Chester Williams oorlede

Chester Williams. Foto: Facebook

Die Springboklegende Chester Williams is Vrydag in die ouderdom van 49 oorlede.

Williams is volgens berigte vermoedelik aan ʼn hartaanval oorlede. Hy het verlede maand 49 geword.

Williams was lid van die Springbokspan wat in 1995 die Wêreldbeker-toernooi gewen het. Die Springbokvleuel het die Springbokke in 27 wedstryde verteenwoordig en 14 drieë gedruk. Hy het ook vir die Blitsbokke gespeel.

Williams was ten tyde van sy dood die hoofafrigter van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) se rugbyspan. Dié span het in 2017 die Varsityskild-trofee verower.

Williams was ook ʼn gesogte motiveringspreker. Hy het verlede maand sy eie bier bekend gestel. Chester’s Lager en Chesters IPA is in Stellenbosch bekend gestel en sal tydens die Wêreldbeker-toernooi in Japan verkoop word.

Williams word oorleef deur sy vrou, Maria, en sy kinders. Die egpaar is in 2002 getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Ken ·

Totsiens aan ‘n legende…. Dankie vir die memories, Chessie!!

Suzette ·

Ons harte gaan uit na sy familie. Hy was een van my helde.

Jan P ·

Tragies. Bitter tragies. Hy was op en van die veld n yster!! SA het n Ster verloor!

Sandra ·

Ai nog in die fleur van sy lewe. Sterkte aan sy gesin en familie.

Linda ·

Ag ek is so verskriklik jammer om dit te hoor. R.I.V. Chester. My innige simpatie aan Maria, kinders en familie. Sterkte!

Santie ·

Sterkte aan sy familie. Nog n yster val.
Ai nog een van 1995 se rugby span sterf.

Jan P ·

Tragies. Bitter tragies. Hy was op en van die veld n yster!! SA het n Ster verloor!

JWC ·

‘n Sagte reus se stem het stil geword… ‘n Rolmodel, gentleman en iemand wat ‘n wonderlike gesindheid gehad het… Jy sal gemis word!! Sterkte aan die familie – daar is ‘n weersiens!!

Mogamat Salie Saban ·

Danke vir jou positiewe insette in rugby… Rus sag jou yster.

Thomas ·

Sorry, nie die tyd vir argumente nie, maar ek wil dink hy en errol tobias is
legendes vir verskeie redes.

Attie ·

Ruben, Joost, James, Chester….groot manne wat ons verloor het. Die groot sterre van 1995.

Stan ·

Ai, baie hartseer. Chester het Suid-Afrika trots gemaak en sal verseker gemis word. Sterkte aan die familie en Rus in Vrede Chester.

john langenhoven ·

Soos Dok Graven altyd gese het,hy was u kompleet rygby speler.RIP ou Groote dit was u eer om jou te sien speel.

Pierre ·

Nog n lid van die 95 span is weg, wat was daai manne in gegee daai tyd en nie vertel nie.

wonder net ·

ek weet niks van rugby wwet net is waar kwotas begin kop uitsteek het. my simpatie met sy mense steeds, dood is nooit n grap maar helde verering is ek jammer. hy was n mens soos ek, terloops 1995 was net een jaar, een wedstryd en rugby aanbidders het gese ja sien julle nou. en daarna?

willem Botha ·

Hy het net gespeel oor Pieter Hendriks geskors was,Frik du Preez, jonah lomu,Ritchie Macaw,uli Schmidt was legendes en hy het nie in daardie kategorie geval nie.

ANC ·

Jong luister, julle wil alles ras maak. Is om van siek te word. Aanvaar net dat die man n legende was. Jy is ook n legende, so elke mens op aarde.

De Villiers ·

@Willem Botha, ek was ook eers skepties toe hulle vir Chester met Pieter Hendricks vervang het, maar hy het almal verbaas met sy eerste wedstryd in die kwarteindronde van die Wêreldbeker ’95 toe hy vier drieë teen Wes-Samoa gedruk het. Hy het Pieter se plek goed volgestaan.

Elizabeth Potgieter ·

Eish hy was n legende RIV Chester my kinders weet wie jy was my kind was 3 jaar oud sal dit nooit vergeet toe ek skree komaan chesie se hy Jessie sterkte aan die familie

Realis Thailand ·

Ek wil net innige simpatie aan sy vrou en kinders uitspreek
Hy was n goeie man wie baie vir sy familie gedoen het.
Jammer sy talente was nie nog vir n tydperk beskikbaar aan die land nie

Harry ·

Sjoe dis erg. Maar wat gaan aan. Eers Joos toe Jona lomu toe Hendriks toe Small nou hy. Dis nogal erg om te hoor sulke top fiks sportmanne sterf so vroeg in hulle lewens

Bossie ·

Wat ‘n yster. So ordentlik en lojaal. Hy het te midde van al die simpel politiek sy waardigheid behou. Soos al die ander was hierdie ook te vroeg. Sterkte aan sy gesin. RIV Chester.

SjN ·

Sterkte aan sy geliefdes, gaan dit nie dalk oor middels wat vroeër gebruik is om maksimum energie te kry nie, die liggaam kan nie meer byhou as dit verouderd nie.

Elsabie ·

Rus in vrede ou grote!! Jy was ‘n yster! Sterkte aan sy familie en vriende.

Gesiggie ·

Vaarwel..ou Chester, almal sal jou onthou vir die mens wat jy was… my innige meegevoel aan sy vrou, sy familie . RIV Chester… ons sal jou mis.

Swartwolf ·

James Small en Joost se verdediging in die 1995 wereldbeker final op Lomu was fenominaal, maar moet nie van Chester se fantastiese verdediging op Jeff Wilson vergeet nie. Dis maar hoe Chester was – stil en nederig maar met ‘n onverbeterlike werksetiek. Groot rol gespeel – daai vier driee teen Wes Somoa in die kwart finaal. Hy was ‘n voorbeeld vir baie.

Boesman ·

Harry, het ek of jy dit nou mis? Sovêr my kennis strek leef Pieter Hendriks nog of na wie verwys jy hier in jou berig?

Christine ·

Sterkte aan vrou en kinders so jonk nog ? Hy was n legend.Goeie man gewees.

Dirk ·

Ek onthou nog dat Nuweland verander het na Chesterfield. Hy kon tackel en die bal afvat. Mooi driee gedruk. Nog so jonk! Sterkte aan vrou en kinders.

Scalla ·

Weer na die reuse foto gekyk tydens die skepdoel in my lapa in 1994 , hy,wat opgehemel was, daar was, nie op die toneel nie,

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.