China skenk R1 miljoen vir KZN-vloede

Vloede in KwaZulu-Natal (April 2022) (Foto: Cogta/KZN)

Chen Xiaodong, die ambassadeur van die Volksrepubliek China in Suid-Afrika, het sy hartseer uitgespreek oor die lewensverlies in KwaZulu-Natal, die groot getal mense wat dakloos gelaat is en die enorme ekonomiese skade wat gely is tydens oorstromings in die provinsie.

Chen het sy meegevoel betuig met pres. Cyril Ramaphosa, die mense van Suid-Afrika en veral die families wat geliefdes aan die dood afgestaan het. Die Chinese ambassade het ook spoedige beterskap toegewens aan diegene wat beserings opgedoen het.

“Om ʼn betekenisvolle bydrae te lewer tot Suid-Afrika se voortgesette rampverligtingspogings, sal die Chinese ambassade Woensdag ʼn skenking van R1 miljoen aan die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, oorhandig,” het die ambassade in ʼn verklaring gesê.

Die Netcare-groep het intussen ook ʼn groot gemeenskapsopheffingsprojek van stapel gestuur vir die inwoners van KwaZulu-Natal wat deur die oorstromings geraak is. Lede van die publiek word versoek om komberse, blikkieskos en ander niebederfbare produkte, bottelwater, sanitêre produkte, babaluiers en warm klere te skenk. Dié items kan by enige Netcare-hospitaal, Netcare 911-basis, Netcare Medicross, Netcare Prime Cure of Netcare Akeso-fasiliteit afgelaai word.

“Kom ons werk saam om die mense van KwaZulu-Natal te ondersteun,” sê Mande Toubkin, algemene bestuurder vir nood, trauma, oorplanting en korporatiewe maatskaplike belegging by Netcare. “Die Netcare-stigting het die bal aan die rol gesit met 400 komberse. Die behoefte in KwaZulu-Natal is egter baie groot en ons moet gou spring om so vinnig as moontlik hulp te verleen aan diegene wat dit benodig.”

Toubkin het haar meegevoel betuig met elkeen wat geliefdes aan die dood afgestaan het, diegene wat nou dakloos is en diegene wat die klein bietjie wat hulle gehad het, verloor het. “Ons dink aan die pyn en lyding wat hulle deurmaak. Ons is met hulle in hart en siel. Ons dink aan en bid vir julle in hierdie moeilike tyd. Ons is, soos altyd, hier om julle in dié krisis te ondersteun.”

Sy sê Netcare sal landswyd die skenkings insamel en seker maak dat dit versprei word aan gemeenskappe in die vloedgeteisterde gebiede. “As elkeen net een kombers, een blikkie kos en ʼn bottel water kan skenk, sal dit ʼn reuseverskil maak vir die mense van KwaZulu-Natal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Henk ·

Genade, so baie?! Kan hul dit bekostig? Die ANC regering was darem bereid om R50 miljoen aan Kuba te skenk …

Chris dupreez ·

Wonder of dit nie 100 miljoen moet wees en 99 miljoen is klaar weg.

piet ·

Wel dis beter as niks. Is dit nie moeilik om altyd so verskriklik negatief te wees nie?

Snowball ·

Hulle het seker ook teen die tyd geleer dit eindig nie op by die slagoffers nie, maar wel in die honourable members se vetbesmeerde palms.

Chris dupreez ·

Dit kan net so wel lees ,, China skenk 1Miljoen aan anc kaders.

Hein ·

Dis maar R$ 71 000us. Gebruik nou daai R50 000000 wat julle vir Cuba wou gee om die mense te help

LANA is ELANè ·

Ñ geskenk in China, in ruil vir wat?
Hulle doen niks as daar nie iets vir hulle, wat China is, daarin is nie.
Onbetroubare donasie, wat beslis nie ñ donasie is nie!

Manie ·

China is nie die muishond wat die VSA loop en verkondig nie. Hoeveel het die VSA geskenk??? Niks.

piet ·

Dis ‘n skenking wat beteken dis verniet, pasella, niks in ruil nie. Sou jy eerder wil he daar moet niks geskenk word deur niemand nie? Dis seker weer omdat die befondsing grootliks benodig word deur arm swartes dat sommige Afrikaners weer ‘n probleempie het…

Lillian ·

Hoekom? Omdat hul reeds ‘n vinger in daai “pie” ook het?

Danny ·

Wonder wat SA in die stilte, onder die tafel afstaan vir die kamtige ‘skenking’. Stilweg gee die regering ons land se minerale, myne, hawens, ens weg…. Pasop – wakker slaap!!

VaalDonkie ·

Discovery gaan seker “help” deur almal te forseer om die 2020 COVID-inspuiting te vat.

Jr ·

Gun skenking. Sal een of ander tyd op n manier moet terugbetaal word bv om saam met China te stem in een of ander manier. Skenking my voet

Dawid ·

Die 1mil is vir “BRIBE” om tender te kry vir herstelwerk waar hulle weer miljoene kan skep. Wonder soms of hulle dink dat ons netso stupid/dom is soos hulle.

Dries ·

Kommunis help kommunis. Hulle gaan ons net soos die hele Afrika nog oorneem

MakersMark ·

Die kaders sal dit laat verdwyn soos mis voor die son.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.