Checkers oor die kole gehaal vir ‘Moedersdag-promosie’

Die Moedersdag-uitstalling in die winkel (Foto: Facebook)

Checkers het Woensdag gesê ʼn foto van ʼn sogenaamde Moedersdag-uitstalling in een van sy Wes-Kaapse winkels waar vroue met afslag op huishoudelike skoonmaakmiddels “bederf” word, is nié akkuraat nie en word verkeerd geïnterpreteer.

Honderde sosialemediagebruikers gons oor dié foto wat vroeër die week in ʼn Checkers-winkel in die Paarl afgeneem is. Uit die foto blyk dit dat Checkers afslag bied op skoonmaakprodukte soos skottelgoedwasseep en Jik as deel van sy “Wow Mom”-Moedersdagpromosie.

Hoewel sommige gebruikers vir dié sogenaamde promosie gegrinnik het, het talle op sosiale media die kettingwinkel uitgekryt en van swak smaak beskuldig.

“Dit is ongelooflik ontstellend,” het Thule Dladla laat hoor. “Wie is so onkundig?”

“Ek wonder of hulle nog dieselfde promosie op Vadersdag gaan hê,” het Moira Taylor gevra. “Dit is tyd om hierdie seksisme stop te sit.”

Debbie Withfield het gesê daar is niks wonderliks aan dié “Wow Mom”-promosie nie, en Rochelle Lombard het gesê sy sal nié gunstig reageer wanneer sy só geskenk ontvang nie.

Nadat die foto soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het, het Checkers gereageer deur te sê sy Moedersdag-uitstalling is nie veronderstel om soos dié een in die foto te lyk nie. Die maatskappy het ook gesê hy stel ondersoek na die foto in en probeer in die tussentyd vasstel in watter winkel die uitstalling afgeneem is.

Checkers het Woensdag aan Maroela Media gesê die organisasie vra om verskoning vir dié foto wat “aanstoot gegee het”.

Só moet die uitstalling lyk (Foto: Checkers)

Volgens ʼn verklaring was personeel van dié winkel in die Van der Lingen-sentrum in die proses om die Moedersdag-uitstalling na ʼn ander gedeelte van die winkel te skuif toe die foto geneem is.

Die kettingwinkelgroep sê verwarring het ontstaan omdat die Moedersdag-promosie-items eers na ʼn ander gedeelte verskuif is en met skoonmaakmiddels vervang is voordat die “Wow Mom”-plakkate later ook verwyder is.

Dit het volgens die groep daarom voorgekom asof die skoonmaakmiddels uitgestal word vir Moedersdag. “Ons verstaan hoe die foto wat op sosiale media versprei word verkeerd verstaan kon word, en ons vra om verskoning daarvoor,” lui ʼn verklaring van die winkel. “Daar was nooit ʼn voorneme om ʼn Moedersdag-uitstalling saam te stel met skoonmaakprodukte nie. Die Moedersdagprodukte is eers geskuif, en die plakkate later.”

Volgens die verklaring is die uitstalling intussen reggestel. “Ons vra om verskoning aan diegene wat aanstoot geneem het. Daar was tog sommige sosialemediagebruikers wat dadelik besef het dit is ʼn fout en heel lighartig gereageer het dat hierdie produkte [die skoonmaakprodukte] ook maar deel van die promosie kon wees. Ons wens al ons kliënte ʼn wonderlike Moedersdag toe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

144 Kommentare

Dee ·

Ag nee regtig? Mense kan tog so kleinlik wees, loop rond en soek iets om mee fout te vind. Kry ‘n lewe mense, dis hoe jy kies om daarna kyk en ek dink daar is humor daarin, niks fout daarmee!

Ouma ·

Ek stem saam. Aan almal wat op sosialemedia gekla het; regtig, “get a life!” Ek is al meer as 40 jaar lank ‘n huisvrou. Toe my oog nou op die foto geval het, het ek uitgebars van die lag.

Ben ·

Fyn gestel, Dee….. Dis jammer meeste mense in ons SA samelewing het vervlak tot chroniese kritici, wat elke moontlike situasie soos hierdie uitstalling wil ontleed en daarna galbraak. Mooi ook Checkers, jul het bewustelik of nie humor na vore gebring.

Johan Barnard ·

Ek dink die promosie het seepglad verloop. Lol. Lag n bietjie ou suurknol.

Griet ·

Ek LIEF hierdie uitstalling van Checkers! Ek kon my lag nie keer toe ek dit sien nie. Ek dink dis goed dat, ten spyte van die negatief en lelik, daar nogsteeds mense is wat tyd en sin vir humor het. Ek kan myself net indink hoeveel mense lag gekry het vir daardie spesifieke uitstalling!

Annatjie ·

Ag tog waaroor sal die mense nou nog sensitief wees. Ek is die een in die huis wat die begroting moet laat klop en sal baie dankbaar wees vir die tipe winskopies.

Hannelie ·

Ek doen ook ons finansies in die huis en gedink hierdie is uitstekende winskopies. Ek gaan beslis van hierdie winskopies aanskaf.
Ek vier elk geval nie Moedersdag nie, want ek is elke dag ‘n moeder by ons huis en word nie een dag in ‘n jaar uitgesonder nie, so ons koop nie geskenke nie, ons koop winskopies. Dankie Checkers.

skrop skrop ·

Stem, die wat moun koop seker nie self die skoonmaakgoedjies nie en waardeer nie die paar sente wat gespaar word nie. Die goed is duur, ek koop as dit op “special” is, tjoklits maak in elk geval die lyfie ronder en blomme verwelk :) Koop vir my ‘n skoonmaak bondel ek sal baie dankbaar wees.

Suzanne ·

Die geskenk lê daarin dat die huisgesin dit moet koop en gebruik vir moedersdag

Barbara ·

Ek het gedink dis baie funny dankie checkers dit was skreeu snaaks

Magdaleen ·

Ek dink ook dis snaaks en ek sal mal wees oor so n geskenk aangesien ek mal oor skoon maak is.

Lienkie ·

Net so lekker gelag Barbara, ai tog wens mense wil nie so ernstig wees nie, die lewe is alreeds so ernstig.

Genieve ·

So moet ons moeders altyd as skoonmakers gesien word, baie sien nie die waarde van n moeder nie.

Bettie Nel ·

Ag kalmeer tog net…. dis was voor die handliggend n misverstand…..

Casper Labuschagne ·

@Genieve Ek hoop nie jy glo regtig wat jy hier sê nie. Ek gaan in hierdie geval nie na die foto in Checkers hierbo verwys nie, maar wel na Shoprite se pamflet as promosie vir Moedersdag wat in die plaaslike koerante verskyn het. Daar het benewens die gebruiklike pienk pantoffels en sjokolade ook produkte soos 2 liter melk, ‘n blik kitskoffie en ‘n blik Milo verskyn. In ‘n tyd waar die meerderheid van huishoudings letterlik hul maandelikse kruideniersware op krediet moet koop, is basiese gebruiksartikels letterlik geskenke van groot waarde want die maandelikse begroting strek eenvoudig nie sover nie.

Vir die A en B inkomstegroepe wat by Woolworths koop is basiese verbruiksartikels as geskenke dalk ‘n belediging, maar dit is glad nie die geval by die inkomstegroepe wat by Shoprite en Checkers koop nie. Die kritiek op hierdie promosies sê dus meer oor die bevoorregte kokon van welvaart waarin daardie kampvegters vir vroueregte verkeer as wat dit sê van Checkers en Shoprite wat verseker meer empatie het met diegene wat ekonomies swaarkry.

Alhoewel die rakke in die foto in die proses was om oorgepak te word, is ‘n groot houer met ‘n skoonmaakmiddel dalk tog ‘n geskenk vir die Ma wat probeer om skoon te maak waar haar gesin nouliks genoeg het om te eet. ‘n Koekie seep is dalk net so welkom as ‘n stafie sjokolade – in my lewenservaring het ek al swaargekry en praat uit ondervinding.

Marius ·

Wanneer ‘n mens een of ander onbenullige saak te ver dryf om dit af te maak as seksisme of een of ander ‘…isme’, begin dit belaglik raak. Hemel, wanneer gaan ons volwasse word?

EQV ·

Regtig darem maar n klomp droee drips wat nie eens die humor in die promosie kan raaksien nie.

Laglag ·

Ek dink dit is skreeu snaaks! Mense moet weer bietjie hulle sin vir humor terug kry

Lag maar ·

Generasie van “victims”. Hoekom altyd “discriminating

Gerda Erasmus ·

As ma en die een wat die huishouding hanteer sirn ek dit in n goeie lig. Waar is die mensfom se humordin heen….

marous ·

Dit was ‘n groot fout … die advertensie is sekerlik vir vaders dag bedoel .

Theresa ·

???. Ek sou ook nie ‘gunstig gereageer’ het nie. Haaahaaahaaa

Sp ·

Met so ñ geskenk sal ek nie voet lig uit die bed op Sondag nie.?

Ad ·

Wel dit hang af wie in die pos aangestel is vir bemarking ens. BEE pos?

MCK ·

Dis swak smaak. Punt. Die moedersdag “banners” kon eerder by die sjokolade-rak gewees het

Bettie Nel ·

Ag kalmeer tog net…. dis was voor die handliggend n misverstand….. lees tog net die berig voor jy so op hol gaan…

Jan Bester ·

Hulle moes dit eerder by die verslanking afdeling gesit het want die “chocolates” gaan reguit heupe toe!

Sê maar net ·

Die les wat julle hieruit kan leer….is…haal eers die plakkaart af en skuif dan die goed…dan sal daar geen verwarring wees nie…so dink vooruit…

Bosbok ·

Ek het my klaar gelag en gedink dit is baie snaaks. Ek kan regtig nie verstaan hoekom mense nou so vreeslik reageer soos van die dames wat in die berrig genoem word nie. En ja, ek is n Ma van 3 en het geen huishulp nie.

Chippie ·

Ag asb tog ek is ‘n vrou en voel glad nie offended nie . .. deesdae is alles of rassisties of seksisties of diskriminerend . WORD TOG NET GROOT asb .. Loop verby as iets jou pla .. as skoonmaakmiddels goedkoop is om die vrou te ‘bederf’ uit ‘n winkel se oogpunt uit HOEKOM NIE? Ek is seker daar sal ‘n handsaag en byl ek graaf ook goedkoop aangebied word by ‘n hardware plek vir VADERSDAG, raak tog asb net ontslae van die CHIP op die SKOUER!

Annie ·

Ek glo daar is baie ander ma’s soos ek wat ook lekker gelag het.

Veronica ·

Asseblief Dames. . . . as jy vannaand tuis kom na n harde dag se werk, is ek seker jy trek jou high-heals eerste uit en dolla jou kapsel dadelik in n ou bolla en weg is die goue armbande en ringe en iewers op jou mooi gesiggie is jou rooi lippies ook iets van die verlede…..
Dan is JY die 1ste een wat die handy andy nader sleep om boetie se vuil handjie merkies op jou wit mure af te was en gister se skottelgoed word bygedam met jou Sunlight seep en Jik . . . ja die kosbare betroubare JIK word proppies vol in jou eie toiletbak gegooi sodat buurvrou darm kan sien jou plek is skooooon!
Dis ons as vrouens se werk om met die hulp middels te werk , en nie jou man of jou kinders se werk nie. As die vrouens vandag tog net sal besef dat al leef ons vêr in die 20tigste eeu . . . DIT NOG STEEDS VOLGENS DIE BYBEL WAT GOD SE WOORD IS, ONS PLIG IS OM HAAR HUIS TE RUN EN NIE DIE MAN SIN IS NIE EN HOU OP OM JOU KUITE 3BAR TE POMP TERWYL JY DIT OOK VAN JOU OUMA EN MOEDER GEHOOR HET!
Groete van n VROU

CL ·

Veronica lees die berig. Hulle was nog besig met die rak. Lag tog maar bietjie saam.

anton ·

Veronica…..jy kort sommer n GROOT moedersdag geskenk.
100% waar wat jy se.

MC ·

Skreeusnaaks en ja ek is ‘n vrou. Waar is ons sin vir humor tog heen

not in wonderland ·

Ek meen dit is nie so ‘n slegte idee nie. Vrou moet maar huis skoon hou. Liewers dit as oorgepryste blomme. Beter as niks.

christa ·

O maar die mense is kleinserig, ruk alles uit verband. Wat is tog daarmee fout. As dit ‘n spesiale aanbod is, is dit mos die vrou se afdeling veronderstel om te wees. Julle mans gaan mos vir julle mooi verrassings he en ook uitvat vir ete.

Alida ·

Pla die misdaad en korrupsie nie die mense nie genade tog. Nou kla julle hieroor!!!!!! Enige vrou is maar te bly as daar afslag is op skoonmaakmiddels. Word groot asb.

Valerie ·

A storm in a dirty teacup. En ek was dit uit liefde. Iemand moet; waaroor is die bohaai? Dit gons seker net onder die wat nog steeds nie hul handjies in koue water kan druk nie.

marlize strydom ·

Ek het gedink dis ‘n Skerp Grappie … regtig dink mense moet biekie meer die humor in goed soek

pssssssssssst : dalk is dit die mammas wat kwaad raak wat nooit hul hande aan die produkte sit hehehe

Sunet ·

10/10 vir jou!!!!! N ma wat wel skoonmaak, sal die humor en nut in die add raaksien, oeeee ja en die winskopie. Die ander wat so kla….. Dalk te bang om handjies nat te maak.

Willa ·

Moet daar altyd iemand wees wat die hoender ruk? Moet daar altyd iemand wees wat die slegte/negatiewe raaksien.

Dis nou regtig onnodig uit verband geruk. Liewe ouers! Wat nou nóg??

Amelia ·

Aijaijai wat word van ons volk? Waar is ons humor? Ek het net gelag en gedink jajaa, tipies. lol

GM ·

Ek het nou geskater van die lag!

Ten minste sal dié tipe geskenke nie onbenut bly in my huis nie. Moedersdag en Vadersdag is in elk geval net ‘n geldmaakstorie. Net soos Valentynsdag. Mens moet elke dag die mense, vir wie jy lief het, waardeer, nie net op sekere dae nie. En ook nie met groot/duur geskenke nie. Maak ‘n kaartjie, pluk ‘n blommetjie, berei ‘n lekker ete voor as jy jou ouers wil bederf, of gaan kuier ‘n slag by hul. Daardie dinge word meer waardeer glo ek. En lag ‘n bietjie in plaas van ‘offended’ voel oor als.

Blommie ·

He he he. In die KOL Checkers……..
Happy Mothers DAY indeed!!!!!!!!!
Maar ja kan nie dink mense kan so ongelooflik sensitief wees nie.
Kry werk of gaan trek bossies in die straat uit, eerder as wat jy sit en nonsens dink en heeldag kla oor alles.

Oom Kalahari ·

@marous, daat het ju nou die onbenullige sekssisme reg gestel. Ai moet alles altyd in ‘n swak lig gesien word. Dalk het Mev. Dladla uitgesien na ‘n vergoedings Moedersdag geskenk van Checkers om die gemoedsrus te sus. Plaas maar gerus tuin, grasnyer en motor produkte vir Vadersdag. Die lekker ruik spuit goedjies, sokkies, onderbroeke en sakdoeke werk nie meer nie. As ek die reuk goedjies kry dan wonder ek of daar nie ‘n betekenis aan gekoppel is nie, ruik ek dan so sleg. ?

Lollie ·

Daar is beslis baie belangriker dinge om oor te kla en te kerm!
Dis lagwekkend!

Casper Labuschagne ·

Dit bewys bloot weer dat vrouens amper nie dieselfde spesie is as mans nie. Ek sal persoonlik verheug wees as iemand vir my ‘n nuwe grassnyer vir Vadersdag sou gee, of dalk ‘n nuwe handboor of selfs ‘n groot stel moersleutels. Ek kan net oor sulke wonderlike geskenke droom.

Kan nie n grap vat! ·

Ek dink wie dit ookal uitgrdink het was skerp en het maar net probeer humor in ring. Is vrouens regtig SO gevoelig? Ek sou verbystap en glimlag vir die grappie – en dalk nog van die produkte koop ook.
Ja ek is n ma. Ja ek is n vrou. Ja ek maak huisskoon. Dis nie n skande nie. Dis waaroor moedersdag gaan.
“Dankie dat Mamma ons huis so tip-top hou, ons waardeer Ma”
…O wag ekt vergeet. Deesdae is dit mos dir huishulp rn nanny wat die huis aan die gang hou, want die ma is te besig om haar loopbaan na te jaag…

tinker ·

Ha ha hoe lekker lag ek. Dis wonderlik checkers… julle besef darm wat n ma 90% van die tyd doen. Daar kort net sneusies en pleisters. Well gedaan, dankie vir die lekker lag

Poplap ·

‘n Praktiese geskenk wat ek kan gebruik is baie beter as daardie stof-opgaarders wat net plek opneem!

Lea ·

Ag asb mense word groot… wat is nou so erg?? Mense soek net iets om oor te kla en kerm.

Bernard Hellberg ·

Ek’s die baas in my huis – en my vrou sal dit nie waag om die verkeerde skottelgoedseep vir my te kry nie!?

Ag ·

Ai toggie, die mense is so fyngevoelig. Waar is die humor heen? Mense sien net altyd die “verkeerd” raak in die situasies. Ek het dit vanoggend op ons sussies & ma whatsapp groepies gestuur, en ons almal het lekker gelag daarvoor!! Niks verkeerd opgevat nie! Dink die mense moet net rustig raak.

Elize ·

Die wêreld is vol oorlog, armoede, hongersnood, korrupsie en ellende, maar NEE, ons kerm oor ‘n ou simpel plakkaat in ‘n supermark…. almal is tog so “offended” oor als. Prioriteite mense. Daar is veel belangriker dinge waaroor ons ons koppe Hoort te breek. Skrik asb net wakker.

Susan ·

Ek dink dis heel skerp!!! Wens verkramptes wil ‘n lewe kry!

Johann cb ·

Checkers het dit tong-in-die-kies bedoel! Ek is ‘n huisman wat self lekker geglimlag het! Kom ons behou ons Suid-Afrikaanse humorsin en lag vir onsself!

Sunette ·

Ek het van die foto gehou, lekker humor in ‘n morbiede land.

Curt ·

Hoop die Domestos is ook op special. My vrou sal my so treat as ek dit vir haar koop. Ons koop altyd die huis benodighede saam en sy loop nie by Domestos virby nie en kla altyd as dit nie op special is nie.

Vry hand ·

Ek koop domestos in n 5liter elke maand by n plekkie hier…man…ek domestos als..ek sal nie omgee vir hierdie moedersdag geskenk nie

Rikag ·

Ai tog die persoon wou net n glimlag op al die moeders se gesigte sit en daar ontplof dit toe in hom/haar se gesig hahaha ??

Sunet ·

Ek is self n mama, en julle ruk regtig die dam onder die eend se gaai uit… Dis humoristies, dis n JOKE!!!!! Ek het gelag daaroor, en gese dankie, at least is daar n afslag v ons… Kom by… Die lewe is kort genoeg. Seksisties??? Die lewe is kort genoeg, hou op n berg van n miershoop maak.

Avra ·

Gelukkig is die aanbod nie : 3 vir R100 want min arm gesinne sou dit kan bekostig…

TS ·

Lekker gelag nou. Enige dame wat hieroor vies is het nie ń humorsin nie. PUNT.

Christine ·

Mens sal dink met die verhoogde btv en alstygende brandstof prys sal moeders waardeer om iets goedkoper te bekom al is dit skoonmaak middels … Dit gee ñ paar ekstra rand vir kos op die tafel … WOW MOM!!! Dq Checkers?

Christine ·

Die welkome besparing op skoonmaakmiddels kan ñ ekstra brood of wat op jou tafel sit … Jy kan nie Blomme en Bubblebath eet nie. Dankie Checkers vir die WOW MOM PROMOSIE !!

Andre ·

Hengse bohaai oor absoluut niks. Ek wonder of die een wie beweer het die uitstalling is “ongelooflik ontstellend” deur die uitstalling herinner is aan werk.

Blom ·

10 uit 10 Checkers ek is vrou/ma en ek dink dit is baie snaaks. Bietjie humor uit n ou foutjie. ?

colette ·

Ek stem beste advertensie ooit. Waar jy kan bespaar is welkom.Ek lekker nou gelag vir die artikel.

Riana ·

Ag for crying in a bucket! Dis nou mos onnodig uit verband geruk. Mense gaan altyd rede hê om oor een of ander iets aanstoot te neem; ons leef in n tyd van hipersensitiwiteit waar ons almal op eierdoppe moet loop want die geringste gebaar, uitdrukking of kommentaar kan verkeerd verstaan word of die spreekwoordelike bobbejaan kan agter die berg geloop haal word en dan is dit chaos. Alas.
Geseënde Moedersdag aan ieder en elk!

CJ ·

Ek is net in Checkers teleurgesteld wat onder die druk van so n belaglike “aanklag” geswig het. Moes vir hierdie “klaagster”gesê het: “Weet jy wat, as jy nie gelukkig is met hierdie promosie nie, vat jou paai en waai na die naaste spaza winkel of wat ookal toe.”

John ·

Die advertensie het beslis gewerk, want die blykmiddel het reeds goed verkoop. Wat was eers in die rak onder die Wow Mom en so gou verwyder is so lank voor Moedersdag?

Shelley ·

Wow! Ek is sommer more by my Checkers en hoop hulle het dieselle promosie want skoonmaak middels gooi my budget in sy kanon in en ek sal sommer 2 van elk vat! Dankie Checkers!

Elana ·

Ek sal ook nie omgee vir so geskenkie nie. Skoonmaak produkte is duur lol

Lindie ·

Wel eks sorry maar ekt my gebreek hieroor! Het my dag sommer gemaak en ekt met nuwe ywer die jik nader gehark!

Louise ·

Get a life mense!!! Ai Madam Dladla!!! Niemand het jou gevra om skoon te maak nie???? En miesies Moira Taylor … Ek neem aan al daardie produkte moes gebruik word om jou onderklere skoon te kry?? Dit was ‘n joke!!!!!

Annerien van Niekerk ·

Ek dink dis so snaaks – ek dink die mense wat moan is die mense wat nie gelukkig is by die huis nie. Dis nog altyd n vrou se werk om na die huis te kyk soos die man kyk na al die maintenance en manlike werke buite die huis. Ek sal nie omgee om op moedersdag n botteltjie JIK te kry nie.

Marinda ·

People jumping to conclusions again. Mothers day should be everyday, as mothers should be appreciated and spoilt everyday, not just once a year. Just like father’s day, and so forth. I bet though there is some mothers who will not snub receiving some free dishwash, jik and other items free, as there prices have skyrocket and not everyone can afford to buy the best brand on the market anymore. But yes, people who don’t know about hardship, won’t understand that.

MK ·

Die land en wêreld is so sensitief. Ek dink dis vrek snaaks en skerp. Is ons nou al op so vlak dat mens nie humor raak sien nie en net dood-en-geweld!!!!?

Monique Joubert ·

Dit was nou vir my snaaks….. ek sal waardeer as my man vir my so iets koop dan hoef ek nie hahahahaha….. die wat nou soos ‘n nat handoek kla oor dit, come on dis tog nou nie so erg nie…. die wat kla is seker die wat moan die heeltyd….. mag Checkers nou glad nie meer “specials” he nie oor hulle te bang gaan wees dis verkeerd….. dis regtig nou nie so erg nie…. en deesdae is skoonmaak middela
So vrek duur so ek love die special…… elke huis het skoonmaak middela nodig, as dit pap reen moet jy skep….. lol….. Checkers daar is nix fout met dit nie….. DANKIE vir die specials

Wonder ·

Wel, al waaroor ek nou kan kla is omdat dit net lees Mom, moes gelees het Mom/Pa, want ek werk en my man (huisman) doen die huis skoonmaak storie. Hoe moet die arme man nou voel? Hahaha

huismamma ·

Oky ek het almal ae kommentaar gelees. En wat ek sien is mense met goeie humor. Ek is een van hulle btw. Ek dink so special sou handig te pas kom. Maar onthou asb die dames wat voel dit is offensive voel dalk af gekraak en af geskeep. Asof hulle bet daar is om skoon te maak. Dis soos visvang wat nie vir almal is nie maar so special sal ek ook mos geniet hahahaha! Ek het altyd gewonder of ek die enigste een met n sin vir humor het en dankbaar om te sien ek is nie! Dit is so lekker om te kan lag oor simpel grappies en nie almal kan verstaan nie. Moenie te hard judge nie mense dis n siekte hahahahahahaha!

adriana ·

Beste advertensie wat ek in ‘n lang tyd gesien het!! Waar is die besem en die mop? Kyk ek dit mis? Lag te lekker. Die wat ‘n probleem daarmee het kan gerus ‘n brug bou en oor dit kom.

Foxi ·

Ag asseblief, kan mense nie eens n bietjie humor hê in die land nie. Diegene wat so kla is seker die luiaards wat nie eens hul hande in kou water wil druk nie. Of is die persoon(e) bang hulle kry skoonmaakmiddels vir moedersdag. In elk geval, as die skoen jou pas, trek dit aan. En…en..met die stygende pryse vandag sal n paar dames nie omgee om n pakkie skoonmaakmiddels te ontvang nie. Nogal n briljante idee. Ek weet my moeder sal dit beslis waardeer. Sy is lief vir skoonmaak in elk geval.

Piet ·

Kan julle asb so bietjie in zoom? Ek wil net graag die pryse sien.

Amanda ·

Los dit so dis oulik. Niks fout met dit nie . Ons almal het gelag en gespot daarmee. DIs darem iets wat nie te doen het met misdaad of geweld nie. Hoera vir Checkers!!!!

amanda ·

dit is actually sooooo snaaks????
sien die positiewe op moedersdsg kry ons die skoonmaak middels teen n goedkoper prys???
dankie dat ek lekker kon lag vanoggend???

ChrisE ·

Dit was vir my nogal erg snaaks. Selfs my vrou het daaroor gelag. Ek steur my mos nie aan nie onderontwikkelde emosionele intelligente lede van die samelewing se kommentare en menings nie. ‘n Gesonde ontwikkelde sin vir humor weerspieël ook jou intelligensie. Dit is mos maar so. Die armes van gees sal ons altyd by ons hê. Eish, dit is bekommerenswaardig.

Jannie ·

Bly ek is met ń vrou getroud wat die humor hierin kon sien en saam met my lag daaroor. Ook maar bly ek is nie met party van die ou droë tannies getroud nie.

Alice ·

Die persoon wat dit op sosiale media begin versprei het is die probleem. Mense moet begin om weer hul eie business te mind. Ek sal self besluit van watter promosies ek gebruik wil maak – Moedersdag of nie Moedersdag nie. Mense hemel hulself op en wil dan nog moan daaroor op sosiale media ook.

JM ·

Die mense wat alles op sosiale media plaas moet eers hulle feite agter mekaar kry voor hulle ‘n bohaai daaroor maak.

Lynni ·

Ek het lanklaas so lekker gelag. En ek is self ‘n vrou. En kan mense nie lees hoe die verwarring ontstaan het nie.

Maro ·

Lekker gelag! Nog meer amazing is die krag van n foto op sosiale media. So vinnig word mense opgestook…en dit oor eintlik niks.

Hannes ·

Ek dink al die vroue wat die snaaks daarin sien, moet meer waardeer word. Diegene wat dink dis seksisties, ag drink tog julle pilletjies. As ‘n winkel gereedskap uitstal vir Vadersdag sal ek dink dis great, veral as dit afgemerk is. Jislaaik, dit sal darem regtig nie seksisties wees nie, dit sal ‘n ‘bargain’ wees

Stefaans ·

Ek kla nie as ek politoer en skoonmaakmiddels vir my kar op vadersdag ontvang nie. Hierdie jaar kry my vrou ‘n splinternuwe grassnyer – ek wil nie hê sy moet sukkel nie.

Theresa ·

Een waarop sy kan sit en ratte verander – mooies op die mark.

Missy ·

:))))) Ek voel ook in die gesig gevat. Pleks hulle afslag op skoonheidsmiddels gee ipv skoonmaakmiddels.

Pieter ·

Ek het self vir Checkers baie jare terug gewerk as bestuurder. Sulke voorvalle kan onskuldig gebeur. Veral as items en plakate geskuif moet word.Dan kan sommige publiek baie moedswillig en kleinlik wees. Dis baie maklik om te kritiseer. Ek lag net hieroor! Sterkte Checkers!

madels ·

Dis verstommend om te sien hoe kleinlik vrouens geword het! A Nee A! wow, wow, wow! Mense is so uiters sensitief! Ek kan nie glo wat ek hier lees nie… Ek is baie “secure” in my vrou wees, moederskap ens, sulke advertensies sou my nou net lekker laat lag het as ek dit sien. Vrouens moet leer om in hulself n goeie selfbeeld te kweek dan sal sulke advertensies hul nie eers raak nie…

m ·

Ek sien dit so. Die produkte is goedkoper vir Moedersdag, sodat ons mans en kinders die huis vir ons mooi kan skoonmaak vir Moedersdag.

Verstommend ·

Wie ookal aanstoot geneem het oor die “promosie” het seker nog nooit ‘n besem of ‘n skroplap van ‘n dag oud vasgehou nie, ek praat nie eers van gebruik het nie. Ek kan nie glo daar is vrouens wat so liggeraak is nie. Ek dink dit is ongelooflik snaaks – en baie skerp. Dankie Checkers dat julle darem die skoonmaakmiddels so goedkoop maak veral vir Moedersdag :) julle is stunning. Checkers, as dit ‘n foutjie was, moenie kommer nie, Konings maak oof foute. En vir die wat gekla het, ek is seker Checkers verkoop humorsinne ook – dalk is dit ook op “promosie” gaan vind bietjie uit. Vir al die Mammas, Vrouens, Oumas daar buite – mag julle ‘n “Geseënde Moedersdag Sondag hê”

Lizette ·

Baie dankie Checkers vir hierdie lekker lag wat julle nou aan my voorsien het!! Ek dink dit is bitter snaaks! Ons het deesdae so min om oor te lag in ons land! Die vrouens wat aanstoot geneem het met hierdie misverstand, kry asb ‘n lewe en hou op moan oor alles. Vir Vadersdag kan Checkers tuin gereedskap dalk so adverteer!!

Ore ·

Regtig???????????? Ek en my gesin het lekker gelag,nogal snaaks en gepas.Mooi Checkers.Die ou suurpruime,gaan haal diep asem en geniet die lewe!

Elizabeth ·

Ag skaf tog asseblief al hierdie spesiale dae af!!! Elke dag van die jaar is nou al glad ditse-dag of datse-dag. Wanneer sal ons klomp onnoseles eendag agterkom dat ons gruwelik uitgebuit word deur besighede deur verwagtinge te skep dat daar duur presentjies gekoop moet word. Kyk maar bietjie hoe gaan rooi rose se prys nou weer op!!!! Ek is op dié punt waar ek niks koop wat met paasfees, kersfees, vadersdag, moedersdag, ens. geassosieer word nie en probeer om in dié tye ook nie in winkels te kom nie. Die blatante uitbuitery deur druk te sit op “dae” waaraan die winkelbase nie glo nie, maak my SIEK. Koop vir jou ma ENIGE TYD VAN DIE JAAR iets wat mooi is, of bel haar meer dikwels, of sê dalk net ‘n slag “Ek is lief vir jou”. Dit kom immers uit die hart en nie uit die koue beursie nie.

Casper Labuschagne ·

@Elizabeth, daar was histories nie dae soos Moedersdag en Vadersdag nie, die dae was in die laat 1970’s ingestel omdat daar maandelikse reklamepromosie volgens tema plaasvind en in die VSA was daar Kersfees, Nuwejaarsdag, Valentynsdag, Paasfees en dan twee maande sonder tema vir promosie tot die VSA se nasionale dag op die 4de Julie en dan weer ‘n lang tyd voor hul Dankseggingsdag (“Thanksgiving”) promosie in Oktober. Dus is Moedersdag deur ‘n slim bemarker uitgevind en Vadersdag het later bygekom spesifiek aan die einde van die Amerikaanse somer waar geskenke vir vadersdag duurder items is wat die vaders in die komende wintersmaande sal besig hou.

Vandag is Moedersdag asook Vadersdag dae wat letterlik ‘n heilige status het en eerbiedig moet word met die sanksie dat jou gesin jou sal onterf as jy durf om so ‘n dag te vergeet of te gaan visvang. Selfs ons kerke doen net so lustig mee hieraan, en indien jy my nie glo nie, gaan woon ‘n kerkdiens by op Moedersdag en sien hoeveel blomme daar is, hoe die moeders geskenkies kry en van die kansel af bedank word en kyk na die lekkernye saam die koppie tee na die kerkdiens.

Voorwaar, ons aanbid vir Mammon bo alle ander gode.

Nettie ·

Dit was vir my skreeusnaaks ook en ek het onmiddellik gedink dat hier ‘n foutjie ingesluip het – ek het nie onmiddellik “MISBRUIK” EN “GESLAGSDISKRIMINASIE” begin skree nie.

Miskien moes die persoon/persone wat die foto/foto’s geneem het eers die saak met die rakpakker of winkelbestuurder opgeneem het en die moontlikheid van kliënte wat daardeur geaffronteer kon word, uitgewys het, as om summier die foto/foto’s op FB te plaas en kommenaat te lewer daarop?

‘n Mens maak tog eers seker van jou feite voor jy dit op ‘n openbare forum uitbasuin?

anje ·

Duidelik vrouens wat “inferiority” kompleks het dat dit nou so aanstoot gee. Hulle kan maar gerus verby daai promosie stap. Meer vir my!!

Piet Pompies ·

Kan Checkers asb met die volgende Vadersdag asb die volgende op spesiale aanbieding hê. Krag gereedskap, motor skoonmaak middels, opslaan swembaddens, enjin olie……..

Theresa ·

En iewers daar tussen-in besems op special. Myne is gedaan en ek wil juis nou vlieg en gaan kyk waaroor die bohaai is…

wilma ·

Die feit bly staan , ons vroue moet nogsteeds inkopies doen en hoekom nie van die spesiale promosie gebruik maak nie. Moedersdag moet elke dag wees, dit gaan oor liefde en respek, ELKE DAG. Wat beteken ‘n bos blomme op moedersdag as hulle jou ander dae nie soos die ma hanteer nie.! Dis in elke geval ‘n geldmaak storie…..
Checkers, dit was nou treffend gewees! Love it!

wilma ·

Die feit bly staan , ons vroue moet nogsteeds kaste afvee en skottelged was, inkopies doen en hoekom nie van die spesiale promosie gebruik maak nie. Moedersdag moet elke dag wees, dit gaan oor liefde en respek, ELKE DAG. Wat beteken ‘n bos blomme op moedersdag as hulle jou ander dae nie soos die ma hanteer nie.! Dis in elke geval ‘n geldmaak storie…..
Checkers, dit was nou treffend gewees! Love it!

Elmarie ·

Moet sê… ek is vandag verras oor die humor – ek is sooooo bly daar is so baie wat die humor insien in hierdie uitstalling en is seker dit is wat die personeel eintlik bedoel het. 10/10 vir Checkers en 5/7 vir die wat dit nou ongelukking nie vang nie.
Die vadersdag uitstalling behoort regtig nie moeilik te wees nie… ‘n leë rak sal heel van pas wees.

Pieter ·

Korting op Skoonmaak middels en n vrou met kort voete, n man spaar geld en jou vrou staan nader aan die wasbak.Wat meer wil jy dan hê?

Theresa ·

Checkers sê dit was nie met opset so nie – die moedersdag produkte is geskuif en die plakkaat moes nog skuif. Hul hoef nie verskoning te vra vir kleinserige opmerkings nie! Dis snaaks al het hul dit nie so bedoel nie! Foei, om nou van seksisme te kerm oor hierdie tipe ding is belaglik verby. Kom by dame – wat de dinges is seksisties aan ‘n bottel jik?? Vrouens is nie net van kant, blommetjies en parfuum nie – Jik is deel van die lewe. Vrouens wat pruilmond trek oor hierdie uitstallinkie laat my bekommerd. Lag eerder heerlik en kyk hoe verdwyn die plooie.

VE ·

Die wat so kla is seker vrouens wie nog nooit hulle hande in n wasbak gesit het nie
Ek dit dit is baie snaaks

Helen ·

Ek wonder of hul die besems en moppe by die deur uitdeel as jy ‘n combo van die produkte koop? Ek sal vir myself ‘n hele paar combo’s koop. In elk geval koop ek altyd sulke goed vir dames wat trou en my nooi na die kombuistee. Skoonmaak middels is vrek duur en kom enige tyd handig te pas. Jy het in elk geval ook NOOIT genoeg nie. Ek hou van bargains!

Gerhard ·

Ek wys die artikel vir my vrou waar sy op haar knieë besig is om die vloer politoer te gee, en sy geniet dit terdeë!

Henk ·

Werklik!!??? Het niemand in hierdie siek land van ons nou meer n sin vir humor nie!!!????

Sê ook maar net ·

Ek sal nie omgee om so geskenk pak te kry nie, skoonmaak middels is al duur. Wil nou nie voortvarend wees nie, maar mag ek asseblief so 4 van elk kry? Hahahahahahahahahahahahaha (van ‘n vrou)

E.K. die eerste ·

Die probleem in ons land deesdae is dat WAT mens ookal sê of skryf – jy gaan waarskynlik IEMAND “offend”. Ai tog…

Janita ·

Ek het gedink dit is baie snaaks! Ek kan nie verstaan hoekom mense so sensitief is en oor die geringste dingetjie ‘n eier wil lê nie (nou vergelyk ek seker iemand met ‘n hoender). Deesdae moet alles met ‘n “smiley face” gepaardgaan, anders neem iemand aanstoot…hoe hartseer en belaglik.

Vry hand ·

Lekker lag ek vir die moedersdag geskenk….ek sal dit met liefde neem….sit net asb vir my n mop en n besem by..ek is n skoonmaak fundie…geniet dit as my plekkie skoon is en lekker ruik…well done …vir die moedersdag advert…give iur housewifes a bells

Belinda ·

Ag nee Checkers, hkm is daar nie ñ promosie op Handy Handy ook nie? Ek wil eerder Handy Andy hê as Jik. Dankie vir die lekker lag Checkers, besighede met ñ sin vir humor (al was dit ook onbeplan) sal ek altyd ondersteun. ???

charmaine ·

Niks fout daarmee nie, ek het eintlik gedink ek moet n paar van daai special gaan kry, moederdag en vadersdag en vaaltynsdag is net n geld maak storie, met alles wat duur is en ek verantwoordelik is vir kruideniers van die huis is dit baie oulik opgemaak en goeie pryse skoonmaak middels is in elk geval baie duur.

magda ·

Nou so lekker gelag…..vir vadersdag kan hulle kar shampoo, politoer, lappe en tuinslang adverteer…???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.