Chinese lanterns hou reddingswerkers besig

Foto: Via NSRI

Foto: Via NSRI

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ʼn beroep op die publiek en vakansiegangers gedoen om nie Chinese lanterns die lug in te stuur nie, aangesien die instituut dit verkeerdelik as ʼn noodgeval kan beskou.

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het gesê buiten die feit dat Chinese lanterns ʼn brandgevaar inhou, veral in die huidige droë toestande, word die lanterns gereeld vir rooi noodfakkels aangesien.

“Die NSRI het al verskeie kere gereageer nadat die publiek ʼn noodfakkel aangemeld het en dan was dit eintlik ʼn Chinese lantern,” het hy gesê.

Hy het gesê elke keer as ʼn ooggetuie langs die kuslyn ʼn noodfakkel aanmeld, stuur die nooddienste dadelik ʼn soek-en-reddingsoperasie van stapel.

“Self al is dit vermoedelik ʼn Chinese lantern, sal die operasie voortduur totdat daar bevestig kan word dat geen persoon of seevaartuig in die moeilikheid is nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Buitestander ·

Dit is ‘n moeilike ding om almal te vrede testel. Wat vir een ‘n plesier is is vir die ander teen des aanstoots.
Hoe bevredig jy almal se behoeftes bevredig.

Diana ·

Dis waar wat jy sê maar mense moet besef dat dit sleg is vir diere ook, bv uile. Jou plesier kan nie swaarder weeg as die veiligheid van diere en die vinnige reaksie vir iemand wat dalk in die moeilikheid is nie. Lanterens en vuurwerke moet verbied word……….

Jan koos willemse ·

Mens kan sekerlik beter goed doen vir mens se plesier. Die lanterns trek ver en land dan wie weet waar en brand ‘n huis of veld af. Net sodat iemand dit kon aansteek en kon dophou vir ‘n minuut of so?

PC ·

Ek lees in die “Community Fire Safety By-Laws” die volgende –

“Flame-emitting device:
A person may not cause or permit a flame-emitting device, such as a candle, lantern or torch, but not limited thereto, to be used in a manner which is likely to create a fire hazard or other threatening danger.”

By interpretasie, wil dit voorkom of die “Chinese Lanterns” nie eintlik wettig is nie?? Kyk, die idee is mooi en tog iets om te aanskou as menige van die in die lug op gestuur word, en maak goed soos ‘n troue of nuwe jaar iets spesiaal, maar ek moet sê, dis nie eintlik iets in ‘n mens se beheer waar die goed sal opeindig nie. “What goes up, must come down”, en die probleem is, val dit in ‘n droë veld of op ‘n gras-dak, kan daar moontlik ‘n brand ontstaan. Wat dan??? Oops??

Behalwe dit, wat van die oorblywende vervalle stukke “rommel”? Daar is al gevalle gemeld waar klein diere in die tipe rommel vasgevang was of die goed probeer eet…

Nee wat mense, dink logies… Is die 15 minute se mooi die moontlike skade werd…??

Ek sê maar net…

Hendrik ·

waar kry mense nou weer die goed wat baie meer geld kos as om dit te koop en mee te speel. mense se lewens kan hiervan afhang. WAAR IS MENSE SE VERANTWOORDELIKEID.B

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.