Chinees vas vir perlemoen, gekaapte voertuig

Foto: Verskaf.

Die polisie in Kaapstad het Woensdag ʼn Chinese inwoner in hegtenis geneem en beslag gelê op ʼn gesteelde voertuig wat met duisende eenhede perlemoen gevul was.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die man, in sy 20’s, is vasgetrek op aanklag van die besit van ʼn gesteelde voertuig asook die besit van 4 297 eenhede perlemoen.

“Lede van die blitspatrollie het ʼn verdagte Hyundai i20 in Koebergweg gewaar en dit laat stilhou om te deursoek. Danksy die ondersoek is vasgestel dat die voertuig vroeër vandeesmaand in Mfuleni gekaap is. Die perlemoen het ʼn beraamde straatwaarde van R250 000.”

Die verdagte sal volgens Traut binnekort in die hof verskyn.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alida ·

Stuur hom terug van waar hy vandaan kom of stop hom in die tronk.

Mrs.B ·

Dit is nie net een persoon wat agter dit sit nie. Hy is tien teen een net die “drywer”

Sê maar net ·

Jy’s heeltemal reg Mrs B, dalk net die drywer. Ek weet van mense wat perlemoen duik en niks word aan hulle gedoen nie, want hulle wil eintlik die ‘groot base’ vang. Die drywers, duikers en skoonmakers is maar aan die onderpunt van hierdie groot bose ketting. Ek wens hulle kan ‘n plan maak met almal. Want as daar nie duikers is nie, dan sal dit ook die proses vertraag, net soos as daar nie drywers is nie. So komaan polisiemanne, Valke, doen ‘n slag iets aan die onderkant van die ketting.

Riaan ·

Hy gaan nou weer loskom op die perlemoen klagte.Sal net se die perlemoen was alreeds in die voertuig.

Potlood ·

Hoekom noem hulle die Chinees op sy ras maar nie die res in ander artikels nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.