Christiana-hospitaal verwoes in brand

Die hospitaal het Woensdag aan die brand geslaan. (Foto: Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa/Facebook)

Die Christiana-hospitaal in Noordwes het groot skade opgedoen toe dit Woensdag deur vlamme verswelg is. Verskeie operasiesale, toerusting en pasiënte se lêers is tydens die brand verwoes.

Die hospitaal is dieselfde dag waarop die bekende Mmabatho Palms Hotel in Mahikeng afgebrand het, deur vlamme verwoes. Die twee voorvalle hou nie verband nie.

Madoda Sambatha, LUR vir gesondheid in Noordwes, het Woensdag die hospitaal besoek om die omvang van die skade te bereken.

“Op hierdie stadium lyk dit asof daar nie veel te redde is nie en die grootste deel van die hospitaal is deur die brand verwoes,” het die Noordwes- departement van gesondheid in ʼn verklaring gesê.

Die brandweer het gister daarin geslaag om die brand te blus, en geen ernstige beserings of sterftes is tot dusver aangeteken nie.

Opgegradeerde eenhede van die hospitaal, nuwe toerusting en pasiënte se gesondheidsgeskiedenis en rekords is egter verwoes.

(Foto: Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa/Facebook)

“Gelukkig is al die personeel en altesaam 18 pasiënte suksesvol ontruim en na nabygeleë fasiliteite oorgeplaas,” het Gavin Edwards, voorsitter vir die provinsie se portefeuljekomitee van gesondheid en sosiale ontwikkeling, gesê.

Die polisie en brandweer het ʼn ondersoek van stapel gestuur om die oorsprong van die brand en die omvang van die skade te bepaal.

Maroela Media het navraag aan die departement gerig, maar wag nog op terugvoer. Dit is nog nie duidelik wanneer die hospitaal weer operasioneel sal wees nie.

“Die skade wat aangerig is sal ʼn ernstige impak op die inwoners van Christiana se toegang tot gesondheidsorg hê,” het Edwards gesê.

Hy het ʼn beroep op die departement van gesondheid gedoen om alternatiewe te ondersoek sodat dié inwoners steeds toegang tot gesondheidsorg kan geniet en hul Covid-19-inentings kan ontvang.

  • Kyk hoe die hospitaal ná die brand lyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Di ·

So sal als afbrand tot daar NIKS oor is nie. Verstommend dat als sommer so skielik aan die brand raak.
Wonder wie die meeste onder al die verwoesting geraak gaan word!

Mieke ·

Ek laat my nie vertel dis nou toeval dat twee geboue in een dag moet afbrand nie!

Jr ·

Hierdie is n georkestreede poging om die land op sy kniee te dwing. Hierdie is terrorisme. En ek kan raai wie is betrokke. Ek gaan nog reg gewys work. Daar was n vrou wat met gebaalde vuis in die lug gesê ” we will liberate this country with a match and a matchbox.”

PieterK ·

Snaaks dat alles skielik so af brand VOOR die verkiesing.
Gaan die EFF nou skielik alles vinnig herbou om stemme te wen…

Hennie ·

Een of ander swartgallige sot het weer besluit om iets te verwoes!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.