Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê Watson (62), Nadia Gerwel (51), Mandisi Mkaza (54) en Joeleen Andrea Wessels (48) het hulself vanoggend aan die Valke oorgegee. Hulle staan tereg op aanklagte van korrupsie en geldwassery.
Die vier is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat en die saak is tot 3 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle moes hul paspoorte inhandig en moet toestemming van die ondersoekbeampte kry om na die buiteland te reis.
Volgens Netshiunda is daar ook ʼn vyfde verdagte wat nie in die hof verskyn het nie aangesien hy uitstedig is. Hy sal op 3 Mei saam met die ander verdagtes in die hof verskyn.
Netshiunda het gesê die inhegtenisnemings hou verband met die Valke se ondersoek na die tesourie se goedkeuring van R208 miljoen vir die verbetering van die geïntegreerde padvervoerdiens (IPTS) in die Nelson Mandelabaai-metro. “ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes ʼn bedrag van R12 miljoen vir eie gewin gebruik het.
Watson het verlede maand sy bedanking as president van die Oostelike Provinsie Rugbyunie (OPRU) ingedien. Die OPRU is reeds langer as ʼn jaar onder administrasie van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru).
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
27 Kommentare
So kry ons darem goeie nuus ook vandag
Lekker! About time dat die skurk vasgevat word, hoop jy kry jaaaare pappie!
Lyk my dis n kwessie van die wiel wat draai.
Ook dalk van boontjie kry sy loointjie!
Puke Watson was nog nooit my gunsteling rugbyspeler nie.
Ek dog die man is al lankal in die tronk !
Kan my net voorstel hoe naar Luke nou moet wees!