Chris Hart bedank

Chris Hart soos hy op sy Twitter-profiel verskyn. Foto: Twitter

Chris Hart soos hy op sy Twitter-profiel verskyn. Foto: Twitter

Standard Bank het aangekondig dat die ekonoom Chris Hart, wat vroeër vanjaar ʼn herrie veroorsaak het op sosiale media, bedank het.

Ross Linstrom, woordvoerder van die bank, het bevestig dat Hart, ’n beleggingstrateeg, nie meer in die bank se diens is nie.

Standard Bank het Hart in Januarie geskors nadat hy getwiet het: “Meer as 25 jaar ná apartheid vermeerder die aantal slagoffers, tesame met ʼn gevoel van toe-eiening en haat jeens minderheidsgroepe.” Hart het kort daarna om verskoning gevra vir die twiet en gesê dit moes in die konteks van stadige [ekonomiese] groei gelees word.

Die twiet het wyd reaksie uitgelok en Hart is as ’n rassis bestempel en sosialemedia-gebruikers het Standard Bank versoek om Hart af te dank.

Standard Bank het hom destyds gedistansieer van Hart se uitlatings en gesê Hart se uitspraak is “feitelik verkeerd” en maak onvanpaste aannames oor Suid-Afrika.

Lees alle vorige berigte oor Chris Hart op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jacques ·

Daar is absoluut niks rasisties omtrent sy twiet nie!
Dit is ongelooflik hoe woorde verdraai kan word om iemand anders se agenda te pas.
Ek oorweeg dit nou baie sterk om my 35 jaar oue Standardbank rekening te skuif na ‘n finsansiele instelling wat hulleself nie met politiek bemoei nie.

Jordaan ·

As mens net so instelling kan kry! Lyk my nie politiek kan deur groot besigheid vermy word nie

Erneste ·

Chris Hart, die buiteland is nie so kortsigtig nie. Hulle sal oor mekaar val om jou kundigheid te bekom. Beweeg aan……

Mielie ·

Die publiek moet nou saam staan en in alle mag die bank boikot, dis on nodig, STD bank het mos hul self gedistansieer van die tweet, ons het net so veel mag soos die on opgevoede “studente om n punt te maak en regverdigheid te eis, maar ons doen dit net op n opgevoede manier. Dit sal nie maklik wees nie, maar die banke het n manier van hoe om debit orders oor te plaas.

Oosie ·

Chris Hart se stelling is presies reg en die absolute waarheid. Die waarheid maak seer… Jammer dat jy ‘n slagoffer moes wees… Sterkte vorentoe!

Joann ·

En daar gaan my stb.rekening nou na ander bank na 50jr.dis so lagwekkend wat die spul kan uitdink om n ander ongeletterde comrade in die amp aantestel.

Andre ·

En nou moet jy liefs nie enige geld by Standerdbank bele nie want daar is geen kundigheid oor nie. Dis tyd om Standerdbank af te gradeer.

m ·

Hy het ma net die waarheid gepraat en sekere groepe wil nie met die waarheid gekonfronteer word nie.

Johann Marx ·

Wie gaan Standard Bank nou daar aanstel? Nene, of van Rooyen?

Karolis ·

Hart het waar gepraat. Hart is nie ‘n rassis nie.
Rassis is iemand wat ‘n Zebra skiet en net van die wit strepe biltong maak.

Stormrider ·

Ek het nou so lekker gelag Karolis! Ek is al jare weg van Std Bank af. Almal moet maar wegkom daar. Hopelik raap een van die slimmer banke hom op!

Kaspaas ·

Dis jammer die Afrikaner nasie is so verdeeld. As ons saamgestaan het kon Standard Bank geboikot word en so ook DSTV en menige ander. Ons praat net en doen niks.

neelsie ·

n Baie bekwame ekonoom verloor , so gaan al die kundigheid na die buiteland.
Rasisme is nou weer n gonswoord wat gewild is om alle onvermoe weg te steek.
Dis n agterlike manier om bekwame mense te na te kom!
Is daar n Afrikanerinstelling waar mens geld veilig kan bele?

Dan ·

Hart is as rassis deur rassiste beskudig, met die ANC moet jy hulle altyd terwille wees, anders skree hulle blou moord.

scalla ·

Die waarheid maak seer, sekere groepe wil dit nie erken nie. Sterkte Chris, met jou kundigheid gaan jy wel verskeie werksaanbiedinge ontvang en ek wens jou alle voorspoed toe.

Christo Visagie ·

So word ons witmense uitverkoop terwille van die geld god, as Standard Bank hom nie afdank nie is hulle bang dat die swart mense nie meer besigheid met hulle sal doen nie. Ons word vermoor, vertrap, werkloos gemaak en wat nog alles. SA jy gaan sleg val sonder die witmense, ,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,maar kry vir jou.

CHRISTA ·

Bewys Standardbank se optrede dat hulle SAAMSTEM met die geweld, haat en diskriminasie teen minderheidsgroepe? EK HOOP STANDARDBANK VOU!!! Chris, daar is vele maatskappye wat jou sal opraap! Skud Standardbank se stank van jou voete af en moet NOOIT WEER terugkyk na hulle nie – hulle verdien jou nie!!!

Jaco ·

Seker net hier by ons waar jy afgedank word wanneer jy die waarheid praat. Sy velkleur tel seker ook teen hom.

Arie ·

In Suid Afrika mag mens nie die waarheid praat nie. Los Standard bank daar is ander en beter banke om mee te deel

Sue ·

Standard bank kan maar Pilatus speel. Hulle sal nie meer swart klante bykry as wat hul alreeds het nie. Swakste diens ter wêreld. Meeste swartmense bank by FNB, Nedbank en Capitec. Ek ervaar Std bank se diens as ‘n rassisties.

Thinus Erasmus ·

Hier is ‘n GROOT geleentheid: Chris Hart wil jy nie asb. ‘n bank vir ons stig nie, vir ons volk en land, waar gewone salaris trekkers (nie skatryk regerings amptenare) en sukkelende kleinsake manne weer met trots kan bank en nie net ‘n nommer is nie en nie vir die waarde van jou salaris strokie getakseer word nie. Dit sal werk – dit het nog altyd is SA gewerk; hou net die regering se vuil pote daaruit!!!
Ns. Die waarheid is nie gewild nie, al soek almal daarna.

vernon ·

Na 43jr klaar met standerd bank. As Chris ‘n ander kleur was sou niks gebeur het nie. Hulle het gewag vir ‘n verskoning hoe power ook al om van hom ontslae te raak. Hou dop wat die aanstelling in Chris se plek is.

KP ·

Daar val nog n wit SAfrikaner net omdat hy die waarheid praat. Jy kan maar skree en skryf, as jy swart is ” Alle witmense moet vermoor word” en dit is aanvaarbaar. Hart die buiteland sal oor hulle voete val om jou op te raap. Help hulle dan sommer om ons af te gradeer.

Ben ·

Banke stel geensins belang vir hoe lank jy hulle al geondersteun het nie. Ek het dit op ‘n dag vir my bank (ENB) genoem dat ek sedert 1970 by hulle is en nie eers die woord “Dankie” was gebruik nie. En die res is presies dieselfde. Spaar jou asem en onttrek net, want hulle borg liewer een of ander doodloop sport as erkenning gee. Swak!

Juanita ·

Wragtig nee kyk nou het ek amper als gesien en gehoor! Chris Standard Bank se verlies en jy sal geseen word met n baie beter werk waar jou werklike “waarde” waardeer sal word. Nog beter, begin jou eie ding. Wie wil buitendien vir so plek werk! Net nog n rede om eerder mens se geld onder n boom tussen erens en nerens te gaan begrawe. Hoe meer dae, hoe meer dwase word geopenbaar.

Blitsie ·

Wag 3 jaar vir n boedel om afgehandel te word. Die persoon is onbevoeg om die werk by Standerd Bank se boedel afd. te doen .Het honderde rande se tel oproepe gemaak maar niks gebeur ni,die een verskoning op die ander……

Oom Boer ·

Chris Hart, jou “Twiet” was en is geensins op enige manier aanstootlik gewees nie en ten volle gebasseer op die ware feite. Waarom moet jy dan omverskoning vra? Hierdie is maar nog net weereens ‘n politieke spel en vervolgings waansin sindroom wat hoë profile poste in die ekonomie wil annekseer vir Kaders. Het my rekening al in Januarie by Standard Bank gesluit en gesien wat hul werklike agenda is. Chris jy is een van die land se beste Ekonome, maar glo my daar is vir jou ‘n aangename groen weiveld wat voorlê waar jou suksesse die nodige erkenning sal kry. Hou jou kop omhoog, want jy het nie geswig onder hierdie politieke pione nie. Sterkte vorentoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.