Chemie-vraestel moeiliker as fisika

skole matrieks matriekeksamen

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Die fisika-vraestel wat matrikulante onderskeidelik Vrydag en Maandag geskryf het, het heelwat maklike vrae bevat, terwyl Maandag se chemie-vraestel effens meer uitdagings ingehou het.

Só het onderwysers en vakkenners aan Maroela Media gesê.

“Ek dink die vraestel vir fisika was baie maklik, met ʼn paar interessante vrae. Dit was niks buitengewoons as dit met vorige jare se vrae vergelyk word nie en dié wat voorheen goed presteer het, sal waarskynlik weer goed vaar,” het ʼn wetenskaponderwyser Vrydag oor die fisika-vraestel gesê.

Die onderwyser noem dit was die eerste keer in ʼn lang ruk dat opstellers getoets het of leerders die werk verstaan en kan interpreteer, eerder as om hulle te probeer vasvra of deurmekaar maak.

Wat die chemie-vraestel betref, sê ʼn vakkenner aan Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS) die kortvrae was effens moeiliker as dié van die eerste vraestel en dat leerders mooi sou moes dink voor hulle ʼn antwoord kies.

“Van die vrae wat gehandel het oor organiese chemiese reaksies en chemiese ewewig was redelik moeilik en vrae wat lank gelede gevra is, het weer hul opwagting gemaak.

“Nietemin sou leerders wat deur die jaar hard gewerk en toegewyd geleer het nie die vraestel te moeilik gevind het nie. Leerders én onderwysers is dit eens dat vrae interessant gestel is en beslis beter as in die rekordeksamen was,” sê die kenner.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anonymouse ·

Die matrieks het al my simpatie. Ek kry nou nog nagmerries oor Chemie vraestelle. Fisiese wetenskap aan die ander hand, was van my gunstelinge. Sterkte matrieks!

VaalDonkie ·

Ek het van Fisika en Algebra gehou want jy kon logies dink daaroor en die antwoorde kry. Maar chemie, meetkunde, en trig was aaklig want ek moes leer daarvoor en goed onthou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.