Chinese maatskappye belê R116 miljard in SA

Jackson Mthembu.
(Foto: Sibonelo Ngcobo/African News Agency/ANA)

Die Suid-Afrikaanse regering het Donderdag die toenemende handel- en ekonomiese betrekkinge met die Volksrepubliek China geloof. Minstens 88 Chinese maatskappye het groot beleggings gemaak in die land se ekonomie.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het tydens ʼn perskonferensie gesê die groeiende handelsverhouding tussen Beijing en Pretoria het daartoe gelei dat Chinese maatskappye sedert 2003 kapitale beleggings van ongeveer R116 miljard in Suid-Afrika gemaak het.

“Tussen Januarie 2003 en Augustus 2019 het altesaam 26 Suid-Afrikaanse maatskappye in China belê, met ʼn kapitale uitgawe van R88 miljard. Altesaam 88 Chinese maatskappye het oor dieselfde periode in Suid-Afrika ongeveer R116 miljard belê,” het hy gesê.

Adjunkpres. David Mabuza is tans op ʼn werksbesoek in die Volksrepubliek China, waar hy medevoorsitter sal wees tydens die sewende Suid-Afrika/China Binasionale Kommissie (BNC).

“Die Suid-Afrika/China BNC is in 2002 op die been gebring om as ʼn strategiese platform te dien om kwessies van gesamentlike belang aan te roer soos handelspromosies en ekonomiese handel,” het Mthembu bygevoeg.

“Die kabinet verwelkom die ondertekening van die strategiese samewerkingsooreenkoms tussen Suid-Afrikaans Toerisme en die Chinese maatskappy Tencent, wat die kommunikasieplatform WeChat besit. Dié tweejaarooreenkoms bied aan Suid-Afrika direkte toegang tot miljoene voornemende Chinese reisigers (sakereise en privaat reise), om die land te bemark as ʼn bestemming.”

Hy het gesê Suid-Afrika het ten doel om besoeke van internasionale toeriste teen 2030 te verdubbel van 10,4 miljoen tot 21 miljoen.

Die kabinet verwelkom ook die departement van basiese onderwys se bemagtigingsinisiatief vir skoolbestuurders, in samewerking met die regering van China, waar 25 skoolhoofde beste praktyke in die skoolomgewing met hul Chinese eweknieë in Sjanghai deel en uitruil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

jennefer ·

Reg, die toeriste kan sommer hul eie renosterhoring kom uitsoek tydens vakansie.

humor ·

Dashy, hulle het nog so onlangs gevegte gehad oor die vorige landsvlag. Nie lank nie dan wapper daar n gans ander vlag oor n gewese SA. Wonder wat die nuwe naam sal wees.

MCS ·

So word SA weg gegee aan die Chinese. Wel gedaan ANC. Een van die dae sal daar nie plek vir enige Suid Afrikaner in SA wees nie want die Chinese sal in oorvloed die land inval.

Chris du preez ·

Ek was in std 8 in 1970 toe ons geskiedenis onderwyser vir ons klas gesê het ” die kommuniste en die anti chris gaan nog hierdie land oorvat. Ons het nie eers geweet wat dit beteken nie en hy het ons baie mooi verduidelilk. Dit het my verskriklik geinteresseer en ek onthou dit nou nog.

AmY ·

Jip, en die Chinese gaan hulle eie politieke partye stig, en die land oorneem.
Wie weet, dalk gaan ons beter af wees?

Danie van Rensburg ·

Dalk is dit n ligpunt, China besit omtrent Afrika, hul regering mag dalk die krag aanhou ens

Wet ·

Nogsteeds tragies as mens dink aan die geskiedenis. Voortrekkers se pad na die binneland, anglo boere oorlog en net om alles stadig weg te gee aan kommunisme.

Dries du Toit ·

Enigiets is beter as die ANC. Laat hulle kom. Hierdie land is lankal nie meer ons sn nie

Tiger ·

Ek dink die Chinese is beter as die ANC !Hulle is tenminste gedisiplineerd in als wat hulle aanpak.

Stan ·

Totdat jy jou vryheid moet prys gee. Moet asb nie naief wees nie. Kyk wat gebeur in Hong Kong.

Dries du Toit ·

Die Chinese wil nie vir Hong Kong hulle onafhanklikheid gee nie. Dalk sal hulle ons gee

Sdl ·

En voer 2.3% ???? nou nie seker persentasie gewys nie. Min of meer. Feit bly staan. Mens vleis uit na china. Gaan google dit….

Stephan ·

Gaan vind eers meer uit oor die Chinese, alvorens jy dink hulle is die Alfa en die Omega, en hulle so ophemel.

Dennis ·

China is besig om die hele Afrika oor te neem. Hulle is doenig orals. Hulle ‘belê’ oral. Kyk maar na Uganda ook. Hulle land is te klein en besoedeling te erg, nou kom hulle Afrika oorneem. En die Afrika leiers is te bly iemand wil in hulle belê. So word Afrika stuk-stuk verkoop. En ja, ek stem, ek het nog nie een Chinees hier in SA raakgeloop wat mooi met ‘n swart persoon gepraat het nie. Hulle verskree hulle en betaal die wat vir hulle werk nie baie goed nie. Cheap labour. Wel, dis wat deur paar swart mense vir ons vertel is. Hulle kla oor die behandeling. Imagine hulle raak ons nuwe leiers en kom met allerhande siek reëls soos wat op hul eie mense toegepas word. Hoeveel te meer nie op vreemde volk nie?

Alida ·

So word SA verkoop. Our people sal nie toelaat dat hulle hul eie werkers bring nie
Oo nee hier kom n ding.

Wielspore ·

Hierdie is niks anders as ekonomiese terrorisme, jy kan ‘n land met ‘n wapen oorneem of jy kan ‘n land ekonomies oorneem. Moderne terrorisme.

GB ·

Jy slaan die spyker op sy kop, Wielspore. Boonop is dit goedkoper om ‘n land se ekonomie oor te neem as wat dit is om hom met jou weermag aan te val. En met alles wat verval in SA plus die boere wat sukkel onder droogtes ens. het die Chinese nou ‘n gulde geleentheid om hul seekatarms oral in te druk. Binnekort is al die produkte op ons winkelrakke, insluitend vleis en groente, van China ingevoer. En wanneer ons niks meer vir onsself kan produseer nie en heeltemal afhanklik is van China, dan kan hulle die reels begin maak….

jaco ·

kan china nie maar sommer heeltemal oorvat nie? hulle sal nou wel bietjie teen die ware christene diskrimineer, maar dis n baie Klein opoffering of “prys” om te betaal in ruil vir n land wat dan SONDER die volgende sal wees:
beurtkrag
stakings
swak dienslewering
misdaad waaraan NIKS gedoen word nie
en en en
Onthou tog ook, China pas die doodstraf toe; nie net vir moord nie, maar ook poging tot moord, dwelmhandel en verkragting.
So die hele Chinese stelsel in SA sal uiteindelik heel voordelig vir SA wees.

Shawn ·

Die chinese is nie lui nie,hulle werk hard en finnig,en hulle het baie sterk weermag wat nie meer al die optogte gaan duld nie. En hulle sal ook wanner hulle die land oor vat die dood straf in bring. Fantasties gaan dit wees.

Hennie ·

Die ANC, EFF en hul aanhangers huil oor kolonialisme, hulle gaan baie meer huil onder die kommuniste.

tanya ·

Ja Suid Afrika leen geld dit is mos lekee . Kom ons sien wie gaan ons vat.RUSLANS OF JAPAN. Wat hst julle gedink gaan gsbeur julle al so dup in skuld dat julle nooit uit daai skuld kan kom nie. SUI DAFRIKA was n land sonder skuld . Nou skuld ons die land aan n ander land. Wat het julle gedink gaan gebeur. Vra maar net

Leon ·

Rusland gaan nie hêppie wees nie. Hy het lankal probeer om die land oor te vat.Rusland het juis die ANC, PAC en SAKP gesteun sodat hy die and kon kry. Raai wat, toe wen die Sjinese.
Hulle vra nie rente nie. Hulle vra jou minerale en industrieë en hulpbronne. Brittanje en die VSA gaan kwaad wees want hulle behandel Suid Afrika nog steeds soos ‘n Britse kolonie.
Hahaha hiehiehie.

Kraaibakke ·

Solank die miljarde net vir die regte kanale bedoel word en reg aangewend word ,nie vir die laaaaang vingers en diep sakke nie ,kyk maar mooi geld brand .

L j ·

Hier die sien ek as die ANC se wantroue in ons Suidafrikaaners, en hul onderwys stelsel. Ons het die mense om die land reg te ruk. ANC seek julle trots in julle sak en gebruik die kennis van mense wat weet hoe. Vergeet van China

piper ·

die groot vragmotorfabriek by port elizabeth lyk my het nog niks gelewer nie. dit lyk vir my daar gaan niks aan nie.

Stella Berning ·

Hulle het lankal begin om groter en groter belang in ander lande te vestig. Ek stem saam mer Taal se aanmerking, leer solank mandarins.

Anoniem ·

Ja en voor ons ons oe uitvee behoort Suid Afrika aan die Chinese. Ons gaan vlugtelinge in ons eie land word. So verkoop hulle ons land stukkie vir stukkie aan die chinese. Wanneer die poppo die fan slaan is die hoe geplaasde van die anc eerste uit met hulle privaat vliegtuie.

Johan ·

Die beleggings is wonderlik. Ons moet net versigtig wees vir hulle. Ons kan dalk terugbetaal met ons hele land. Hulle belê nie as hulle nie n agenda het nie.

dave ·

daai land gan n beter kaans he om die land te koop en reg te ruk wand hulle sit al al die jaare geld hier in kyk maar china gan SA oorvat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.