Chiliboy Ralepelle toets glo positief vir steroïde

Argieffoto

Argieffoto

Die Springbok-haker Chiliboy Ralepelle, wat tans vir die Franse klub Toulouse speel, het glo positief getoets vir ‘n anaboliese steroïde, berig ‘n Franse sportkoerant.

Volgens L’Équipe is die 27-jarige Ralepelle op 19 Maart getoets en het die uitslag aangedui dat hy drostanoloon gebruik het. Ralepelle het destyds nog herstel na ‘n kniebeserings waarvoor hy geopereer is. Volgens die berig is ‘n datum vir Ralepelle se verhoor nog nie bekend nie. Hy kan glo tot twee jaar verband word indien hy skuldig bevind word.

Ralepelle en Bjorn Basson het in 2010 positief getoets vir die verbode middel metielheksaneamien. Daar is egter later tydens ‘n tugverhoor bevind dat hulle dit onwetende ingeneem het en hulle is onskuldig bevind.

Volgens The Score het drostanoloon dieselfde effekte as testosteroon. Dit word glo in die behandeling van borskanker gebruik. Liggaamsbouers maak glo ook gebruik daarvan vir spierdigtheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Eina!!! Kom ons hoop maar hy het die middel per-ongeluk ingekry, en dat alles goed sal eindig vir hom.

Kosie ·

Mnr die joernalis, hoe word mens vir twee jaar verband? Dit klink of dit seer kan wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.