China loof SA oor Dalai Lama

Desmond Tutu en sy vriend, die Dalai Lama Foto: memeburn.com

Desmond Tutu en sy vriend, die Dalai Lama Foto: memeburn.com

China het Suid-Afrika bedank nadat die land glo weer die Dalai Lama toegang na Suid-Afrika geweier het.

Nangsa Choedon, die Dalai Lama se verteenwoordiger in Suid-Afrika, het vroeër gesê beamptes van die departement van internasionale betrekkinge het hul kantoor verlede week geskakel om te sê dat die visum nie goedgekeur gaan word nie.

Dié geestelike leier van Tibet wou die 14de Wêreldberaad vir Nobelpryswenners bywoon.

“China toon groot waardering vir die ondersteuning van die Suid-Afrikaanse regering rakende kwessies oor China se soewereiniteit en territoriale integriteit,” het Qin Gang, woordvoerder van China se departement van buitelandse sake, gesê.

“Ons glo dat Suid-Afrika sal voortgaan om die posisie te handhaaf en sal voortgaan om China in hierdie verband te ondersteun.”

Die beraad vind volgende maand in Kaapstad plaas en word gereël deur ʼn plaaslike komitee namens die stigtings van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu, Nelson Mandela, FW de Klerk en Albert Luthuli gereël.

Die Dalai Lama het Suid-Afrika verskeie kere besoek na die afskaffing van apartheid.

“Ek is telefonies in kennis gestel dat hulle nie die visum gaan goedkeur nie, omrede dit die verhouding tussen China en Suid-Afrika sal beïnvloed,” het Choedon gesê.

China, wat die Dalai Lama daarvan beskuldig dat hy in die geheim veg vir Tibet se onafhanklikheid, gebruik gereeld sy ekonomiese en politieke invloed om ander regerings te dwing om nie in kontak te wees met die geestelike leier nie.

Beijing is Suid-Afrika se grootste handelsvennoot. Albei lande is ook deel van Brics.

“Die Dalai Lama is ‘n politieke banneling wat al lank betrokke is by aktiwiteite om China se soewereiniteit en integriteit te saboteer onder die dekmantel van godsdiens,” het Qin gesê.

Lees ook:
Dalai Lama se visum dalk wéér afgekeur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lanie ·

En die regering is soooo in China se gat in opgekruip dis om van siek te word ! Om elke hoek en draai is ‘n chinese winkel

PR mc Kay ·

Hulle blyk goeie tjomme te wees ,dieselfde geloof en alles, maar ek smaak vir Wong meer in oranje (straat laken het hom verlede somer geborg) Al wie kort hier is mister potato head en Nobel self , met n paar van sy aangesteekte kersies vir die geleentheid .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.