Christoff Becker gaan weer parool vra

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Die departement van korrektiewe dienste sê hy sal ‘n dringende aansoek deur Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof vier, om weer op parool vrygelaat te word teenstaan.

“Die departement het opponerende dokumente ingedien by die hof,” het Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement, gesê. Becker is in April van die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria na die Kokstad-gevangenis in KwaZulu-Natal oorgeplaas weens wangedrag.

Dit het gevolg nadat daar ‘n selfoon in Becker se sel gevind is tydens ‘n klopjag. Becker en Frikkie du Preez is in Februarie weer in hegtenis geneem nadat hulle vroeër op parool vrygelaat is. Hulle arrestasie het gevolg nadat daar ‘n video aan die lig gekom het van waar hulle glo partytjie gehou het in hul tronksel.

Beeld het Woensdag berig dat Becker se aansoek Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor sal word. Becker voer in hofdokumente aan dat sy arrestasie in Februarie vir onnodige redes was. Hy beweer hy was op 16 Februarie tuis toe ‘n artikel oor hom en Du Preez wat glo drank misbruik het in Rapport verskyn het. Die artikel het gehandel oor die video wat uitgelek het.

Becker ontken in hofdokumente dat daar alkohol by die partytjie gebruik is. Hy sê die foto’s van Johnnie Walker en J&B wat in die video gesien kan word, was slegs foto’s op ‘n rekenaarskerm. Becker versoek dat die paroolraad se besluit om sy paroolvrylating terug te trek, tersyde gestel word. Hy eis dat hy weer op dieselfde voorwaardes as in Februarie vrygelaat word.

Becker vra ook dat sy arrestasie en aanhouding onregmatig verklaar word en dat die departement sy regskostes moet betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LvR ·

Die mannetjie is omtrent…”ARROGANT” !!.
Dink seker die wêreld skuld hom…iets??
Piece of…SH#T

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.