Christo Wiese by belastingsaak van miljarde betrek

Christo Wiese (Foto: ANA)

Christo Wiese, voormalige voorsitter van Steinhoff International Holdings, word nou betrek by ʼn belastingontduikingskema van R3,9 miljard.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) beweer die regsfirma ENS, waarvan Wiese ʼn uitvoerende lid was, het die oliemaatskappy Tullow Oil gehelp om sowat R3,9 miljard se bates landuit te kry en belasting in die proses te ontduik.

Die amaBhungane-sentrum vir ondersoekende joernalistiek het Donderdag ʼn berig gepubliseer waarvolgens hofdokumente by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien is wat daarop dui dat die SAID op die spoor is van Wiese en nog twee individue om R217 miljoen van hulle te verhaal as deel van die R3,7 miljard se agterstallige belasting en rente van Tullow Oil.

Peter Dachs, belastinghoof van ENS, ontken dat die SAID enige belastingontduiking beweer “ten opsigte van die meriete” van ʼn langlopende geskil. Volgens die berig beweer die SAID dat ENS die oliemaatskappy Tullow Oil geherstruktureer het en dit sodoende in beheer van ʼn houermaatskappy in Suid-Afrika gelaat het en wat deur die regsfirma aan Wiese verkoop is.

“Toe die SAID kom aanklop het Wiese glo bates uit die maatskappe gehaal en dit aan ʼn voormalige uitvoerende lid van ENS verkoop en het laasgenoemde aan die SAID gesê daar is geen bates of kontant oor om te eis nie,” lui die berig.

Die saak word glo volgende maand aangehoor. Wiese het in April ʼn eis van R59 miljard teen Steinhoff International Holdings ingestel in verband met kontantbeleggings wat sy Titan Group in 2015 en 2016 in Steinhoff gemaak het.

Wiese het miljarde rand in beleggings verloor toe die Steinhoff-aandeleprys skielik verlede jaar getuimel het weens “rekenkundige onreëlmatighede” wat ook die einde van die uitvoerende hoof, Markus Jooste, se loopbaan beteken het. Wiese het daarna as voorsitter bedank.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Cobus ·

Hieroor word geswyg, verskillende wetstoepassing vir verskillende mense?

Prioriteite ·

Voete van klei. Hoekom is ek nie verbaas nie. Mag, geld, integriteit pas selde in dieselfde sin.

Eish ·

Ek sal maar eers wag en kyk wat gebeur.
Met die kankerbestuur en gepaardgaande verrotting die afgelope kwarteeu, gee ek Wiese die voordeel van die twyfel.

Annamarie Olivier ·

Ek sal ook liewer wag voordat ek kommentaar lewer want daar word groot ophef gemaak as ‘n afrikaner betrokke is en dan word daar niks gepraat van die ANC boeties nie en die geld wat hulle daagliks wegdra.
Mandela dag moet eintlik gaan om geen bedrog vir een dag van die jaar te pleeg.

Paul ·

SARS jaag wind. Hulle het miljarde se doelwitte om te jaag, na hulle verlede jaar in die hek geduik het, nou sien hulle om elke draai ‘n rooi doek.

Johan ·

Dink ook los Christo Wiese uit en gee hom kans om sy kant te stel. Geen bewyse van niks op die stadium nie.

Maar waar die SAID bewyse het (gehad het) dat “sekere ander individue” vervolg kan word, het niks gebeur nie. Pleks die media eerder daarop fokus want daar was bewyse vir ‘n saak. Tans niks op Mnr Wiese nie, net spekulasie.

bren ·

Ja nee; mense sterf vd honger en sommige leef in weelde! Miljarde; nie eers miljoene meer nie! skelms.

Annamarie Olivier ·

Ek sal ook liewer wag voordat ek kommentaar lewer want daar word groot ophef gemaak as ‘n afrikaner betrokke is en dan word daar niks gepraat van die ANC boeties nie en die geld wat hulle daagliks wegdra.
Mandela dag moet eintlik gaan om geen bedrog vir een dag van die jaar te pleeg.

Rynhardt ·

SARS moet nou die rykes begin vasvat.Talle politici en rykes het destyds by Kodesa groot voordeel getrek en nog steeds gaan dit aan vandag.Wanneer dien die rykes en hul maters n slag tronkstraf uit vir belastingontduiking????Rykes en hul maters is nie verhewe bo die wet nie!!??????????SARS julle moet optree!!!!!

Casper Labuschagne ·

Sou dit waar wees, sal ek sê, “Mooi so Wiese!” Ek sien self geen rede hoekom ek enige bate of fondse in hierdie land moet hou, net sodat dit deur of die fiskus se hande beland of in die naam van historiese geregtigheid deur die meerderheid geannekseer kan word nie. Al is dit op ‘n uiterste beskeie skaal, poog ek self om wat ek ook al kan uit die land uit te skuif. Enigeen wat nie self welvaart landuit verplaas nie sal binne enkele jare bitter spyt wees dat ‘n hiperinflasie, net soos in Zimbabwe, hul welvaart in SA vernietig het.

Haibo ·

Oe eh eh oom jy is innie moeilikheid .. JA ek is ten gunste van vervolging maar WAT het van MALEMA se SARS saak geword, wat het van ZUMA se SARS saak geword en wat het van HLAUDI se saak geword? Niemand mag belasting ontduik nie maar die ander sake het net stil geword .. en hier word Christo WIese nou weer uitgesonder !!

Treurig ·

Ek voel skoon treurig, ek hoop regtig nie Christo Wiese kange-impliseer word nie, dit is nogal regtig die een persoon na wie ek opgekyk het!!!! Indien Casper reg is, sal ek vinnig van deuntjie verander en vrolik wees. Christo pak alles volspoed aan!!!!

bgj van der westhuizen ·

wel as ek die geld gehat het sal ek dit ook land uit geneem het maar die regering val hom aan wand hy is wit wat van al die swart boeties wat die selde doen en ook nie belasting betaal nie wat van cr is sy belating op datem sal graag wil weet hoe lyk dit hulle soek nou weer eimand wat die aan dag kan af trek van die ander wat ook agter die deur staan

Stephen Namibia ·

Die kommentaar hier maak my siek. Christo is nog aan niks skuldig bevind nie en die lang messe is uit.
Hy het op Universiteit Pep Stores aandele verkoop om vir sy studies te betaal toe ander studente gedrink en gekuier het.
Sy miljoene is deur sakevernuf en goeie besigheid bymekaargemaak. Ek weet ek het vir hom gewerk jare terug.
Ek ruik jaloesie. Niks anders nie.

Namibieer ·

Ja nee wat oom Christo is n wakker oubaas
Defnitief al n paar reeltjies gebreek in sy wereld maar en verstaan hier uit my glas huis hoekom
Sy IK is dubbel van die agtervolgers so hy sal hulle koud sit
O… en julle jaloerse oordelaars kan gerus eers kyk dan praat

Alida ·

Ek het baie respek vir hom en sal wag en kyk wat sy reaksie gaan wees. Kan nie net oordeel nie. Wat van Zuma, Malema en kie? Die bohaai gaan nou maar net omdat dit ‘n blanke is.

Alida ·

Die van julle wat nou sensasie soek en Mnr Wiese wil kruisig kon nie een bereik het wat hy bereik het nie. Ek haal my hoed vir hom af. Hy het met NIKS begin nie. Bly stil en wag vir die waarheid.

Dawie ·

Casper jy slaan die spyker op die kop. In SA word meeste belasting geld in elk geval net gemors en vir mense uitbetaal wat te lui is om te werk.

Casper Labuschagne ·

@Dawie, dit so werklik ‘n kriminele daad wees om drie miljard land in die hande van die regering te laat val. Ek vermoed egter dat Wiese tot uiterstes sal gaan om nie die wet te verbreek nie. Belastingvermyding is wel wettig, maar belastingontduiking is nie.

jurie blanche ·

Jul moet jul feite reg kry voor dat jul hoofstroom media na volg anders word jul nog fop nuus. Dr Wiese het op rsg onderhoud dit duidelik gegaan oor R217 miljoen wat hul verskil het met sars niks te doen met miljarde nie. Die hof moet nou besluit wie is reg of verkeerd. So wat ek verstaan gaan dit om dat jy n maatskappy koop met opgehoopte verlies, wat verkeerd is maar as jy die besigheid op n turn around sit dan sal sars weer deel van die koek wil hê, so moet net aan die wen kant wees want anc regime spandeer meer as wat hul inkry.

YV ·

Maroelamedia julle moet julle feite regkry. Netwerk24 moes gister om verskoning vra vir die verkeerde inligting in die berig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.