Chirurg tydens huisroof doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Bekende neurochirurg is Maandag in die vroeë oggendure in sy huis in Kimberley in die Noord-Kaap doodgeskiet.

Kol. Mohale Ramatseba, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê dr. Mohammed Lateef (53) is in sy huis in Hugostraat in Monumenthoogte doodgeskiet nadat rowers hom en sy vrou oorval het. Sy vrou is vasgebind.

Lateef is op die toneel dood verklaar. “Dit is in dié stadium nog onbekend hoeveel rowers betrokke was by die voorval,” het Ramatseba verduidelik. Drie selfone, ʼn tabletrekenaar en ʼn skootrekenaar is tydens die voorval gesteel.

“Ons kan nie in dié stadium die presiese omstandighede rondom die voorval bekend maak nie aangesien die ondersoek nog voortduur,” het Ramatseba gesê. Sake van roof en moord word ondersoek.

Lebogang Motlhaping, Noord-Kaapse LUR vir gesondheid, het hom ten sterkste uitgespreek oor dié voorval. “Motlhaping is kwaad en geskok oor die dood van ʼn mediese dokter wat in die neurochirurgie-veld gepraktiseer het by die Kimberley-staatshospitaal,” het Lebogang Majaha, Motlhaping se woordvoerder, gesê.

“Die LUR maan die polisie om spoedig te reageer om te verseker dat skuldiges aan die pen ry.” Motlhaping sal die Lateef-familie later besoek om sy meegevoel met hulle te betoon.

Die polisie het gevra dat enigiemand met inligting oor die voorval ao. Pamela Mafaro bel by 082 331 4712.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

AL ·

Wat gaan hierdie lamlendige regering aan die wetteloosheid doen?!

Afrikaanse Knaap ·

Niks.
Hulle het daai ongenadiglik duur geen waarde vir geld kan net ras tel vloek in die publiek praat te veel doen niks vlieg die wêreld vol met my belasting geld knaap aangestel om ons te beskerm.
Maak seker jou muur is hoog en deursigtig, jou wagte is wakker, jou staal deure en rame is sterk, jou alarm is nie deur ‘n groot maatskappy ingesit nie en dat jy ‘n krag opwekker het vir jou elektriese omheining. Dan mag jy dalk die dag van more sien.

Manie ·

Dankie aan DE klerk en die lamsakkige liberale Afrikaners vir die gemors waarin die land is. Tragies dat enige iemand so moet sterf

Bert ·

Die lamsakkige liberale Afrikaners bedank weer vir jou vir die gemors waarin die land is. Hulle reken dat was dit nie vir Apartheid nie, het ons nou nie hierdie probleme gehad nie. Wie is reg?

Giel ·

As dit nie vir De Klerk en die lamsakkige Afrikanes was nie het jy al lankal onder die lang boompies gelê en rus. Gaan doen jou somme man. Graad 1 somme sal doen. Een brawe kokkelol soos jy kan nie teen 10 sotte baklei nie, hulle GAAN jou uithaal!

Noellene ·

Liberalisme
Moord en doodslag
Al wat kort is de Klerk en Zuma, dan is die prentjie pragtig voltooi

apie ·

Bert jy is reg. Wie op dees aarde het besluit om apartheid/ rasse-segregasie afgedwing deur wetgewing in te stel ? Dit maak my woedend en ook gefrustreerd en mismoedig want nou sit my kinders ( gebore nA 1994) met die gebakte pere

Boerseun ·

Nou wat op dees aarde in die land se 450 jaar geskiedenis gee die idee dat al die volke in die land in harmonie kon of kan saam leef? Westerse wereld begin dit besef, multikultuur state werk nie. Maar ons probeer nou al julle manier vir oor die 20 jaar en julle doen great vir die afrikaner,

m ·

Hulle gaan niks doen nie AL. Hulle blaas dit dan aan. Dis hoekom ons in “gemors status sit.

botterblommetjie ·

Was dit roof… dink in die geval moet die polisie dalk die moontlikhede oorweeg dat dit dalk ‘n pasiënt se familie of iets is… mens staar mens soms blind as goed gesteel ook is, maar ek ‘n feeling hier iets meer agter die moord…. Dit was dalk letterlik moord, met roof as ‘n toesmeerdoel…..

Ekwilibrium ·

Wie weet? Maar ek het ook so ‘n spesmaas oor ‘n inside job…

Miemie van Jaarsveld ·

Wat n groot verlies om n neurochirurg te wees is so n top geleerde beroep n man wat nou verlore is vir die mediese wereld en dit vir n paar goed wat gesteel is sterkte vir sy geliefdes

Ou Afrikaner Erdvark ·

Ons innige simpatie met die Lateef gesin. Nog meer mense gaan nie toegang hê tot chirurgiese behandeling nie danksy die optrede van barbare.

@ Manie: Ons moet almal opbouend die toekoms tegemoet gaan. Verwyte gaan ons nêrens bring nie. Ons almal moet op die een of ander manier opbouende kreatiewe leierskap toon om ‘n opbouende verskil te maak. Onreg sal daar altyd wees.

@ Alle Maroela Lesers: Lees gerus FW de Klerk se uitstekende aanbieding oor die toekomstige bestuur van kulturele verskeidenheid, aangebied in die historiese Frauenkirche te Dresden. Pitkos vir ernstige nadenke en pro-aktiewe strategiese beplanning vir ‘n toekoms met vrede.

Ellen ·

In hierdie land is my Pa vermoor terwyl hy op sy eie stoep gesit het. My Oom is vermoor met Coke bottel oor kop geslaan vir selfoon. Vyf keer al in brake gehad. Drie voertuie al gesteel. Een “Smash and Grab al gehad. Diefstal van huisbediendes in Huis gehad. Wiele van voertuig afgesteel. Wat nog …….

Mor ·

Ek hoop die een wat hom doodgemaak het, kort binnekort n surgery wat net die dr. kon doen.

Skim ·

Daar is niks meer om te sê nie, die misdadigers maai mense op ‘n daaglikse basis af, eers die mans, dan die vrouens en kinders. Hulle het geen ontsag nie. As ek na die haatspraak kyk, sien ek hoe dreig hulle dat hulle kinders sal vermoor en verkrag en mense lewendig sal afslag. Nie eers in apartheid is swart kinders AFGESLAG of DOODGEMAAK of GERAPE nie, ja daar was misdaad, maar nooit haataksies teen die mense nie. Die polisie het dalk geweld teen hulle gebruik tydens omstande maar nooit het lede van die publiek in Townships ingegaan en hulle kinders geslag en vermoor en babas verkrag nie. EK kan die WREEDHEID van hierdie mense nie glo nie. Dan is hulle in hulle 20ger jare, wanneer is hulle geslag en aangeval en van enige regte ontneem? Nee hoor, daar is soveel intimidasie en brainwash, hierdie mense glo alles wat hulle (skelm) politici aan hulle verkoop net om aan bewind te bly. Julle haat teen minderhede gaan uiteindelik ook oorvloei na julle eie mense, in RWANDA was daar nie wittes en indiers en bruines nie, net twee swart stamme wat mekaar uitgeroei het .. agv AANHITSING en HAAT. Wonder net wat se tipe MENS is jy wat babas wil verkrag en vermoor ? Sies man! So jammer oor die verlies van ‘n BAIE bekwame man, RIV en mag sy familie troos vind!

Tjorrie ·

SIEN dit is wat ek aan die ANC en al die LIBERALES wil verduidelik. Daar word NIE opgetree teen plaasmoorde nie. Plaasmoorde word gepleeg deur MOORDENAARS. Hierdie MOORDENAARS gaan vermoor ook ‘n INDIER dokter en ‘n BRUINMAN in sy huis. Hierdie MOORDENAARS skiet ook geldwaens in die lug op en vermoor die WAGTE (enige kleur). So solank die ANC dink dat MOORDE teenoor wittes GEIGNOREER kan word, want dit is hulle verdiende loon, so gaan MISDAAD teen ander bevolkingsgroepe ook toeneem. ‘n Rukkie gelede is daar berig van VEERTIG polisiemanne in die KONGO wie se KOPPE afgekap is .. SWART POLISIEMANNE, net om n voorbeeld te gee, maklik om te se terwyl WITTES die slagoffers is is dit FINE, maar dis DIESELFDE moordenaars wat mense van ander kleure ook aanval . dan skielik SPREEK HULLE HULLE AFKEUR uit ..!!

zis ·

Kan MM miskien vir ons vertel hoeveel plaasmoordenaars is al gevang en gevonnis? Ek dink die syfers sal skokkend wees.
Ja en al die JA stemmes,julle het ons in die gemors laat beland!!!!!!

Willie ·

Geen apartheid sou niks verander het nie… kyk na die res van Afrika… Apartheid was net beheer….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.