‘Chirurgiese marathon’ by Jhb-hospitaal gehou

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

ʼn Sogenaamde “chirurgiese marathon” sal volgende week by die Charlotte Maxeke Akademiese hospitaal in Johannesburg gehou word in ʼn poging om die lang waglyste vir chirurgie te verkort.

Die Gautengse departement van gesondheid het Vrydag gesê 170 artroplastie- en katarakprosedures sal binne vyf dae by die hospitaal gedoen word. Twintig artroplastiepasiënte en 150 katarakpasiënte is Vrydag in die hospitaal opgeneem.

Artroplastie word gedoen om gewrigte te herstel wat deur verskeie soorte artritis geaffekteer word. Die prosedures by Charlotte Maxeke sal op knie- en heupvervangings fokus om pasiënte se beweeglikheid te verbeter.

Katarakte is die hoofoorsaak van blindheid en hou meestal verband met ouderdom. Moderne katarakchirurgie kan gewoonlik die visie herstel en verminder dikwels pasiënte se afhanklikheid van ʼn bril.

Volgens die departement is hierdie “marathon” een van verskeie maatreëls wat ingestel is om agterstande by die hospitaal teen die einde van Oktober in te haal. Qedani Mahlangu, LUR vir gesondheid, het gesê die departement sal oorweeg om op die korttermyn deurlopende chirurgiese marathons te hou. “Dit sal versprei word deur sentrale, tersiêre en streekshospitale,” het hy gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Dis nou ‘n goeie skuif en ‘n ‘bril’jante gedagte betreffende die verwydering van katarakte.
Dink egter ook daaraan om ook staatsinstansies te opereer om met meer spoed en ywer hul werk te doen. Dit sluit natuurlik ook die parlement in vir meer oordeelkundige en deurdagte besluite.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.