Chinese open nie ‘eie polisiekantore’ nie

Die 13de Chinese gemeenskaps-en-polisiesamewerkingsentrum is onlangs in Port Elizabeth geopen. Foto: SAPD

ʼn Zambiese koerant berig Chinese is besig om “hul eie polisiekantore” in Suid-Afrika oop te maak waar hulle plaaslike polisiebeamptes leer om “Chinees” te praat.

Die Zambian Observer verdink die Chinese gemeenskap daarvan dat dit nog ʼn stap is om Suid-Afrika te “koloniseer”.

Maar kol. Priscilla Naidu, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, het die afgelope week gesê die doel van die Chinese gemeenskaps-en-polisiesamewerkingsentrum, waarvan die 13de een landwyd pas in Port Elizabeth oopgemaak het, is om die polisie te ondersteun en om beamptes en die Chinese mense in Suid-Afrika aan moedig om nouer saam te werk om veiliger gemeenskappe te verseker.

Lt.genl. Liziwe  Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het in haar rede tydens die opening van die Baaise sentrum haar dank aan die Chinese leierskap in die Oos-Kaap betuig. “Met die verhouding tussen Suid-Afrika en China wat ál sterker en dieper word, het die SAPD daarby baat gevind om die bestaande verhouding tussen die polisie en Chinese gemeenskap verder te verbeter.”

Sy het gesê die verhouding het ook uitdrukking gevind in opvoedingsprogramme waarby polisielede betrokke is. “Ek wens die Chinese gemeenskap geluk met dié edele projek in die provinsie en in Port Elizabeth se polisiegroeperings.”

YU Yuan van die Chinese ambassade in Pretoria, het in sy toespraak gesê die Chinese gemeenskap sal modelburgers wees wat die wette van Suid-Afrika sal gehoorsaam.

Die opening is afgesluit met gevegskunsdemonstrasies en draakdanse, waarna Chinese geregte voorgesit is.

Die nuustydskrif Noseweek het reeds ses jaar gelede berig in die voorafgaande vyf jaar, van 2007 tot 2012, het meer as 6 000 Chinese winkels dwarsdeur Suid-Afrika oopgemaak.

“Die meeste Suid-Afrikaners beskou dit as net nóg ʼn klomp dapper, ywerige immigrante wat ons land se multikulturele, multi-etniese samelewing verder kom verryk” het Noseweek daardie tyd geskryf.

Maar destyds het ʼn amptenaar van die SAID geraam 40-50% van die Chinese handelaars is nie vir belasting geregistreer nie en die meeste dryf net handel in kontant om registrasie te vermy. Omdat hulle nie geregistreer is nie, steur hulle hulle ook nie aan arbeidswetgewing nie.

Noseweek het berig dat die Chinese gemeenskap in 1994 niks meer as 20 000 getel het nie. Omstreeks 2005 het dit tot 200 000 toegeneem en teen 2012 tot meer as 400 000. Hoeveel dit vandag is, is onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

bgj van der westhuizen ·

wat maak die chineese burgers hier as hulle nie kan engels praat nie

wraggies ·

Model burgers wat gedurig betrokke is by stropery en ander onwettige praktyke.

Werner ·

Hulle is besig om Afrika sowel as Suid Afrika te koloniseer

Chris ·

Suid Afrika is mos maar n provinsie van China en dit is niks meer as reg dat hulle polisie kantore oprig nie. Die chinese wet en orde reg sal seker in die nabye toekoms hier ingestel word

Marius ·

Hulle hoef nie want hulle werk vir mekaar is BBEEE gereed en weet hoe werk ons geld so maklik soos dit lewe in hulle eie wereld.

Michael ·

dit is reg so laat hulle die polisie kantore oop maak want die S A polisie betekin in elk geval niks nie.

toy ·

Nie in my wildste drome sou ek gedink het so iets sal in SA gebeur nie. So kry hulle ‘n voet in die deur.

Tokkolos ·

??????
Eina hoe seer is my maag gelag
Ek lag liewers want sonie gaan ek huil
Regtig

Katerina ·

Ek wens China wil Suid Afrika net eenvoudig oorvat. Hierdie land is reeds verlore. Chinese regering kan nie erger wees nie as die patetiese bedenklike bose gemors wat ons nou het.

Judge Dredd ·

Nou maar dan kan die Afrikaners sekerlik aandring op Afrikaner polisie kantore ook om ons gemeenskap te beveilig.

jean ·

‘n Rokie?….ons is in elk geval so vrot van die skuld by hulle…ek neem hulle nie kwalik nie. Toename is wêreldwyd…..ek beter Manderyns leer praat

Lana ·

Van voorvader geeste tot draakdanse. Hoe gesond kan dié besigheid wees?

Henk ·

Kan ek julle herinner daaraan dat Siener van Rensburg ons teen onder andere die inval van hierdie kommuniste gewaarsku het?

Christo ·

Vergeet van ou siener…. alles staan in Die Bybel. Lees liewer jou Bybel om die ware inligting te kry.

Chrisjan ·

ANC kritiseer Orania. Nou wat is hierdie projekte anders as selfbeskikking?

Johann ·

Daars n ssssjinese sssssslang in die bosssssveld grassssss. Ssssssider om te dink wat ZUMA en sy trawante in hul Afrika sotlikheid belowe het om die klomp hier te kan kom vestig?

Manie ·

Die Chinese en Indiërs het die anc nou al behoorlik op hulle neuse laat kyk. Die probleem is die mense is baie meer uitgeslape as die plaaslike bevolking

Frans ·

“Teoretiese” toename vanaf 1994 tot 2005 (7 jaar) = 180000
“Teoretiese toename vanaf 2005 tot 2012 (7 jaar) = 400000 ( meer as dubbel)
“Teoretiese” toename vanaf 2012 tot 2019 = 800000 (AS hulle getal net verdubbel, maar ek dink daar is BAIE meer as wat statistiek beweer!).
Daar word ook gesê dat BAIE nie vir belasting geregistreer is nie EN DAARMEE HET SARS GEEN PROBLEME NIE? Hoe dan nou?
Maar laat ONS belastingopgawe net laat ingedien word, dreig SARS dat ons met duisende rande beboet gaan word of selfs tronkstraf kan kry.
Beskou die regering Chinese dan belangriker as ons SA burgers wat belasting MOET betaal en by SARS moet registreer as ons ‘n besigheid het?
Die Chinese het ‘n belastingvoordeel wat SA burgers nie het nie.
“GOEIE” verhoudinge moet seker met China behou word WANT geld word mos by hulle “geleen”!
…Wonder maar net…..??

Bocalier ·

Dalk kom die doodstraf terug met die Chinese se hulp, net met ‘n stuk lood waarvoor die familie moet betaal

Zelda ·

Dit sal net op ons toegepas word…. so asb hou op om vir iets te wens wat net nog ons nadeel sal word.

Estelle ·

SA is lankal aan die Sjinese verkwansel. Maar ek wonder hoeveel van die mense wat nou ñ kabaal opskop hieroor hardloop pligsgetrou by die “China shoppies” in vir die nuutste en grootste “winskopies”. Bank maar jou geldjies by die Sjinese winkeltjies, ondersteun hulle… jy is armlastig belas deur die regering en die Sjinese lag al die pad bank toe(of onder die katel in) en het ñ vrypas om SARS oor te slaan.

Jeremia ·

So klompie jaar gelede is gesê dat Chinese as swart geklassifiseer is. En of dit dan nou net diegene sou wees wat hier gebore is vóór ‘n sekere tyd die kan ek nie meer onthou nie.
Dit kan verseker dalk op Google opgespoor word.
Waarskynlik sal die lyne van onderskeid t.o.v. geboorteplek en jaartal buitendien vervaag en dan is alle geles skielik swart.
En ja, eerstens lees ons die Bybel en dan gaan lees ons sommer weer ook wat die Boere-profeet voorspel het.
Prof. Andries Raath het ‘n baie deeglik nagevorste boek oor Siener geskryf.
Opvallend in die navorsing is dat almal wat hom geken het, bevestig het dat hy ‘n diep gelowige man was.
Nog ‘n uitstaande kenmerk is dat so baie van sy gesigte bewaarheid is.
Siener kan eenvoudig nie net “vergeet” word nie. Hy het hierdie “mishoop” in die land voorspel waartydens dinge so donker sal word dat jy nie jou hand voor jou oë sal kan sien nie.
Toegegee, Siener se beeldspraak uit sy leefwêreld en presiese toekomstige tyd wanneer iets sal plaasvind, is soms problematies.
En dan die voorspelling met die voorwaarde: ” indien ons ‘n gelowige volk bly dan ……”
En hy het die koms van hierdie mense voorspel. Indien sy beeldspraak reg verstaan word, verwys dit waarskynlik na Oosterlinge. Die ou mode van Chinese om “pig tails” te dra verwys dalk na hierdie mense met lang hare wat volgens Siener hier sou aankom.

Waarheid ·

Christo die enigste boek wat Siener gelees het was die Bybel.Dit is daar waar hy sy info gekry het
Jammer so min mense besef dit.
Die rooi gevaar is een van die uitdagings wat ons sal moet trotseer.

Marius ·

Nou toe nou – ‘n ander land(China) open in SA(soewereine onafhanklike land) sy polisiering sentrums onder die dekmantel van gemeenskapsveiligheid. Chinese beamptes lei SA beamptes(lees konstabels) op. Jammer om te sê maar die skrif is nou baie ernstig aan die muur. Die Zambiese koerant het dit uitgepluis, omrede in Zambie presies dieselfde gebeur het, maar geen SA koerant het melding gemaak hiwrvan behalwe Maroelamedia nie. SA is deel vd BRICS lande, maar Brasilie sal na hul verkiesing dit verlaat omrede hulle ‘n progressiewe regsgesinde nie-sosialis gekies het as staatsleier. Bg Chinese betrokkenheid is deel van hul wereldwye “sagte” inpalm beleid soos wat in Afrika en elders gebeur. Hier in Australie is daar ernstige bekommernis oor die Chinese se Pasifiese uitbreiding.

Perd ·

CR het SA verkoop aan die Chinese….en daarom sal hulle nou ons land…ek bedoel hulle nuwe tuise saggies dog dringend kom bewoon

Stephen ·

Dan is dit seker reg as die Indiërs en Al die mense van ander lande ook so maak of hoe?? Wat van so paar vir elke land in Afrika?? Hulle lieg en klaar!!!

Nikita ·

As hulle se die 13de Chinese gemeenskap-en-samewerkingsentrum is in PE geopen, dan wonder ek nou waar is die ander 12 dan…as iemand kan uithelp?

Christo ·

Die Chinese invoere voldoen nie aan die SABS se regulasies nie ( nie dat die SABS deesdae enige iets beteken nie), byvoorbeeld die gom deur kinders ‘gerook’ word is uiters verslawend. Of die SAID enigsins sal toeslaan op die winkels kan bevraagteken word aangesien daar dalk opdrag van bo is dat hulle alleen gelaat moet word. Gewone Suid-Afrikaanse winkeleienaars kan nie met die winkels op gelyke voet kompiteer nie a.g.v. die beskerming wat hulle geniet van die regering.

Christa ·

Gister op MM gelees dat daar sowat 1000 luiperds per jaar in SA uitgewis word. Chinese regering het nou toestemming verleen dat gedroogde luiperd-beendere gebruik mag word om sekere onbeholpe manlike knape in hul katelsake ‘n hupstoot te gee. My gewone boere-common sense sê vir my hierdie “polisie-hulp” is om sulke onwettighede te verdoesel en sulke “uitvoerprodukte” met kortpaaie direk tot in China te help. Skrikwekkend!

Andre ·

Een oggend word ons wakker dan het ons n nuwe Chinese regering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.