Christoff Becker op parool vrygelaat

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle die eerste keer op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle die eerste keer op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, is Dinsdag op parool vrygelaat.

“Becker is vrygelaat soos beveel deur die hooggeregshof in Pretoria,” het Logan Maistry, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, gesê.

Sy prokureurs het vroeër vandeesmaand ʼn dringende aansoek om parool in die hooggeregshof gebring wat die hof toegestaan het.

Die “Waterkloof-vier”, Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, het op 1 Desember 2001 ʼn hawelose man in Moreletapark, Pretoria doodgeslaan. Die slagoffer is nooit uitgeken nie. Hulle is in Junie 2005 skuldig bevind aan die moord. Die vier is op 11 Februarie 2014 ná vyf en ʼn half jaar van die 12 jaar tronkstraf wat hulle opgelê is. Becker en Du Preez se parool is egter teruggetrek nadat ʼn selfoonvideo aan die lig gekom het wat glo wys hoe hulle partytjie hou in die tronk. Hulle is op 28 Februarie weer teruggestuur tronk toe.

Becker is later na Kokstad oorgeplaas nadat ’n selfoon glo by hom gekry is. Du Preez kan eers weer in Januarie 2015 vir parool oorweeg kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

lillian ·

Dis jammer. Dié klein twit moet saam met skote petoors agter tralies bly, want moord is moord of jy wit of swart is!

Denise ·

Hoop die klein snotkop besef hoe gelukkig is hy en dat hy nie weer soos ‘n celeb probeer shine vang nie. Wonder ook maar net hoe groot was die rol wat geld en die sexy mama hier gespeel het. Ja Zahn wat van oom Clive? Ek wonder ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.