Cheeky Watson, nog drie vas

Watson buite die hof. Foto: Skermskoot/ANA-video/Twitter

Cheeky Watson, voormalige rugbybaas van die Oostelike Provinsie, is saam met nog drie mense in hegtenis geneem en het Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê Watson (62), Nadia Gerwel (51), Mandisi Mkaza (54) en Joeleen Andrea Wessels (48) het hulself vanoggend aan die Valke oorgegee. Hulle staan tereg op aanklagte van korrupsie en geldwassery.

Die vier is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat en die saak is tot 3 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle moes hul paspoorte inhandig en moet toestemming van die ondersoekbeampte kry om na die buiteland te reis.

Volgens Netshiunda is daar ook ʼn vyfde verdagte wat nie in die hof verskyn het nie aangesien hy uitstedig is. Hy sal op 3 Mei saam met die ander verdagtes in die hof verskyn.

Netshiunda het gesê die inhegtenisnemings hou verband met die Valke se ondersoek na die tesourie se goedkeuring van R208 miljoen vir die verbetering van die geïntegreerde padvervoerdiens (IPTS) in die Nelson Mandelabaai-metro. “ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes ʼn bedrag van R12 miljoen vir eie gewin gebruik het.

Watson het verlede maand sy bedanking as president van die Oostelike Provinsie Rugbyunie (OPRU) ingedien. Die OPRU is reeds langer as ʼn jaar onder administrasie van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Speedguard ·

Inderdaad baie goeie nuus ! Al wat my bietjie bekommer is dat sommige mense wat baie minder beweerde misdade gepleeg het se borg in die 100 duisende is Mmmmmmmmmmm wonder !

E Martins ·

Inderdaad goeie nuus. Kry vir jou, Watson, kry vir jou!

OP ·

Lekker! About time dat die skurk vasgevat word, hoop jy kry jaaaare pappie!

Jaco ·

Lyk my dis n kwessie van die wiel wat draai.
Ook dalk van boontjie kry sy loointjie!
Puke Watson was nog nooit my gunsteling rugbyspeler nie.

Onnie ·

Sies cheeky, wt n skande! Ht altyd geweet da is Groot fout by jo, en jo talentlose seun! Nou is dt bevestig. Trust your instinct…

Fanie ·

Geen ooghare vir die vent nie maar laat die hof hom eers skuldig bevind. Die opskrif dat hy “vas” is, skep die indruk dat hy reeds skuldig bevind is.

Onnie ·

Julle ht di OP n slegte naam gegee. Wa is di dae toe my pa ons kinders Boet Erasmus toe gevat ht op n saterdag. Mt n sak lemoene en naartjies (uit Kirkwood) biltong en droewors en coke! Leka out dae, nou is almal korrup!

WitBlits ·

Dit wys jou net om ckeeky deur die lewe te gaan en die blinde sambok te vergeet werk nie!
Boontjie kry sy loontjie.

Kosie ·

`n Vriend van `n vriend se onbetroubare vriend fluister dat die rugbyunie se forensiese oudit die hare laat rys.

Fanie ·

Nogal interessant hoe die sogenaamde Christene die ou veroordeel nog voordat hy skuldig bevind is

Wim Kotze ·

Bittergal, jy hits mos nou water vermorsing aan. Ek vermoed dis deesdae ‘n halsmisdaad.

James ·

Hehehe Cheeky, uiteindelik kom jou skandes ook nou uit en kan jou politieke konneksies jou nie help nie. Ek het geen tyd vir jou en jou verraaier seun nie, so hoe gouer julle uit die kalklig beweeg hoe beter. Fanie hoe weet jy almal wat hier kommentaar lewer is Christene, hou op aannames maak, mense het steeds hulle eie opinies ongeag hulle religion.

Johann cb ·

As dit so is dat daar bedrog is, sou ek wonder waarheen die geld is!
Om die geld weer in PE in sirkulasie te kry, sal baie welkom wees vir ons stad se ekonomie. Ons kan doen met ‘n goeie openbare vervoerstelsel!
Vorige berigte noem dat een van die manne geen vorige veroordelings het nie…ha, wat ‘n grap! As my jou lewe lank op ‘n plek woon, onthou jy die geskiedenis! Mag die wet sy gang gaan.

Absoluut ·

Absoluut moet hy die straf kry vir wat hy gedoen het as die hof hom skuldig bevind het. Jou Cheeky het op jou seun afgesmeer en hom swak sportmangees uitlatings laat maak en sodoende nooit die kans gegee om tot sy reg as rugbyspeler te vorm nie. Luke was uiters talentvol en sadly so het jy dus jou seun ook gefaal. Ek hoop werklik Luke kan leer uit hierdie dinge en ‘n beter mens word, ek sal beslis nie vir hom ook slegte goed toewens, hy kon nie kies in watter huis / moederskoot hy gebore moes word nie.

se net ·

FANIE jy doen dan dieselfde..jy veroordeel almal hier..wat is die verskil? wat n cheek net soos cheeky

Oom Piet ·

Moenie die arme man so kritiseer draai die ander “cheek”.

Bravo ·

Seker baie geld gekos om die braaksel van luke se trui af te was. Cheeky gaan seker
nou ook n pos in die parlement kry.

Scalla ·

Puke Watson het seker n baie groot pavement pizza geproduseer met die hof verrigtinge

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.