Checkers se ‘Little Garden’ is terug

Little Garden 2 (Foto: Checkers)

Checkers se gewilde Little Garden-veldtog is van vandag af terug vir Xtra Savings-lede wat meer as R200 by hierdie winkels bestee.

Little Garden was voorheen ʼn reusesukses vir Checkers, en hierdie keer het die produksie van die Little Garden-voorraad ook werk geskep vir meer as 150 mense, terwyl die Covid-19-pandemie aan werksekerheid knaag.

Daar is 24 nuwe seisoenvanpaste en byevriendelike Little Garden-tweesaadpakkies om te versamel. Dit sluit tien soorte groente, agt blomme en ses kruie in.

“Little Garden was ʼn treffer toe ons dit twee jaar gelede die eerste keer bekendgestel het en ons klante het herhalend gevra dat ons dit terugbring,” sê Willie Peters, algemene bestuurder van bemarking vir Checkers.

“Tuinmaak is ʼn fantastiese aktiwiteit vir oud en jonk, veral noudat mense soveel tyd tuis deurbring.”

Produksie vir Little Garden 2 se saadpakkies het in Johannesburg plaasgevind en is bestuur deur ʼn span van 156 werkers – meestal vroue – wat opleiding ontvang het voordat hulle die pakkies aanmekaargesit het.

“Om ʼn plaaslike produksiefasiliteit te kry om die groot hoeveelhede Little Garden 2-pakkies te produseer was ons hoofprioriteit, en ons is verheug dat dit ook broodnodige werk vir so baie vroue kon skep,” sê Peters.

Soos voorheen bevat elke Little Garden 2-pakkie ʼn afbreekbare pot, grond, saadjies en ʼn naamplaatjie. Die materiale is alles óf afbreekbaar tot kompos óf dit kan herwin word.

Little Garden 2 is van Maandag 24 Augustus weer in die winkels en sal aan Xtra Savings-lede beskikbaar wees terwyl voorraad hou. Hierdie keer moet klante R200 bestee om vir ʼn Little Garden 2 in aanmerking te kom, waar dit voorheen slegs R150 was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adriaan ·

n Beter vertaling van “General manager” is Hoofbestuurder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.