Chinees verdrink in Hermanus

Die ou hawe is stapafstand van die Windsor-hotel af Foto: wetu.com

Die ou hawe is stapafstand van die Windsor-hotel af Foto: wetu.com

ʼn 24-jarige man het Maandag in Hermanus verdrink nadat hy van die rotse af geslaan is, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

“Die Chinese man is deur systrome tussen Windsor-hotel en die ou hawe meegesleur,” het Craig Lambinon, woordvoerder vir die NSRI, gesê.

Ooggetuies het hulp ontbied, maar die man is op die toneel dood verklaar na verskeie onsuksesvolle pogings om hom by te bring.

Sy familie word deur die polisie en die departement van internasionale betrekkinge ondersteun en hulle ontvang ook konsulêre bystand.

Die polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen.

‘n Man van Potchefstroom het Sondag vier mense van verdrinking gered nadat hulle op die rotse voor die Windsor-hotel in Hermanus af geslaan is. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.