Christiana-dubbelmoord: Nog ʼn verdagte vas

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Derde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn egpaar van Christiana in Noordwes.

Diniz Fernandus da Silva (74) en Maria Goretta da Silva (71) is verlede naweek in hul kafee in Christiana vermoor.

“Die derde verdagte is reeds Donderdag in Roodepoort in Gauteng in hegtenis geneem,” het brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, intussen bevestig.

Die 29-jarige verdagte sal Dinsdag sy eerste hofverskyning maak wanneer hy saam met die ander twee verdagtes in die Bloemhof-landdroshof sal verskyn.

Die ander twee verdagtes het Vrydag in die Bloemhof-landdroshof verskyn waarna die saak tot 8 September uitgestel is. Die beskuldigdes is Quinton Britz (36) en Brian Pito (37).

Hulle is onderskeidelik Dinsdag in Jan Kempdorp in die Noord-Kaap en Woensdag in Christiana in hegtenis geneem. Van die vermoorde egpaar se besittings waaronder klere, kruideniersware en ’n sak is in hul besit gevind.

ʼn Klant het verlede Sondagoggend die Da Silva-egpaar se liggame in hul kafee opgemerk toe hy deur een van die vensters geloer het aangesien die kafee ná 08:00 steeds nie oop was nie.

Die klant het die polisie ontbied waar hulle by hul aankoms die egpaar se liggame op die vloer van die kafee aangetref het. Diniz se hande was met kabelbinders vasgebind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Soez ·

Oog vir n oog!!!. Hulle gaan se hulle was honger of die man het hulle geld geskuld. Ons veg teen mure vas in SA

Scalla ·

Klomp onwettige immigrante, jaag hul terug van waar hul kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.