Christine Robinson se moordenaar kry lewenslank

Christine Robinson (Foto: Twitter)

Die buitelander wat byna agt jaar ná die verkragting van en moord op Christine Robinson op haar wildsplaas in Limpopo skuldig bevind is, is Donderdag swaar gestraf.

Die hooggeregshof in Polokwane het Andrea Imbayarwo, ook bekend as Andrew Ndlovu, twee lewenslange vonnisse opgelê wat gelyklopend uitgedien sal word. Hy is Dinsdag skuldig bevind aan moord en verkragting.

Ian Cameron van die burgerregteorganisasie Action Society, sê die regter het dié misdaad wat ʼn groot skok vir die gemeenskap van Thabazimbi was, as gruwelik en wreed beskryf.

“Niks minder as ʼn lewenslange vonnis is ʼn voldoende straf nie. Minder as 8% van hierdie sake het suksesvolle skuldigbevindings, so ons is dankbaar vir ʼn bietjie geregtigheid.”

Imbayarwo het ná die vonnisoplegging appèl teen die vonnis aangeteken, maar die regter het die aansoek van die hand gewys.

“Die regter het die appèl geweier, aangesien geen ander hof in die land tot ʼn ander gevolgtrekking kan kom as die twee lewenslange vonnisse wat opgelê is nie,” sê Cameron.

Robinson se familie is al verskeie kere sedert die misdaad in die steek gelaat en het eindelik Action Society aangestel om die saak te monitor en die betrokke partye verantwoordbaar te hou.

Andrea Imbayarwo, ook bekend as Andrew Ndlovu, is Donderdag gevonnis. (Foto: Mariëtte Louw-Carstens)

Imbayarwo, ʼn jarelange werknemer by die Rra-Ditau Bush Lodge in Thabazimbi, het na Zimbabwe gevlug ná die moord en is eers ses jaar later in hegtenis geneem toe hy na Suid-Afrika teruggekeer het. Hy het geruime tyd onder ʼn skuilnaam in Johannesburg gewerk.

“Die vonnis dien as ʼn sterk voorbeeld van wat kan gebeur as die polisie en die private sektor saam werk,” sê Cameron.

“Dit was ʼn baie emosionele paar jaar vir die familie en hierdie vonnis sal hulle nou help om die saak af te sluit.”

Cameron meen hoewel die uitspraak ʼn reuseoorwinning is, het dit weer eens die omvang van die probleem van plaasmoorde en geslagsgebaseerde geweld uitgelig. Robinson, ʼn Britse burger, is in Julie 2014 verskeie kere met ʼn mes gesteek en verkrag voordat sy beroof is.

“Daar is ʼn krisis in ons land met betrekking tot plaasmoorde, moorde oor die algemeen en geslagsgeweld. Die stryd is nie heeltemal gewen nie, en daar is nog baie wat gedoen moet word, maar nou vat ons hierdie oorwinning,” sê hy.

“Christine se familie het haar as ʼn ‘inspirasie vir ons almal’ beskryf en haar saak sal aanhou dien as ʼn inspirasie vir Action Society om aan te hou veg vir geregtigheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

AW ·

Daar IS NIÉ , so iets soos Lewenslank Nié,!!

25 jaar of minder!!

andre ·

Behalwe as jou naam Janush Walush is, hy sit al klaar langer as wat sy vonnis was, ek dink persoonlik hy moes al jare terug vrygelaat gewees het.

Pietertjie ·

Geen wonder die tronke is oorbevolk nie. Bou, mister Lamola, bóú!

domheks ·

vir al die kaders(kadawers) wat ook oranje pakkies verdien!

Harley Davidson ·

Sa het nie lewenslank nie na ‘n paar jaar is jy weer vry op straat om jou misdaad voort te sit onder die vaandel van oorvol tronke en menseregte sit jy miskien ‘n kwart van die vonnis.

lodewyk ·

So jammer die doodstraf is weg,die gemors verdien nie om te lewe nie,nou moet ons nog vir sy verbly en kos ook betaal ,hoop hy kry sy dag in die tronk!

Swerwer ·

Lewenslank beteken in vandag se taal “Jy vat my hond”

marius ·

Daar is net een manier , en dit geskied in die openbaar . Klaar .

Di ·

Hoop die gemors kry wat hom toekom in die tronk! Vermetelheid om nog appel te wil aanteken MOORDENAAR!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.