China se kontantinspuiting vir Eskom

V.l.n.r. Li Gang (adjunk-direkteur-generaal van China Development Bank), Yansong Rong, ambassade van die Volksrepubliek China, Eskom-voorsitter Zethembe Khoza en tussentydse uitvoerende hoof Johnny Dladla Foto: Siphelele Dludla / ANA

Eskom het Donderdag ʼn leningsooreenkoms van US$1,5 miljard (ongeveer R19,6 miljard) met die China Development Bank (CDB) aangegaan om die Medupi-kragaanleg in Limpopo te finansier.

Die leningsooreenkoms is onderteken deur Li Gang, adjunk-direkteur-generaal van die CDB, Yansong Rong van die ambassade van die Volksrepubliek China, en Eskom-raadsleierskap, insluitend voorsitter Zethembe Khoza, tussentydse uitvoerende hoof Johnny Dladla en hoof finansiële beampte Anoj Singh.

Singh het gesê Eskom se totale skuld sal na verwagting binne die volgende vyf jaar US$50 miljard haal. Hy het gesê die US$1,5 miljard semi-projek finansieringsfasiliteit vir Medupi is vir ʼn 15 jaar periode en word deur regeringswaarborge ondersteun.

Singh het ontken dat bestuurskwessies by Eskom dit vir die kragvoorsiener bemoeilik het om kapitaal van die Afrika-ontwikkelingsbank of die Brics-bank te bekom en dit dus gedwing is om finansiering in China te soek.

“Ons kapitale markte is baie deursigtig. Ek kan nie enige verband sien tussen bestuurskwessies en die koste van skuld of uitdagings om kapitaal te bekom nie,” het Singh bygevoeg. “Die lening bied aan ons die geleentheid om Eskom se finansieringsbronne te diversifiseer. Eskom het tot dusver 77% van hierdie finansiële jaar se finansiering bekom, insluitend kontantvloei. Ons bevestig dat ons die vereiste finansiering vir die jaar sal verseker.”

Hy het bygevoeg Eskom se likiditeitsvlakke en finansiële profiel sal steeds verbeter en stabiliseer. Hy wou egter nie bekend maak hoeveel rente Eskom op die lening sal betaal nie, en het gesê dit is as gevolg van ʼn vertroulikheidsklousule.

Dladla het gesê hulle is dankbaar om voortgesette samewerking te geniet wat hulle verlede jaar met die Chinese vennote begin het.

Prish Govender, algemene bestuurder vir kapitale versekeringsintegrasie en spesiale projekte, het gesê die Medupi en Kusile-kragstasies sal op skedule afgehandel wees en die verwagte begrotings van onderskeidelik R165 miljard en R141 miljard het nog nie verander nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Uiltjie ·

China? China? China? Hoekom China? Al goeie ding uit die Ooste was Die Wyse manne.

Justice ·

En raai wie moes borg teken vir die lening? Hier kom `n reserwefonds uitbetaling aan CDB na 15 jaar wat SAL se reddingsboei soos `n kerk donasie gaan laat lyk.

al ·

En so buig ons voor onse Guptas en Chinese base. Die ANC is te dom om te sien dat hul ook maar net-net verdra word, want ons land word leeggesuig!

Swartkat ·

Ek wonder of ons land dalk nie genoeg krag het nie. Publiek word aangemoedig om alternatiewe krag te gebruik soos sonkrag maar tot dusver is daar nie ‘n ooreenkoms dat surplus krag terug op die netwerk geplaas kan word nie. Verder moet eienaars wat hulle eie krag opwek nogsteeds die munisipaliteit basies heffings betaal vir beskikbaarheid of die eienaar sy eie krag gebruik of nie. Dieselfde geld vir eienaars wat water tanke installeer en wat hulle
reenwater suiwer en gebruik. Nieteenstaande die feit dat hulle nie munisipale water gebruik nie moet hulle nogsteeds heffings betaal vir beskikbaarheid.

Blom ·

Ja jong, dis hoe dit werk. As jy n leë erf besit, betaal jy vir jare vir beskikbaarheid van water/riool/elektr, plus “levies” as dit in n kompleks is.

christo ·

Ek het n gerug gehoor namibia het ook n paar jaar gelede geld by China geleen en n straf klosule in die kontrak was glo dat indien betalings nie op datum betaal word nie moet die land n sekere getal chinese verblyfreg in die land gee. Nou wonder ek net hoeveel meer chinese winkels gaan ontstaan in hierdie land die volgende 25 jaar i

Sell outs!!! ·

Ons is lankal uitverkoop aan China!!!!
Al die winkels se klere en produkte….”Made in China”.
KYK MAAR!!

Michael ·

Die chinese is besig om Afrika oor te neem bietjies vir bietjies

Johann ·

Is dit nie voortsetting van kolonialisme nie? Daar is mos nie ‘n winkel in die land waar daar nie Chinese produkte te koop is nie, selfs die Wildtuin en dan is daar in die Spar winkels ook Chinese grondbone, wat in Boksburg verpak word, te koop.

Bernard ·

En so gaan die Sjinese voort om die res van die wêreld in te neem en in te katrol. Al wat gaan gebeur is; ons skuld Sjina nou net meer en meer en daar gaan ‘n tyd kom wat Sjina net eenvoudig sy hand gaan uitsteek en sê “betaal boeta”. Wie gaan dan betaal, die belastingbetaler natuurlik.
Ek wonder net hoeveel van hierdie geld gaan regtig gebruik work om die voltooiing van die kragstasie te finansier en hoeveel van daardie geld gaan nou weer na mense se sakke toe. Dieselfde ou storie oor en oor en oor en oor!!!!!!!!!!!

Vermeende ·

As daar groei in SA is dan kan sulke uitgawes regverdig word maar is nie en nou is hierdie uitgawis aan gegaan om die verouderde netwerk reg te toor.
Wat het Eskom gedoen om geld te spaar, van 94 tot nou sy werksmag amper verdubbel in grote en sy kapasieteit amper halveer.

Eskom gaan ons nog dood maak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.