwyl onse aktrise in `n zuuper ster ontpop het.

Hulle het jou gehelp in die begin jare skattie. Voer die honde.

MartinLJ ·

Ek het geen respek vir haar. Verbeel haar sy is bo almal. Bv. sy het in Sun City tuis gegaan. Het haar met geen mens, behalwe celebs gemeng. So kan mens aanhou. As daar iemand is wat moet groot word EN aarde toe kom is dit sy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.