Christoff Becker oorgeplaas weens “wangedrag”

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, is na ʼn ander gevangenis oorgeplaas nadat daar verlede naweek ʼn selfoon in sy tronksel gevind is by die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis.

Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het Saterdagmiddag Becker se oorplasing aan Maroela Media bevestig. “Ons kan bevestig dat Christoff Becker na die Kokstad-gevangenis oorgeplaas is weens sy voortgesette wangedrag.”

Wolela het geen verdere inligting bekend gemaak nie. Die Kokstad maksikum-gevangenis in KwaZulu-Natal word beskryf as die tronk met die strengste veiligheidsmaatreëls in die land.

Die DKD het na daar verlede naweek ʼn selfoon in Becker se besit gevind is ʼn tugkomitee byeengeroep om sy gedrag te ondersoek. Becker en Frikkie du Preez is op 16 Februarie, ses dae nadat hulle op parool vrygelaat is, weer in hegtenis geneem toe ʼn video van ʼn beweerde selpartytjie aan die lig gekom het.

Lees ook:
Becker glo weer met selfoon betrap
Waterkloof-twee bak brood in die tronk
Waterkloof-twee glo afsonderlik aangehou
NVG sê oor Waterkloof-twee
Aanval op Derby-Lewis glo te doen met Waterkloof-2
Waterkloof-twee: Korrupte tronkbewaarders dalk binnekort aangekeer
Waterkloof-2 voor paroolraad
Waterkloof-2 moet nog sit
Waterkloof-bewaarders gewaarsku
Facebook aan die gons oor twee van Waterkloof-4 wat weer agter tralies sit
Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word
Twee van Waterkloof-4 weer agter tralies
Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk
Video: Waterkloof-4 op parool vrygelaat
Waterkloof-4 vrygelaat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Veronica Deacon ·

Is elke tronk nie veronderstel om te voldoen aan streng veiligheidsmaatreëls nie?

Dereck Le Roux ·

Dit is duidelik dat DKD ‘n voorbeeld van hom gaan maak, hoekom kan daar nie in elke gevangenis in die land die strengste veiligheidsmaatreels wees nie? Daar gebeur baie baie erger dinge in die tronke wat nooit by die algemene publiek uitkom nie en elke Tom, Dick en Harry besit ‘n foon in die tronk, wees konsekwent en verplaas dan almal by wie selfone gevind word en nie net by een oortreder wat ‘n wit vel het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.