CHESSA steun Garry Kasparov as Fide-presidentskandidaat

Hendrik dui Toit, president van CHESSA en Garry Kasparov, kandidaat vir die Fide-presidentskap.

Hendrik dui Toit, president van CHESSA en Garry Kasparov, kandidaat vir die Fide-presidentskap.

CHESSA het Sondag aangekondig dat hy Garry Kasparov gaan steun as kanditaat vir die Fide-presidentskap.

Kasparov was tydens die geleentheid self teenwoordig by Capablanca Ope se prysuitdeling by Southdowns College in Centurion. Die Fide-presidentsverkiesing vind in Augustus 2014 plaas. Kirsan Ilyumzhinov is die huidige president.

“Skaak in Suid-Afrika stap al ‘n lang pad met Garry Kasparov en veral die Kasparov Chess Foundation wat reuse-ontwikkelingwerk in Suid-Afrika en ook in Afrika doen met sy inisiatief Moves for Life wat skaak vestig as ‘n aktiwiteit by skole,” het Hendrik du Toit, president van CHESSA, in ʼn verklaring gesê. “Kasparov was ‘n paar jaar lank self aktief betrokke by die bevordering van skaak in Suid-Afrika.”

Kasparov het die land gereeld besoek en groot belangstelling getoon dat die spel in Suid-Afrika moet groei. “Dit is net ‘n logiese keuse dat die Kasparov-handelsmerk aangewend moet word om skaak wêreldwyd na ʼn nuwe vlak te neem. Daarom ondersteun CHESSA Kasparov as Fide-kandidaat,” het du Toit bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.