Checkers-klant kla oor ‘outomatiese’ skenking aan regeringsfonds  

Die inkopiestrokie wat op sosiale media versprei word.

Die Shoprite-groep het bevestig bydraes deur klante tot die regering se Solidarity Fund is vrywillig en dat hy optree ná ʼn geval by een van sy Checkers-winkels in Kaapstad waar dit glo outomaties gedoen is.

ʼn Foto van ʼn inkopiestrokie doen die ronde op sosiale media waarvolgens die Checkers-winkel in Kloofstraat in Kaapstad R5 by ʼn klant se rekening gevoeg het as bydrae tot die Solidarity Fund. Volgens die klant is dit sonder sy medewete gedoen.

Die Shoprite-groep het in reaksie hierop gesê klante kan tydens hul inkopies by die groep se Shoprite-, Checkers en Usave-winkels ʼn skenking aan die Solidarity Fund maak, hoewel dit heeltemal vrywillig is.

Volgens die groep was die voorval by die Checkers-winkel in Kaapstad ʼn fout en is die saak hanteer.

Volgens die Shoprite-groep het hy reeds meer as R1,59 miljoen vir die Solidarity Fund ingesamel. Nadat pres. Cyril Ramaphosa die totstandkoming van die fonds aangekondig het, het die groep R1 miljoen geskenk.

Daar is Donderdag bevestig dat die Solidarity Fund reeds meer as R2,6 miljard in geldskenkings ontvang het. ʼn Raad van 12 lede is intussen aangestel om die fonds te administreer.

Meer as 1 000 organisasies en ondernemings en meer as 70 000 mense het reeds tot die fonds bygedra.

Ramaphosa het vroeër gesê dié fonds het ten doel om die regering te help in die stryd teen die Covid-19-uitbreking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Michael 1 ·

Dit is onregverdig, daar moet n keuse wees ek persoonlik skenk net geld aan Solidariteit of Afriforum omrede hulle almal help wat hulp nodig,het nie die solidarity fund van die regering wat rasisties is en net hulp aan huidig benaadeelde mense gee as hulle voldoen aan sa se diskriminerende wetgewing.

Die Wolf ·

Hou jou strokie dop. Indien wel stap oor na die bestuurder en eis jou geld terug. Verkla hom dan van diefstal.

Tiaan ·

Klink soos daai R2’tjie by KFC vir die ‘voed ‘n kind’ skema. Niks fout daarmee nie, maar watter kinder baat daarby?

Eerlik ·

Ek wonder hoeveel van die 70 000 skenkers is bewus van hul donasie. Sal my strokies fyn dophou…..

capie ·

As die mense wat die fonds hanteer dit vrywillig en verniet doen is dit n ander saak, maar die meeste geld sal in die administrateurs en ander se sakke gaan en die anc sal voorgee dat dit hulle geld is.

Termiet ·

Ek sal NOOIT vrywillig skenk vir die solarity fonds nie want blanke behoeftiges sien nie ‘n sent daarvan nie. My skenkings gaan aan Afriforum wat hulle beywer vir behoeftiges blankes.

Jannie van Niekerk ·

Nou wonder ek hoe gaan hulle daai persoon se geld terug gee? Of gaan dit maar net aanvaar word dat hy dit ONvrywillig moet skenk omdat dit so klein bedrag is? Ek sal WOEDEND wees as hulle geld by my vat vir ‘n fonds wat teen blankes diskrimineer.

Hans ·

Jannie, ek weet nie hoe gereeld jy gaan inkopies doen nie, maar dis n euwel. Mense wag in rye om in te gaan, en almal wil net uit. Ek glo nie die persoon agter die kasregister sal dit aspris doen nie, ek vermoed dat daar dalk n kommunikasie probleem was, of dat die dra van maskers dalk onduidelik klink, maar die werker baat niks daarby om iemand aspris te laat betaal nie

Chris ·

Hulle gaan nie want by Checkers Hyper in Bloemfontein doen hulle die selfde

Hennie ·

Hoe meer fondse, hoe meer en groter die bedrog wst gasn volg. Ek skenk niks vir sulje fondse nie, ek verkies om te sien waar my geld heen gaan. Die swart regering het ‘n kapabele rekord as dit kom by geld en fonds bestuur. Hulle is uitmuntende plunderaars, klas A leuenaars en hulle voel ‘n veer vir die blankes. Ek stel voor ons skenk nie ‘n sent asn die regering nie!

Estelle ·

En ek neem aan die “raad van 12” gaan die begunstigdes wees van die grootste deel van daai fonds se opbrengs.

Ronel ·

Dit is vinnige manier om geld in te samel. Min mense gaan strokies na. Die regering is korrup en hulle sorg nie vir ons.

Frans ·

‘n Fout sê Checkers! Ja niemand het opdrag gekry om die rekenaarprogram te wysig om R5.00 by elke klant se inkopies te voeg! Wys jou net waartoe AI (Artificial Intelligence ) al instaat is!.Gaan nou my rekenaar haarfyn dophou,jy weet nooit wat agter die skerm uitbroei,nie.LOL

Genis ·

Word ek toegesluit sou ek R5 uit n Checkers till vat? Arrest my case

Elize ·

Onaanvaarbaar. Ek sal self besluit vir wie ek wil skenk. Ek verkies solidariteit Helpende hand, hulle het n noodfonds gestig vir corona.

Chris ·

Wel ek was verbaas toe ek dit gister op my strokie gesien het met n aankope by Checkers Hyper in Bloemfontein. Niemand het my gevra of ek n skenking wil maak nie. Eers toe ek by die huis kom toe sien ek die bedrag is op my betaalstrokie. So iewers verstaan Checkers nie wat op hulle betaalpunte aangaan nie.

Tiaan ·

Sal iemand ons kan inligting wat die salarisse is van die 12 -persoon paneel wat die fonds administreer?
Voorheen is genoem dat boetie en sussie span van die Oppenheimers elkeen R1 miljard, en die Motsepis ook R1 miljard, èn so ook die Ruperts, geskenk het, dat kom ek by R4 miljard uit. Dan is daar nog die gawe korporatiewes ook. Hoe het hulle nou by R2,6 miljard uitgkom?
Interessante stukkie gehoor: Daar is R500 miljard oppad. Indien die regering vir 50 miljoen inwoners elk R1 miljoen gee, dan behoort ons probleem opgelos te wees, vir ‘n weile.

Gemaskerde Sopbeen ·

Beslis onaanvaarbaar. Oor die fonds. Ons kan maar regmaak vir duur Kommissie van Ondersoek na korrupsie met die fonds.
Of is ek nou onnodiglik hard op die Goewermint?

Annelie ·

Ai, julle kla oor R5??? Ek weet, ek weet… wat reg is, is reg, maar wat van die werknemers wat 10% van hul salarisse moet verloor vir 8 maande om maatskappye te red???? Volgens die maatskappye is dit heeltemal “vrywilliglik”, maar indien jy nie instem nie, kan jy jou werk verloor…. Dis mos nou nie reg nie of hoe???? ….en dan lees jy niks daarvan in die nuus nie…. lekker onder die mat ingevee!!!

Maria M S ·

Ek gaan áltyd my strokies na, en, sou pryse verskil van rakpryse, gaan ek (gewoonlik voor in die winkel) na bestuur en wys hulle daarop en kry dan sodoende my geld terug. Sulke foute raak my sak, so ek doen moeite om dit reg te stel PUNT!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.