Checkers-mini’s nou almal opgeraap

Foto: Facbook/Checkers

Foto: Facbook/Checkers

Checkers se Little Shop-bemarkingsveldtog het amptelik geëindig, aangesien alle voorraad oor die land opgeraap is.

Dié veldtog, wat klante met ʼn klein replika van verskeie produkte beloon het wanneer hulle meer as R150 bestee, het vanjaar op 4 Julie begin. Mense kon as deel van die veldtog oulike replikas van botter, sap, skoonmaakmiddels en verskeie ander produkte versamel.

Die aankondiging is op die winkelgroep se Facebook-blad gedoen en verskeie verbruikers het hul misnoeë uitgespreek.

“Wie gaan vir my kind sê sy kan nie haar versameling voltooi nie? As ʼn klant en mamma is ek baie ontsteld,” het een persoon op Facebook gesê.

“Ag nee, ek is baie teleurgesteld. Hulle kon meer in voorraad gehou het!” meen nog ʼn verbruiker.

Hoewel die meeste kommentaar op die aankondiging redelik negatief is, was daar ook klante wat positiewe terugvoer gegee het, soos “Dit was ʼn lekker veldtog. Hulle (Checkers) het mos gesê terwyl voorraad hou!”

Volgens ʼn woordvoerder was die promosie ʼn lekker manier om lojale klante te beloon en handelsmerke te vier wat deel van mense se daaglikse lewe geword het. “Ons het ongelooflike reaksie van die publiek ontvang. Dit lyk asof klante regoor Suid-Afrika baie pret gehad het en die mini’s as uniek en opwindend ervaar het.

“Checkers wil graag sy klante bedank dat hulle deelgeneem het aan die pret deur die mini’s te versamel en uit te ruil, asook vir hul kreatiewe foto’s wat op sosiale media gedeel is.”

Die woordvoerder meen mense wat bekommerd is oor versamelings wat nog nie voltooi is nie, moet onder vriende en familie uitruil en op dié manier hul versameling voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Sandra ·

Kan Checkers ook nie maak soos ander instansies wat ook soort gelyke promosies behartig het nie sodra die promosie tot n einde loop dit dan teen n bilike prys aan die publiek te verkoop nie dan gaan hulle sien hoe die mense dan gaan koop om hulle versameling op te bou. en so kan hulle klante ook op bou.

marietjie ·

Sandra ek stem saam. checkers kan beslis aan dit ook dink om dit aan die publioek te verkoop. ons was goed die hell in om te hoor toe ons checkers toe gegaan het dit dit uit voorraad uit is. moet nie iets aanpak en dit nie behoorlik klaar maak nie.. maar toemaar dis soos checkers is maak elke maand die spesialis en as n mens daar kom is hulle raak leeeegggggggggggg. en die pakkers trek net hulle skouers op as n mens vra hoekom is die raskke leeg. absoluut pateties

Landi ·

Dit sou kon werk as daar nog voorraad was. Daar is niks om te verkoop nie.

marietjie ·

jip ek hoop hulle doen iets aan die saak Sandra. daar is baie kinders wat seharte gebreek gaan wees

annie ·

Die veldtog is nie goed gereël nie, toe ek by kasregister kom en amper R3000 se items gekoop het moes ons (toe ) hoor voorraad is uitgeput. Baie kinders se versamelings is onvolledig,om te sê “ruil uit” is nie van enige waarde nie,veral as jy geen ekstras het om uit te ruil nie. PnP se vorige veldtog baie beter gereël,mense was positief daaroor.Klante het Saterdag hulle volgelaaide trollies by kasregisters gelos en uitgeloop.Nee Checkers julle werk met kinderharte wat baie opgewonde was oor hulle versamelings en wat nou ongelukkig is onvolledigheid.Oor moontlike volgende veldtogte sê baie persone hulle sal dit nie weer by Checkers ondersteun nie.Kinders wie se versamelings onvolledig is (toekomstige klante) nie positief oor Checkers nie.

KarenG ·

Die promosie het nie tot ‘n einde gekom nie. Die voorraad is op, dis hoekom dit beeindig is. Ek dink nie Checkers het heeltemal die ongelooflike positiewe reaksie verwag nie. Ek dink dis maar moeilik om vooraf presies te skat hoeveel voorraad hulle moet kry. Dalk is dit nie moontlik om nog te kry nie…maar nou ja, dis net my denke.

ruben ·

Ag nee man julle is grootmense kan mos nie tantrums gooi oor checkers minis wat klaar is nie die promosie is verby kom oor dit

Tong innie kies ·

Checkers moet eerder na hul PRYSE begin kyk!Ek koop lankal nie meer by hulle nie.Betaal by n “Privaat” Supermark,n hele 24% minder vir n blik koffie,presies dieselfde koffie.Nie eens te praat van die res van hul produkte nie.

Francie ·

Ons het almal by Checkers gaan koop om die kleinkinders se onthalwe. Wat is nou lekkerder as om met die kleingoed huis-huis te speel?
Sal nou maar Pick’nPay se kaarte vir hulle gaan kry. Dis verseker nie net die kinders wat teleurgesteld is nie. Om te hoor mens kan maar uitruil is maar ‘n lammerige verskoning.

Kaufman ·

Maroela, wat van as julle miniatuur produkte soos ouma sê beskuit, blikbekers, oupa klokhorlosies, tradisionele seepkoekies, en watookal nog tekoop aanbied in julle aanlyn winkel?

Johann ·

Maroela: en die partydige ondersteuning van n RETAIL promosie? Waars die nuuswaardigheid in dit?

Casper ·

Liewe genade. Of moet ek eerder sê WTF? Het mense rêrig niks beter om hulle mee besig te hou nie. Dis asof hulle hele wêreld nou inmekaar tuimel. Ek sien op FB verkoop mense die goed. Dis belaglik verby. My kinders het dit ook gelove as hulle dit by die kassiere ontvang. Maar om so gal te braak. Sies tog, party mense se wêreld is so klein…

jennefer ·

Se ek ook, byna geen kommentaar oor gister se verkiesing, seker die dag gebruik om speelgoed te ruil

Regtig??? ·

Wonder wie se “harte” is regtig gebreek. Ouers of die kinders s’n??? Genade mense, word groot!!!!

estelle ·

Mense wil nie ruil nie Hulle wil eerder geld maak uit Hulle ekstras vra tot R50 vir ‘n mini.

Karolis ·

Hulle kompetissie sal baie baat om soortgelyke veldtog te begin.
Dis moeiliker om ‘n vuur te begin as om dit aan die gang te hou.

danie ·

So vir ons wat almal het is dit nou soveel meer werd, en ek het nie eers klein kinders nie. Great idee gewees, lekker fun gehad, maar nou is dit klaar, kry julle klere en goed dis tyd om huis toe te gaan

Janine ·

Hierdie was nou ver beter as pnp se stickeez en spar se angry birds. BRING BACK CHECKETS MINIS.

LS ·

Ek en my kinders en skoonsus het dit ook GENIET!!!
Dankie CHECKERS !!!

tanya ·

Ek het ook gedink dit was baie oulik en my kinders is mal daaroor! Dis nie nodig om lelik te raak net omdat jy nie daarin belangstel nie. Gun elkeen sy plesier.

cindy ·

Dis baie oulik maar hoe beplan ‘n mens dat jy net 3 weke voorraad het. Ons checkers het net 3 weke voorraad gehad so die ding begin na maandeinde en voor dit weer maandeinde is het hul nie meer voorraad nie. Swak beplanning sou ek se. Maar oulike idee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.