Christoff Becker weer op parool vrygelaat

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle die eerste keer op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle die eerste keer op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, gaan weer op parool vrygelaat word soos beveel deur die hooggeregshof in Pretoria, het die departement van korrektiewe dienste gesê.

“Ons kan bevestig dat Becker vrygelaat gaan word soos deur die hof beveel,” het Logan Maistry, woordvoerder van die departement, gesê. “Die departement van korrektiewe dienste is tans in die proses om sy vrylating te bewerkstellig en wag steeds vir die afhandeling van die aansoek om verlof tot appèl.”

Maistry het gesê Becker sal so gou as moontlik vrygelaat word.

Die hooggeregshof in Pretoria het op 5 Desember gelas dat Becker weer op parool vrygelaat moet word. Die departement het egter ʼn kennisgewing ingedien om teen die hof se bevel te appelleer. Die departement het toe aangevoer dat Becker agter tralies sal bly hangende die appèlaansoek.

Becker se aansoek om op parool vrygelaat te word is goedgekeur hangende ’n appèlaansoek deur sy regsverteenwoordigers. Hulle het appèl aangeteken teen ’n hofbeslissing in September waarvolgens ’n vorige besluit van die paroolraad om sy parool terug te trek, nietig verklaar is. Daar is ook destyds beveel dat die saak weer na die paroolraad terugverwys moet word.

Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, het in 2001 ʼn hawelose man in Pretoria doodgeslaan. Die vier is op 11 Februarie op parool vrygelaat en Becker en Du Preez is op 28 Februarie weer teruggestuur tronk toe nadat ʼn selfoonvideo aan die lig gekom het wat glo wys hoe Becker en Du Preez partytjie hou in die tronk. Becker is later na Kokstad oorgeplaas nadat ’n selfoon glo by hom gekry is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

pop ·

Ag jong man< waardeer nou die kans en moenie weer aanjaag nie. Is bly vir sy ouers. Kersfees is hulle kind by die huis. Maar wat nou van die ander een???Of is hy al uit.

zahn ·

Boetie, jy stap nou in die wêreld in, nie Hollywood nie. Drop die houding en wees ‘n slag iets vir jou ma om op trots te wees. Jy lyk na een vreeslike arrogante verwende klein strooi, ek hoop jy het nou iets geleer. O ja, jaag nou weer aan en gaan terug tronk toe, almal se simpatie sal dan op wees met jou.

C Taute ·

Wat DKD se woordvoerder vergeet om te verduidelik is hoekom hy steeds nie vrygelaat is nadat die hof al op 5 Deember 2014 al so beveel het nie. Verlede Vrydag al is dit weer belowe deur sy regsverteenwoordigers by die hof nadat DKD weereens hof toe gesleep is. Maandag (3 ) dae later is hy steeds in Kokstad gevangenis en eers na dreigemente van nog aansoeke en die pers wat begin vra vrae kom daar nou ‘n persveklaring. Kokstad het vanaoggend nog geen instruksies gehad nie. ten spyte van telefone, fakse en internet. Dit is hoe ermstig DKD hofbevele en ‘n mens se konstitusionele reg tot vryheid opneem. Die laaste vraag wat DKD moet antwoord is hoeveel dit hulle gekos het… skuus eintlik die arme belastingbetaler…

Ella West ·

Dis ‘n skande dat hierdie twak weer parool kry. Hy het duidelik geen les geleer nie. Myns insiens moet hy sit tot hy krom trek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.