Christoff Becker eis miljoene

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle die eerste keer op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle die eerste keer op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, eis R2,5 miljoen vir die tyd wat hy in aanhouding was nadat sy parool verlede jaar teruggetrek is.

Becker eis teen die minister van justisie en korrektiewe dienste en vier ander partye, onder wie die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste. Becker voer in hofstukke aan dat die lasbriewe wat vir sy inhegtenisname en aanhouding uitgereik is, onregmatig was.

Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt is daaraan skuldig bevind dat hulle in 2001 ʼn hawelose man in Pretoria doodgeslaan het. Die vier is op 11 Februarie verlede jaar op parool vrygelaat en Becker en Du Preez is op 28 Februarie 2014 weer teruggestuur tronk toe nadat ʼn selfoonvideo aan die lig gekom het wat glo wys hoe Becker en Du Preez partytjie hou in die tronk. Becker is later na Kokstad oorgeplaas nadat ’n selfoon glo by hom gekry is.

In die hofstukke voer Becker aan dat hy tydens sy aanhouding in Kokstad nie toegelaat is om ’n uur per dag te oefen nie; ten alle tye toegesluit of in afsondering was; nie van die nodige klere of beddegoed voorsien is nie; nie toegelaat is om te studeer of leesmateriaal te ontvang nie; nie van voldoende mediese of tandheelkundige sorg voorsien is nie; nie toegelaat is om gereelde kontak met sy familie te hê nie weens die afstand na Kokstad en die gevangenisreëls oor foonoproepe.

Becker voer aan dat hy tydens sy aanhouding aan “onmenslike en wrede behandeling” blootgestel is. Dit het volgens Becker gelei tot angstigheid, ongerief, vernedering, ʼn skending van sy menswaardigheid en ontneming van sy vryheid.

Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het intussen by monde van sy woordvoerder gesê hulle neem kennis van berigte dat Becker ʼn eis ingestel het. “Ons sal dit hanteer wanneer die minister amptelik ingelig word oor so aksie,” het Mthunzi Mhaga, Masutha se woordvoerder, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

adele ·

Duidelik nog nie nederigheid geleer nie. Baie hartseer dat hy so vol van homself is.

C Taute ·

O, omdat jy erens ‘n koerant foto gesien het nou weet jy alles? Ken jy die persoon? Ken jy die storie? Ek het nuus vir julle – eintlik gaan die hele storie oor julle reg tot vryheid. Die dag as Christof Becker wederegtelik en sonder rede gearresteer kan word , kan EN GAAN dieselfde met julle gebeur. En ek sien dan hoe verontwaardig is julle dan…..

Asjas ·

Ongelooflik! Jy neem n lewe en eis dan dat jy sekere “regte” toegeken moet word! Arrogante mannetjie! As jy my kind was ….. wees dankbaar jy is nie. Die gevangenis is nie n 5 ster hotel nie, boetie – jy is daar om n bietjie te sit en dink oor jou dade in die samelewing. Ek hoop jou “eise” val op dowe ore! Verwaande vent! Sies!

Jasper ·

Dalk soek mammie nou haar geldjies vir die duur SUV waarsonder sy moes klaarkom weens al die regskostes.

maraai ·

Al sy regte…? Hulle moes hom maar daar gehou het. Mense wat moor hoort nie in die samelewing nie.

Charles ·

Kan jy dit in jou lewe oorvertel hy jaag bollie aan en nou eis hy die man wat hulle dood geslaan het se familie moet eis nie jy nie bullie

JJ lom ·

Ek is nou glad nie n aanhanger van ons regstelsel of justisie prosesse op hierdie stadium nie, maar die man is darem verwaand verby. Dan het hy nog nerens ooit berou gewys of probeer n verskil maak vir wat hul opsetlik of per ongeluk gedoen het nie. Een of ander tyd moet n persoon begin verantwoordelikheid vir sy eie lewe/dade vat.

Eliza-beth ·

O? Hy is dan kammig in Kokstad van allerhande dinge weerhou?”Onmenslike en wrede behandeling”? Was JOU daad enigsins menslik en lief en gaaf? Siestog man, gaan koop vi rjou ‘n fopspeen en suig dit, dis troos vir groot babas soos jy en jou bende van geweldenaars. Wel dit klink vir my na gepaste straf vir die daad wat hy help pleeg het – KOKSTAD GEVANGENIS BO! Ek dink almal wat so moord en doodslag pleeg moet soontoe gaan, dit klink vir my asof hulle daar werklik gestraf word en nie op ‘n lekker vakansie op die belastingbetaler se onkoste is nie. Dis nou natuurlik as dit nie NOG een van die ding se leuens is nie. Ek hoop die hof lag hom uit oor sy belaglike eis. Vieslike goed wat witmense ‘n slegte naam gee!

Neptunus ·

Ernstig? Pull the other one guv’nor! Selfs al is daar ‘n eisoorsaak sal juffrou Becker hoogstens ‘n paar honderdduisend kry. Al hierdie geraas kon verhoed gewees het as hulle ‘n R50 se spieël in sy kamer toegelaat het!

nig ·

Een woord: LOOSER! Nog een woord: Sissy! Nog een woord: Moordenaar!

piet pompies ·

Bedorfie ken nie die einde van pappa se geld, pappa het te veel om te mors. Nou sit die gemeenskap met sy slegte optrede, kry hom weer in die tronk.

Lindie Lourens ·

Ek het lanklaas kommentare gelees waar almal eenparig saamstem oor ‘n saak . Ek ook.

C Taute ·

Eenstemmig , eenoogig en verkeerd – kommentaar deur oningeligtes in die “peanut gallery”
Meerderheidstem beteken eintlik niks … ‘n les wat mens gou in die RSA leer…

Vic ·

Ja wragtag. Ek stem saam. Nie lank nie dan is boetie weer in die moeilikheid

nig ·

Martin wat daarvan as hy is? Maak dit hom nou minder skuldig of wat? Simpel kommentaar van jou!

Nellie ·

Die gevangenisse het GEEN regte eintlik nie. Jy het jou reg van jouself weggeneem die dag toe jy die oortreding gedoen het. Gevangenisse het eintlik te veel “regte”, en dit op ons belastingbelaters se onkostes. Ek meen, hulle kry die geleentheid om verder te studeer in die tronk, seer sekerlik gratis. Ons hier buite wat werk, en wat sukkel om ‘n gewone bestaan te voer net om te oorleef, het nie daai geleentheid om verder te studeer nie, want dit kos geld. Die flippen goed moet in ‘n 4 kante meter sel aangehou word, 24/7, want dis wat hulle verdien.

jjobson ·

Bekker.is die siek tipe wat moord as i stokperdjie beskou en dan vergoeding wil ontvang. Die samelewing het hom nie nodig nie,laat hy vrot en verrot in die tronk. want as hy buite is sal hy homself as i spogheld wil titel.

Riaan Slabbert ·

Ek wonder hoeveel van julle grootbekke hier ken die waarheid. Ek het self nie veel ooghare vir die mannetjie nie. Hulle het egter NIE daardie man vermoor nie. Hulle het n inbreker bietjie gepanelbeat en die loop nog heel lewendig rond. Die lyk wat in die park gekry is, was NIE die selfde man wat hulle geslaan het nie. Maar julle weet mos ALLES. Julle is net so pateties soos die regering.

nig ·

Ag Riaan Slabbert – hoekom het jy dan nie gaan getuig in die hofsaak as JY alles weet nie? net die feit dat jy dink hulle het ‘n ander man gaan “panelbeat” is reg, wys hoe dof jy ook maar is mens mag NOOIT die reg in eie hande neem nie en klaar.

Karen ·

Die arrogante klein snert!
Mamma het hom heel duidelik nie genoeg pak slae gegee nie!

Lindie Lourens ·

Hoe ken jy so die “waarheid”, Riaan Slabbert? Die feit bly staan, die mannetjie is arrogant en uitdagend ipv nederig en dankbaar. Hulle mag maar ‘n inbreker so ‘n bietjie “panelbeat”- volgens jou?!

C Taute ·

Interessant om so baie mense te sien kommentaar lewer oor iets waarvan hulle niks weet nie. Die dag wanneer hulle egter self onregmatiglik toegesluit word sal hulle die volgende dag erg ontsteld en huilend by hulle prokureur wees en steen en been kla en net wil dagvaar… Julle mis die punt – dit gaan nie oor ‘n persoon nie maar dat alle persone se vryheid repekteer word deur die staat – As Christoff Becker die dag nie meer regte het nie het julle ook nie……. maar dan is dit te laat….

Sollie ·

C Taute – van wanneer af behoort moordenaars REGTE te hê? Die goed is nie ONREGMATIG toegesluit nie, maar jy is seker familie en keur hul dade goed, die dat jy en ene Riaan Slabbert (jul is moontlik nog een en dieselfde persoon)nou dink hulle verdien nie wat hul kry nie. Al hul aksies sover wys dat hulle geensins sleg voel oor wat hul gedoen het nie. Inteendeel hul arrogansie is verstommend.

Elfie ·

C Taute, ek haal aan uit jou kommentaar “…dit gaan nie oor ‘n persoon nie maar dat alle persone se vryheid gerespekteer word deur die staat..” Wat se bollie skryf jy ou maat – van wanneer af het moordenaars en aanranders die REG op VRYHEID? Hoekom sou die wegneem van regte van kriminele soos die ding nou ONS regte weggeneem laat word? En hoe jy nou dink enigiemand hier gaan HUIL weet ek nog minder, ons hou ons nie op met wandade/kriminele dade nie, so waarom sou ons wil huil of dagvaar? Asseblief tog man!

C TAUTE ·

Liewe Elfie
Ek weet natuurlik nie wat se regte elfiegevangenis in elfieland het nie maar hier in menseland in Suid Afrika het selfs gevangenis regte. As jy internet het in elfieland gaan kyk gerus op die internet by die konstitusionele hof se uitsprake en soek die Zeeland saak. Dan kyk jy en slim sollie self waar ek die “bollie” kry.
Wanneer jy eendag ‘n regte argument het en nie agter ‘n skuilnaam hoef weg te kruip nie hoor ek weer van jou… as jy ‘n goeie rasionele een het koop ek vir jou koffie en gesels ons lekker (Intussen kan jy maar anonieme emosionele geluidjies maak)
Ek weet jys veilig in elfieland waar die elfiepolisie jou as jy erg stout was met ‘n lelie oor die kop tik maar die dag as jy hier beland (maw wakkerword) moet ek jou liewer van jou regte inlig – jy mag dit dalk nodig kry.
Elfiegroete
C Taute

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.