Chinese vistreilers in SA water beboet

(Foto: pixabay)

Ses Chinese vistreilers is teruggehou en beboet nadat hulle Suid-Afrikaanse water onwettig binnegevaar het, het die departement van omgewingsake, bosbou en visserye gesê.

Die skepe is opgemerk toe hulle die Suid-Afrikaanse Eksklusiewe Ekonomiese Sone (EEZ) reeds vroeg in April binnegekom het. Die Namibiese owerhede het hulle vroeër beveel om Namibiese water te verlaat.

Die patrollieboot Sarah Baartman het die vaartuie langs die Kaapse Weskus onderskep en beveel om buite die Kaapse hawe te wag. Die Chinese ambassade het daarna ʼn diplomatieke nota gestuur waarin hy vra dat die skepe toegang tot die hawe kry sodat hulle daar teen gure weer kon skuil.

Volgens die departement is die skepe geïnspekteer en geen vis is aan boord gevind nie. Alle visgerei was ook behoorlik gestoor.

“Al die vaartuie is beboet omdat hulle Suid-Afrikaanse water sonder toestemming binnegevaar het,” het die departement gesê.

Nadat die boetes betaal is, is die ses vistreilers toegelaat om te vertrek. Hulle is dopgehou terwyl hulle Suid-Afrikaanse gebied begin verlaat het.

Naby Port Elizabeth het die bemanning weens gure weer wéér gevra of hulle dié keer by die hawe in Algoabaai mag aandoen. Hulle versoek is toegestaan en hulle het in die vroeë oggendure van 20 April Suid-Afrikaanse gebied verlaat. Daar was geen aanduidings dat hulle by onwettige bedrywighede betrokke was nie, het die departement gesê.

Verskeie spanne is tydens die staat van landwye afsondering langs Suid-Afrika se kus en ter see ontplooi om die land se mariene hulpbronne te beskerm.

Die departement het ook ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om enige verdagte bedrywighede of omgewingsverwante misdade by 0800 205 005 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Niklaas ·

Deesdae is dit nogal moeilik om daardie mense te vertrou en hul verklarings te glo.

Cherokee ·

Vistreilers vanaf Sjina na Suid Wes en daarna na Suid Afrika om vis te vang? Is hulle vanaf Chinatown in Johannesburg of Sjina? Wat ‘n allemintige vaart om vis te vang… byna ½ pad om die aardbol.

Sobymykoolkop ·

Sal die mense wat meer op die bôl is my asb dan leiding gee? Wat was die doel van hulle besoek dan? 6 Chinese vistreilers in SA waters. Kan ons dan aanneem hulle het verdwaal of was dit dalk welwillendheid om te kom kyk of hulle toekomstige land al die see verkeer kan hanteer of dalk plein kom kyk hoeveel seelewe kan hulle nog kom stroop?

Eerlik ·

Hulle sal nooit ophou stroop nie, Australie is nou so op en wakker langs hulle kuslyn, dink SA is volgende teiken vir haai vin.

Jaco ·

Hoekom word hulle beboet? China is dan SA se groot vriend. Iets maak nie sin nie.

Fedup ·

This country is in lockdown. No boats, trailers or planes are suppose to enter or leave this country accept for expats. Did the chinese come and visit their friends again?

Boortor ·

Ons kan nie nou bekostig om hulle te vang nie. Onthou die regering moet binnekort by hulle gaan bakhand staan vir geld. Paar duisend ton vis is seker verskoonbaar in ruil vir vyf triljoen dollars. Ons kan selfs nog n paar steenkool myne en SAL by gooi so in die verbygaan.

Anel ·

En hoeveel is hulle beboet? 10 sent, want onthou ons het mos baie geld by hulle gekry. Seker ook vir hulle gesê dat ons baie jammer is dat ons hulle gevang het maar ons moet die skyn behou.

Kruger ·

Hoekom beboet as hulle leeg is? Die moederskip le in internasionale waters wat hulle vangste opneem. Daai selfde skippies is tussen George en Margate opgemerk. Ek was 6jaar in Mosambiek en het daar gesien hoe verwoes hulle alles. Al hoe hulle gekeer word is om die skippies te sink, boetes ople en deporteer. Ongelukkig is hulle ons boeties…..

Wilma ·

Hulle moet net bote konfiskeer en verkoop die bood as skroot metaal vir die nog kos pakkies/huise ens vir die hongermense. Hulle is mos nou al gewaarsku.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.