Christoff Becker se ma glo afgepers; Valke ondersoek

Christoff Becker en sy ma, Mariëtte

Christoff Becker en sy ma, Mariëtte

Die Valke ondersoek ‘n saak van bedrog nadat Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof vier, se ma glo deur een van haar seun se mede-gevangenes afgepers is.

“Ek kan bevestig dat ons ‘n saak van bedrog ondersoek maar niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. Hy kon geen verdere besonderhede verskaf nie.

Beeld het Saterdag berig dat Mariëtte Becker, Christoff se ma, deur een van haar seun se mede-gevangenes afgepers is. Die man het glo geëis dat sy hom R30 000 betaal, anders sou hy video’s wat haar seun glo verder in die moeilikheid kon laat beland uitlek aan die departement van korrektiewe dienste.

Becker, Du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt is in Februarie op parool vrygelaat. Becker en Du Preez is weer op 16 Februarie in hegtenis geneem nadat beeldmateriaal vrygestel is van waar hulle glo alkohol drink en ʼn selfoon in die Kgosi Mampuru-gevangenis (Pretoria Sentraal) gebruik. Die video is op YouTube gelaai.

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag Becker se dringende aansoek om weer op parool vrygelaat te word, van die hand gewys. Regter Sulet Potteril het beslis dat die aansoek nie dringend is nie. – Sapa

Lees ook:
Hof verwerp Christoff Becker se aansoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maria K ·

So sal die ding mos nie leer wat hy doen is verkeerd as mammie heeltyd geldjies betaal sodat videos van sy dinge nie uitkom nie. Nee wat, afpers se dinges, sy sterk hom in sy kwaad en sy moet sommer aangevat word. Die deler is so goed (skuldig) soos die steler – of danin die geval die betaler van afpersgeld is net so skuldig soos die een wat kammig afpers!

Sollie ·

Nee wat mamma, hoekom wou jy enigsins die geld betaal as seuntjie skuldig is? Dis nie afpersery dis obviously die waarheid – goed wat hy gedoen het so laat die publiek sien wie en wat hy is! Jy sterk hom meer in sy kwaad!

Peter Says ·

Mmmm, daar kom n tyd, dat al die geld in die wereld…Ook niks beteken nie.

Gooi-die-eerste klip ·

Ek wens werklik ons goeie Afrikaanse volkie wil ophou om so vinnig te oordeel. As enige van julle geen sonde doen nie, gooi dan die eerste klip. Die jong man het foute gemaak, baie. Maar ek ken sy omstandighede, en dié van sy ouers. Geen “geld” is betrokke op die vlak wat julle impliseer nie. Hulle is / was beide in die onderwys, en is wonderlike mense. Verkeerde besluite deur hulle kinders het hulle situasie skaars draaglik gemaak. Maar hulle bly mense! Hê eerder simpatie, as om te veroordeel. Miskien sal jy eendag nie geoordeel word nie. Seënwense vir almal.

Maria K ·

@Gooi-die-eerste-klip – kom by vriendjie! As daar videos bestaan dan moet dit uitkom dis nie afpersing nie. Niemand gooi hier met klippe nie – dis nie NODIG nie, die waarheid is lankal uit. Ons lees koerante en kyk nuus op tv en het fotos van die spul se wangedrag in die tronk en al die geldjies wat betaal is vir luukses so moenie nou kom maak of dit NIE so is nie! ‘n Fout is een ding maar om aanhou foute te maak en dan te maak of dit niks is… asseblief!

Belinda ·

Die nuus gaan my nie eintlik aan nie……………………maar dalk kan Daddy nog bedrog pleeg en die geld betaal ek kan se net wat ek wil want ek sou nie so lafaard beskerm nie………………..hy moes lankal agter tralies gewees het maar het alles in die lewe net te maklik gekry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.