Chev nie meer in SA gemaak of verkoop

Foto: AP Photo/Charles Krupa

General Motors (GM) gaan van sy bedrywighede in Suid-Afrika afskaal.

Ian Nicholls, president en besturende direkteur van GM in Suid-Afrika, het gesê dit sal beteken dat die vervaardiging en verkoop van Chevrolet-voertuie in Suid-Afrika teen einde 2017 uitgefaseer sal word.

Daar is onlangs aangekondig dat Opel aan die PSA-groep verkoop is. Volgens Nicholls sal GM steeds saam met die PSA-groep werk om toekomstige strategieë vir die Opel-handelsnaam in Suid-Afrika te evalueer. Isuzu sal GM se Struandale-aanleg in Port Elizabeth koop.

GM het beklemtoon dat bestaande Isuzu-, Chevrolet- en Opel-klante steeds in die mark ondersteun sal word. “Alle bestaande waarborge en diensplanne bly in plek. Vanaf 2018 sal Isuzu-handelaars naverkope- en diensondersteuning aan Chevrolet- en Opel-klante verskaf totdat die besonderhede rakende besprekings met PSA afgehandel is.”

Nicholls het gesê Chevrolet-, Isuzu- en Opel-klante kan steeds dieselfde vlakke van gehaltediens en naverkope-ondersteuning verwag. “Prosesse sal gevolg word om seker te maak die oorgang verloop so glad moontlik.”

Volgens Nicholls was daar die afgelope paar jaar aansienlike veranderinge in die internasionale motorbedryf. “GM glo dat daar internasionaal geleenthede is waar ons ʼn groter opbrengs op belegging kan behaal – in spesifieke motorsegmente en markte waar die moontlikheid vir groei baie sterk is, soos in die VSA en China.”

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

A ·

Ek dink baie internasionale maatskappye gaan hulle besighede in Suid Afrika verkoop as gevolg van wonderlike regering se weldeurdagte besluite. Sal nie eens dink aan hoeveel werksgeleenthede nou weer ingeboet gaan word nie.

Die gevolg sal wees ·

Die gevolg sal wees – woedende werkloses wat winkels leegdra in massa-aksies as ‘n wit mens verdink word van rassisme. Wees versigtig. en hou jou uit die moeilikheid

Robert ·

Dit verbaas my glad nie. Sal ook nie verbaas wees as ander motor vervaardigers dit in die toekoms doen in SA nie, tensy die ekonomie draai. Die politieke onstabiliteit en stagnerende ekonomie jaag beleggers weg.

dexelprep ·

Soos mees dinge in die lewe, is die ook meer komplex as ‘n eensydige probleem. Byvoorbeeld, ek het gehoor dat dit deel is van Donald Trump se planne om al die VSA maatskape terug to roep huistoe…waar hulle werksgeleenthede kan aanbied. Ford volgende?

Paul ·

Hierdie besluit het nie juis enigiets met Suid-Afrika te doen nie.

General Motors het al jare lank probeer om hul wêreldwye Opel-handelsmerk verkoop te kry omdat dit al jare lank nie wins maak nie. Hulle het dit uiteindelik aan Peugeot/Citroën verkoop gekry vroeër vanjaar.
Die motors wat by die Struandale-aanleg vervaardig word, is almal gebaseer op Opel-ontwerpe, selfs al het sommige van hulle in Suid-Afrika Chevrolet-kentekens. Die enigste uitsondering is die Isuzu KB bakkie en Isuzu vragmotors, wat ook daar vervaardig is. Isuzu is nie deel van General Motors nie.
Isuzu koop die aanleg oor vanaf GM en gaan aanhou bakkies en vragmotors daar vervaardig. Of hulle die huidige vervaardiging gaan uitbrei om die kapasiteit wat deur die Opel/Chev-modelle gebruik is, op te neem, is nie tans duidelik nie.

Dis nie soseer GM wat “onttrek” nie, dis eerder Peugeot/Citroën wat nie nodig het om Opels in SA meer te bou nie. Hulle is die nuwe eienaars van Opel.

Adri ·

Sjoe, skrik ek nou. Gelukkig lees ek toe in die verduideliking van GM self (die skakel onder-aan die berig) dat Isuzu nie gaan verdwyn nie. Ongelukkig is dit nie duidelik uit die berig in Maroela nie. Oorweeg dit om meer besonderhede in die berig te voeg, asseblief.

Mari ·

Ekt nou self gelees Isuzu…. ekt sommer yskoud geraak. Jys reg. Die berig is bietjie induidelik.

Ings ·

Dit is ons toekoms. Vele maatskappye gaan dieselfde pad volg. Ons skaad ons buitelandse beeld en nog werkloosheid volg.

Eish ·

Dis die begin. Verseker wil die maatskappye nie in rommelland enigsins in vervaardiging betrokke wees nie. Dink net hoeveel prysaanpassings jy op jou produk moet doen per maand sodra die moella sy vryval gaan begin.Verder dwing die boetes vir bekwame, maar ligter skakerings van die reenboog bestuurskorps, die mense landuit. Duidelik wil hul nie n SAL of n Eskom bestuur he nie. Hul is winsgedrewe nie verliesakkommoderend nie. Verseker gaan werkloosheid van opgeleide mense die hoogte inskiet. Verseker gaan anargie toeneem. Genade, Opel en Chev handelsmerk saam met moedersmelk ingekry. Jammer om jul te sien gaan, maar ons verstaan.

Charles ·

Vat maar in Zim waar kan jy n nuwe voertuig koop, ons is op dieselfde pax

Anton KLD ·

GM het dit in die 80’s ook gedoen. Apartheid die skuld gegee. Toe was ek nog ‘n Chevrolet kliënt en die handelsnaam het verseker skade gekry. Eie SA maatskappy Delta Motors moes toe voortgaan. Het nog nooit weer ‘n GM produk gekoop nie.

pieter ·

SUID AFRIKANERS IS TE SLEG OM VIR DIE ANC EN ZUMA TE SE GENOEG IS GENOEG NOU PLUK ONS DIE VRUGTE.

Robert ·

Ja , dit is Zuma, gedeeltelik , maar die werklikheid is maar die omswaai van die oorname van 1994….van daar af was dit nog net afwaarts….

BOLANDER ·

Robert, ek verskil so effens van jou. Dit is heeltemal Zuma se skuld!!!! As hy vanaf dag een sy plig as die President van SA gedoen het, het ons nie nou in hierdie gemors gesit nie. As ek nie my span waar ek werk reg bestuur nie, gaan dit ook gevolge hê. Dit is dieselfde beginsels. Die enigste verskil hier, is ek het die kennis en aanleg en ou ZUMPIE NIE!!!!!

Ai ·

Ja wel met al die stakings elke jaar wat verwag almal? As dit nie die staal bedryf is nie dan is dit die motorbedryf. Die staal bedryf se stakings affekteer die motorbedryf. Die werkers wil astronomiese salarisse he en ekstras en hulle moet elke jaar hulle increase kry en weier om n minuut later te werk as hulle moet. Hulle gee nie om of daar n dringende bestelling is nie. Een jaar wou hulle sommer behuisings toelae gehad het. Intussen kry die mense I’m die kantore vir jare nie increases nie maar kom in en werk oortyd.

cc ·

En wie moet ons bedank, nie vir Bolandbank maar vir Zupta. So gaan meer besighede uit die land ontrek. Ons gaan begin sukkel met alles in die land.

Rudi ·

Het dit al gesien kom toe GM terug gekom het Suid Afrika toe. Dit is nie die eerste keer dat hulle weg loop uit RSA nie. Hulle het geen “commitment” nie. Hulle het in elk geval net hulle swakker produkte Suid Afrika toe gebring, of net Opel of Izuzu se produkte onder hulle naam gebruik. Toe hulle terug gekom het wou hulle Opel uit die land neem. Hulle het Opel in RSA seergemaak. Opel is in al die gevalle ‘n baie beter produk as die onder standaard Chev’s wat hulle aan ons afgesmeer het. Net dankbaar dat Izuzu en hopelik Opel kan voorbetaan in Suid Afrika. En vir julle wat alleen vir Zuma die skuld gee. GM sou dit in elk geval nie in RSA gemaak het op hulle eie nie. En nou dat GM Opel verkoop het aan PSA, bly daar niks by GM SA oor wat die moeite werd is nie. Moet asb nie al die pad vir Zuma die krediet gee nie. Hy het beslis nie ‘n invloed op die internationale markte. Dankie tog dat die paar onder standaard Chev’s (Dawoo’s) nie meer hier verkoop gaan word nie. Lank leef Opel en Izuzu. Dankie tog, totsiens GM!

Pietsepan ·

Die huidige Chevs is Daewoos. Hulle kan nie tred hou met die tye nie. GOOD RIDDENS.

Paul ·

Sommige van die huidige Chevs is eintlik Opels. Die heel nuutste Spark, byvoorbeeld, deel ‘n onderstel met ‘n Opel, hoewel die vorige een Daewoo was.

Dis nie te sê Opel gaan nog in Suid-Afrika verkoop word nie. Dit sal ‘n besluit van Peugeot/Citroen wees of hulle dit hier gaan aanhou verkoop of nie.

Opel AG (die hele maatskappy, wêreldwyd) is in Maart 2017 aan Groupe PSA (Peugeot/Citroen) verkoop deur GM. Daar is nog geen duidelikheid of PSA gaan aanhou op Opel voertuie te verkoop in Suid-Afrika nie.

Basson ·

Waar is die bewys dat Zuma (en ANC belied) iets hiermee te doen het?
Opel Internasionaal is ‘n ruk terug al aan die PSA groep verkoop.
Het julle gesien hoe het die JSE geklim na rommelstatus aangekondig is? (Ek stem saam die regering is kas toe, maar dink eerder bietjie krities oor sake, as om die populistiese uitweg te volg en napraters te wees.)

Asmain ·

Arbeid in SA is net eenvoudig te duur en te onstabiel (stakings ens). Dit verklein maatskappye se winskoers

Vryheid ·

Die waarheid is dat dit nie volhoubaar of winsgewend genoeg is in Suid afrika nie. GEEN regdenkende besigheid of persone bele in ROMMELSTATUS . Wees verseker daar gaan nog baie buitelandse besighede oppak na groener weivelde.

Fanus ·

En daar val al die produkte (motors) van GM in S.A se waarde tot rommelstatus saam met S.A. Jammer vir die eienaars .

Paul ·

Hoekom?

Jy gaan nog steeds onderdele kan koop, en die waarborge gaan steeds geldig wees tot dit verval.

Chivago ·

Paul, en hoeveel gaan jy vir die produk kry wanneer jy besluit dis tyd vir inruil?

Frans C ·

Sonder ekonomiese groei,danksy ANC-beleid is daar nie plek vir soveel motormaatskappye nie,omdat groei vooruisitsigte beperk is,weens die regering se ekonomiese beleid.
.Stygende werkloosheid beteken ook ‘n daling in potensiêle kopers.

Indien insetkoste bly styg en verkope stagneer of konstant bly ,gaan koste van produkte styg en winsgrense daal.

Fanus ·

En daar val al die GM produkte (motors) in SA se waarde tot rommel status. Jammer vir die eienaars wat van hul produkte besit.

Tarina ·

Fantasties hulle kon my die nuus mee gedeel het toe ek 2 weke terug my Isuzu gekoop het

Danie ·

Isuzu word onaangeraak in die land. Hulle neem dan die plant oor. En gaan hulle mark aandele vergrootbin suid afrika. Die artikel is half geskryf. Glo my isuzu gaan net groter raak. Chev van weg. Gm is nie isuzu nie.

marous ·

Hoop nie die ouens wat bearings verkoop vlug ook nie . Ons gaan hulle baie gebruik om ons donkie karre te herstel ….

Laurika ·

Ai ek ry n 2015 Chevy Spark LS en dit is geensins goeie nuus al se hul wat.Dit is Suid Afrika se voorland.Dankie Zuma soos altyd jaag jy aan en ons betaal die prys ?

piper ·

in australie maak al die voertuigfabrieke toe. hulle arbeid het te duur geword. ons ook oppad na daardie toestand

Johannes van Staden ·

Kan n mens GM blameer hier is net stakings en geweld en groot onsekerheid en alles waaraan die anc vat sink …en daar is ons junk status ….hier kom nog onttrekkings as jy my vra.

Maree ·

Isuzu en Opel bly!net Chev gaan nie meer beskikbaar wees!Isuzu gaan heel moontlik meer produkte beskikbaar stel!Het met ingeligte handelaar gepraat!

al ·

Die wit mense voel onwelkom in die land want ons word gereed uitgeskel as wit monopolie kapitaal, maar die vakbonde wil vinnig keer wanneer ‘wit monopolie kapitaal’ hul geld vat om elders te belê.
Hoe ironies en verdraaid!

Christo ·

Het GM ondersteun met 2 x Chevs en nou ‘n Opel maar het nie meer vertroue in hulle nie en is nie gelukkig met die nuus dat GM Suid Afrika verlaat nie. Al 3 x karre was deur GMSA ‘n division van Wesbank gekoop en is nog steeds ‘n klient hoop en vetrou Opel hou sy naam hoog, maar oorweeg sterk om terug te keer Toyota toe.

Stof ·

As dit gaan oor Amerikaners, is my bede dat Harley Davidson sal bly. As dit gaan oor arbeid, vertrou ek dat die boodskap wel op die regte plekke beland. Mag elkeen wat na hierdie berig met kommer gevul is, berusting ontvang dat hulle voertuie wel goed versorg sal word deur Isuzu. Minstens het hulle (naas Toyota) die reputasie van een van die enigste twee bakkie vervaardigers, wat werklik gebou is vir ons uitdagende gebruiksomstandigdhede.

GJ de C K ·

ANC en Nuwe SA aan wortel van oorssak -ja, maar motor vervaardigers en verspreiders ook te blameer: Hulle het ons verbruikersmark se kwesbare situasie flagrant misbruik en doen nogsteeds toenemend verder so.

"Eksê" ·

Suid Afrika die land van melk- en- heuning is nou bkend as die land van Rommel-status. (Junk status)

Basson ·

Stomgeslaan deur die gemiddelde leser se oningeligte kommentaar – ‘keyboard warriors’ galore!
Ek dink regtig wit Afrikaanse breinkapitaal verskraal en boer agteruit :( Treurige toestand van sake. (Eintlik pateties)

Johan1 ·

Volgendvwat gaan is bande fabrieke want sekere firmas word al klaar basies deur numsa (so kom dit voor) bestuur. Daar word net gedreig maak soos ons (numsa) sê of ons strike. Daar is al sekere persone afbetaal of basies forseer om te gaan of hulle gaan strike watter firma gaan altyd buig of doen wat aan hulle afgedwing word. Hulle (numsa) forseer die werkgewers om sekere veranderings aan te bring soos dit hulle pas produksie ly daar onder en dit bring groot verliese en dan is daar boonop die bestuur van die land deur n president wat net oor hom en sy kartel bekommerd is geensins enige saak het met die mense van die land wat die vooruitgang wil bevorder nie. Wat meer kan n mens verwag met sulke swak bestuur van n land wat baie botensiaal het.

Piet Pompies ·

Suid Afrika het net te veel modelle van voertuie beskikbaar vir die kopersmark, een of ander tyd gaan die vervaardigers begin swaar trek en ophou voertuie verkoop. Die beste is volhoudbare belegging in jou toekoms. Sit nou geld eenkant vir toekomstige onwikkeling in beter produkte. Dit is die uitdaging van die vervaardigings sector, jy moet een stappie voor jou opsisie wees.

Leon ·

Ek dink hiermee saam aan Citroen, wat Desember verlede jaar dieselfde gedoen het. Al het hulle bitter min voertuie verkoop, is dit steeds sleg as so iets gebeur.

Jb ·

Chev produkte hier verkoop was patetiese substandaard Daewoos.

Stephen ·

Verseker is hierdie besluit geneem na aanleiding van wat tans in Suid Afrika plaasvind, want dit het beslis ‘n Ekonomiese Impak op enige besigheid, klein tot konglomeraat.
Maar, om te dink, dan te glo, en sekere aannames te maak sonder in-diepte navorsing, dat dit primer te make het met die huidige Regeringsbeleid, sal baie naief wees, en selfs dui op ‘n algemene ‘negatiewe’ uitkyk as geheel..
Doen egter gerus jou eie in-diepte navorsing (maw. nie NET dit wat oor die afgelope 7-8 jaar in SA aan’t gebeur is), en jy sal met ‘n skok tot die besef kom in watter sikliese fase die huidige globale ekonomiese ditself tans bevind.. asook hoe ver gevorderd die totale ineenstorting van die huidige ‘fiat’ skuldgedrewe inkrimentele monetere stelsel inderdaad is. Toets my stelling.. maar, wees gewaarsku, die uiteinde van jou eie navorsing sal jou verseker wakker skud as jy nie alreeds is nie!
Slegs die wat waarlik waak en bereid is om hul eie bestaan te toets aan die realiteite van die werkliheid waarin hul hulself bevind, kan en sal begrip he van die spesifieke tydstip waarin ons tans leef.. Ontwaak mense.. moenie net glo wat in die “nuus” op radio/tee-vee aan jou opgedis word nie.. want die Alternatiewe Media is daar vir die wat WERKLIK wil weet en verstaan. Wees voorbereid, want die “ingeligtes” is byna gereed om die hele “stelsel” te “reset”.. met ernstige gevolge, sodat hul dan ‘n stelsel kan implimenteer met NOG meer beheer..

Justice ·

Kon hulle nie maar GM vir die werkers unies gegee het om die wereld te wys hoe om effektief `n besigheid te bestuur met belaglike salaris verhogings en gereelde stakings nie?

Stefaan ·

Dis Jan van Riebeeck se skuld. As hy nie hom hier kom indring het nie, sou GM ook nie kom kyk het wat hier aangaan nie!☺

Chris Ws ·

Toe Chev in die apartheids ere ontrek het moes hulle weggebly het.Hier is genoeg beter kwaliteit voertuie in ons land beskikbaar so Chev gaan nie gemis woord nie.Ek dink die kompetiesie was dalk te straf vir hule.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.