Hawelose moor glo bekende Pta-sakeman  

Chris Orban is Sondag in 'n Pretoriase hospitaal dood nadat hy erg by sy Waterkloof-huis aangerand is. Foto: Facebook

Chris Orban is Sondag in ‘n Pretoriase hospitaal dood nadat hy erg by sy Waterkloof-huis aangerand is. Foto: Facebook

Chris Orban (71), ʼn bekende in die eiendomsbedryf, is Sondag in ʼn hospitaal dood nadat hy Saterdag erg in sy Waterkloof-huis, oos van Pretoria, aangerand en beroof is.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die Brooklyn-polisiestasie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die slagoffer is Saterdag omstreeks 15:15 deur ʼn 30-jarige nutsman wat vir hom gewerk het in sy huis in Banketstraat aangetref.

Maroela Media het verneem Orban is erg aangerand en het beserings aan sy kop en gesig opgedoen.

“Die man het besef sy werkgewer se ligte groen Hyundai Tucson, ʼn bergfiets en ʼn plasmatelevisie word vermis,” het Weilbach gesê.

Orban is na ʼn plaaslike hospitaal geneem waar hy Sondag aan sy beserings beswyk het.

“Volgens inligting het die slagoffer glo vroeër Saterdag ʼn hawelose man na sy huis geneem. Daar was geen gedwonge toegang tot sy perseel nie.”

Liz Diederichs, Orban se broerskind, het aan Maroela Media gesê hulle wil nie tans kommentaar lewer nie, aangesien hulle nie die polisieondersoek wil belemmer nie.

“Ons is in die proses om ʼn familiewoordvoerder te raadpleeg wat alle medianavrae sal hanteer,” het sy gesê.

Orban was nie getroud nie en laat ʼn aangenome seun van 13 jaar agter. Die seun is in veilige sorg.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Weilbach het enigiemand met inligting wat die polisie met hul ondersoek kan bystaan versoek om ao. Frank Radue by 012 366 1764 of Crime stop by 08600 10111 te bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Peet Schabort ·

Daar is net nie ‘n einde aan moord en doodslag.
Dis hierdie dinge wat maak dat jy anderpad gaan kyk teenoor iemand wat werklik hulp nodig het.

CHRISTA ·

Dit wys jou hoe hulle jou hulp waardeer – deur te moor en te roof!

Poppie ·

Iets maak nie sin nie. Watter man het besef die motor TV en fiets is weg. Seker nie die hawelose nie

SNEL ·

So onnodig en so hartseer, dat iemand wat gedink het hy doen goed nou so tot sy einde moes kom. Dit is soos Christa sê, jy gaan jou begin blind hou vir mense wat hulp nodig het, want jou lewe kan in gevaar wees.

manie. ·

Dit verstaan ek nie n baie ryk man tel n man op vat hom na sy huis???.
As dit ek was en hom wil help sal ek die hawelose man 200.00 gee 71 jaar oud ?????? Wat nie hom self kan verdedig nie dink uit die kas .

Weezie ·

Ek stem saam met Manie Of miskien in die kas ?? hele storie klink bietjie af?

Hannalene Greyling ·

Snaakse berig. Niemand wil kommentaar lewer nie, maar volgens inligting het hy hawelose na sy huis gevat en nou se die opskrif hy is glo deur hawelose vermoor. Wanner julle feite publiseer gebruik julle ook die word glo. Baie onsamehangend.

Remondo ·

So onnodig , dis jammer dat dit so gebeur help iemand en dan kom jy tot jou einde

Tammy ·

Daar is so baie ondankbaarheid onder die wat niks het nie. Dit het ek uit ondervinding geleer. Hoe meer jy gee hoe meer verwag hulle. Het self al n paar klappe gekry nadat ek prober help het om n verskil te maak. Gee nou net vir die kerk en verder kyk ek ander pad…..

Liza ·

Ek wonder soms hoeveel van die “Hawelose mense is rerig haweloos”?

Theresa ·

Ek stem saam Peet. Jy help niemand meer vandag nie. Jy kan maar net eenvoudig nie. As jy wil help doen dit deur die Kerk of ‘n Organisasie, maar nie by jouself nie. Dit is nou maar so……….

Adoons ·

Chris Orban was nogal bekend vir sy tipiese swart Londense huurmotor waarmee hy rondgery het. Wys jou, mens moet liewer nie haweloses optel en by jou huis ontvang as jy alleen woon nie …

Magzie ·

Hulle noem van ‘n 13 jarige aangenome seun. Waar was die kind toe alles gebeur het?

Chris ·

Iemand het gese gee net vir die kerk – waaroor ek ook begin wonder. As ‘n ds. met ‘n R500k voertuig by my stop, ek moet raap en skraap om ‘n voertuig aan die loop te hou en ek sien nie barmhartigheidsprojekte nie, waarvoor is die maandelikse bydraes? Ek vra maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.