Christoff Becker steeds agter tralies

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle die eerste keer op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle die eerste keer op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, word steeds in die Kokstad-maksimumveiligheids­tronk aangehou nadat die departement van korrektiewe dienste (DKD) sy vrylating op parool gekeer het.

Maroela Media het Vrydag berig dat die hooggeregshof in Pretoria gelas het dat Becker weer op parool vrygelaat moet word.

Logan Maistry, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het egter Saterdagoggend aan Maroela Media gesê die departement het ʼn kennisgewing ingedien om teen die hof se bevel te appelleer. Hy het gesê Becker sal in aanhouding by hangende die appèlaansoek.

Jonatan Bouwer, ʼn prokureur by Potgieter, Penzhorn & Taute Prokureurs, het Vrydag aan Maroela Media gesê Becker het ʼn dringende aansoek voor die hof gebring waarna daar gelas is dat hy op dieselfde voorwaardes vrygelaat word as toe hy op 11 Februarie vanjaar op parool vrygelaat is.

Becker se aansoek om op parool vrygelaat te word is goedgekeur hangende ’n appèlaansoek. Sy regsverteenwoordigers het appèl aangeteken teen ’n hofbeslissing in September waarvolgens ’n vorige besluit van die paroolraad om sy parool terug te trek, nietig verklaar is. Daar is ook destyds beveel dat die saak weer na die paroolraad terugverwys moet word.

Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, het in 2001 ʼn hawelose man in Pretoria doodgeslaan. Die vier is op 11 Februarie op parool vrygelaat en Becker en Du Preez is op 28 Februarie weer teruggestuur tronk toe nadat ʼn selfoonvideo aan die lig gekom het wat glo wys hoe Becker en Du Preez partytjie hou in die tronk. Becker is later na Kokstad oorgeplaas nadat ’n selfoon glo by hom gekry is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marius ·

Ag nee man. Jy was mos dapper vat nou jou straf soos n man. Jou maats het hulle gedra in die Gevangenis. Jy nou weer in Gevangenis en jy kan maar net jouself blameer. DKD gaan die ding veg tot die laaste. Hoop DKD is suksesvol want jy het nog nie geleer tussen reg en verkeerd nie.

Stephen ·

Becker se houding en optrede is n toonbeeld van arrogansie. Sy tronkstraf het definitief nie van hom n beter persoon gemaak nie.
Hou maar die man dop na sy vrylating. Dis nie die laaste wat ons van hom sal hoor nie!

lillian ·

Hy het niks geleer in die tronk nie, hou hom daar … “harde gat, word sagte gat”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.