Checkers-mini’s nou almal opgeraap

Foto: Facbook/Checkers

Foto: Facbook/Checkers

Checkers se Little Shop-bemarkingsveldtog het amptelik geëindig, aangesien alle voorraad oor die land opgeraap is.

Dié veldtog, wat klante met ʼn klein replika van verskeie produkte beloon het wanneer hulle meer as R150 bestee, het vanjaar op 4 Julie begin. Mense kon as deel van die veldtog oulike replikas van botter, sap, skoonmaakmiddels en verskeie ander produkte versamel.

Die aankondiging is op die winkelgroep se Facebook-blad gedoen en verskeie verbruikers het hul misnoeë uitgespreek.

“Wie gaan vir my kind sê sy kan nie haar versameling voltooi nie? As ʼn klant en mamma is ek baie ontsteld,” het een persoon op Facebook gesê.

“Ag nee, ek is baie teleurgesteld. Hulle kon meer in voorraad gehou het!” meen nog ʼn verbruiker.

Hoewel die meeste kommentaar op die aankondiging redelik negatief is, was daar ook klante wat positiewe terugvoer gegee het, soos “Dit was ʼn lekker veldtog. Hulle (Checkers) het mos gesê terwyl voorraad hou!”

Volgens ʼn woordvoerder was die promosie ʼn lekker manier om lojale klante te beloon en handelsmerke te vier wat deel van mense se daaglikse lewe geword het. “Ons het ongelooflike reaksie van die publiek ontvang. Dit lyk asof klante regoor Suid-Afrika baie pret gehad het en die mini’s as uniek en opwindend ervaar het.

“Checkers wil graag sy klante bedank dat hulle deelgeneem het aan die pret deur die mini’s te versamel en uit te ruil, asook vir hul kreatiewe foto’s wat op sosiale media gedeel is.”

Die woordvoerder meen mense wat bekommerd is oor versamelings wat nog nie voltooi is nie, moet onder vriende en familie uitruil en op dié manier hul versameling voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sandra

Kan Checkers ook nie maak soos ander instansies wat ook soort gelyke promosies behartig het nie sodra die promosie tot n einde loop dit dan teen n bilike prys aan die publiek te verkoop nie dan gaan hulle sien hoe die mense dan gaan koop om hulle versameling op te bou. en so kan hulle klante ook op bou.

marietjie

jip ek hoop hulle doen iets aan die saak Sandra. daar is baie kinders wat seharte gebreek gaan wees

annie

Die veldtog is nie goed gereël nie, toe ek by kasregister kom en amper R3000 se items gekoop het moes ons (toe ) hoor voorraad is uitgeput. Baie kinders se versamelings is onvolledig,om te sê “ruil uit” is nie van enige waarde nie,veral as jy geen ekstras het om uit te ruil nie. PnP se vorige veldtog baie beter gereël,mense was positief daaroor.Klante het Saterdag hulle volgelaaide trollies by kasregisters gelos en uitgeloop.Nee Checkers julle werk met kinderharte wat baie opgewonde was oor hulle versamelings en wat nou ongelukkig is onvolledigheid.Oor moontlike volgende veldtogte sê baie persone hulle sal dit… Lees meer »

KarenG

Die promosie het nie tot ‘n einde gekom nie. Die voorraad is op, dis hoekom dit beeindig is. Ek dink nie Checkers het heeltemal die ongelooflike positiewe reaksie verwag nie. Ek dink dis maar moeilik om vooraf presies te skat hoeveel voorraad hulle moet kry. Dalk is dit nie moontlik om nog te kry nie…maar nou ja, dis net my denke.

Tong innie kies

Checkers moet eerder na hul PRYSE begin kyk!Ek koop lankal nie meer by hulle nie.Betaal by n “Privaat” Supermark,n hele 24% minder vir n blik koffie,presies dieselfde koffie.Nie eens te praat van die res van hul produkte nie.