Christiana: Klant kom op egpaar se liggame af

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

ʼn Klant het op die liggame van die egpaar afgekom wat oor die naweek in hul kafee in Christiana, Noordwes, vermoor is.

Die egpaar is intussen geïdentifiseer as die 74-jarige Diniz Fernandus da Silva en sy vrou, Maria Goretta da Silva (71).

Brig. Sebata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het Dinsdagoggend in ʼn verklaring gesê ʼn klant het Sondagoggend die egpaar se liggame in hul kafee opgemerk toe hy deur een van die vensters geloer het aangesien die kafee ná 08:00 steeds nie oop was nie.

Die klant het die polisie ontbied waar hulle met hul aankoms die egpaar se liggame op die vloer van die kafee aangetref het. Diniz se hande was met kabelbinders vasgebind.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moorde nie. Die motief vir die moorde is ook in dié stadium nog onbekend.

Die polisie doen ʼn beroep op mense om enige inligting rakende die moorde by die ondersoekbeampte, kapt. Rene Smith, by 082 856 1264 of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alet ·

Dis mos nou makliker om “sagte” teikens af te maai…skokkend !!

Androclus ·

Nee nou is my woorde op so kan dit nie meer aangaan nie,dis erg regtig.

My Mening ·

Dit voel soms vir my hoe harder ons teen misdaad probeer veg, hoe harder veg die misdadigers terug om ons te wys hulle sal aanhou met hul misdade, niemand gaan hulle keer nie…wel die regering doen nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.