Christopher Panayiotou borgtog geweier

Christopher Panayiotou tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: ANA

Christopher Panayiotou tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: ANA

Christopher Panayiotou, wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou Jayde se moord gereël het, is Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof borgtog geweier.

Jayde se familie het hardop “ja” uitgeroep en hul hande in die lug gegooi nadat landdros Abigail Beaton die aankondiging gemaak het. Beaton was nog in die hof toe mense in die openbare galery begin hande klap het en haar geprys het vir haar beslissing. “Daar is geregtigheid” en “dankie Here” het van die mense geskree.

Toni Inggs, Jayde se suster, het in trane uitgebars. Haar en Jayde se pa, Derek, het haar getroos. “Ek is baie gelukkig met die uitspraak. Ons kon nie vir beter gevra het nie,” het Inggs gesê. “My hart is steeds gebreek maar dit is ʼn stap in die regte rigting. Dankie aan almal wat ons ondersteun het.”

Beaton het in haar uitspraak gesê sy het die bewyse in geheel sowel as die argumente en regspraak wat aan haar voorgelê is, oorweeg. Sy het gesê die beskuldigde staan tereg op ʼn skedule ses-aanklag en dat die onus dus op hom gerus het om te bewys waarom dit van belang is om hom op borgtog vry te laat. “Hy het nie daarin geslaag om dit te doen nie,” het Beaton gesê.

Sy sal aanstaande Vrydag die volle redes vir haar besluit in die hofrekord inlees. Christopher se familie was nie in die hof toe hy borgtog geweier is nie.

Panayiotou het glo sy werknemer, Thando Siyoli, betaal om die huurmoord van sy vrou te reël. Siyoli het as uitsmyter gewerk by ʼn nagklub wat Panayiotou besit. Siyoli het glo vir Sizwezakhe Vumazonke genader om die moord uit te voer. Panayiotou het na bewering R70 000 vir die moord betaal, waarvan Vumazonke R40 000 ontvang het en Siyoli R30 000.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Jayde Panayiotou-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

anet ·

Dankie aan Landdros Abigail Beaton!. Ek is saam met Jade se familie bly dat hy nie borg gekry het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.