Christopher Panayiotou-borgtog: ‘Landdros het fout gemaak’

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou, wat beskuldig word van die huurmoord op sy vrou, Jayde, se regspan voer aan dat die landdros wat hom borgtog geweier het ʼn “aantal ernstige feitefoute” gemaak het.

Panayiotou (28) word aangekla van moord, sameswering om moord te pleeg, roof met verswarende omstandighede, ontvoering en regsverydeling. Landdros Abigail Beaton het Panayiotou op 5 Junie borgtog geweier.

Panayiotou se regspan het intussen aangedui dat hulle teen Beaton se beslissing wil appelleer. Panayiotou het op 19 Junie vir die eerste keer saam met sy twee medebeskuldigdes in die hof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek tot 13 Augustus uitgestel.

In hofdokumente voer Panayiotou se regspan aan dat die staat Panayiotou se “feitelike bewerings” met swak, onindrukwekkende, onoortuigende en halfhartige pogings probeer weerspreek het. Volgens die regspan was Beaton se bevindinge teenstrydig, aangesien sy volgens hulle by tye bevind het dat Panayiotou in finansiële moeilikheid is, maar dan bevind het dat hy meer as genoeg geld het om landuit te vlug.

Panayiotou het Luthando Siyoli glo betaal om die huurmoord op sy vrou te reël. Siyoli het as uitsmyter gewerk by ʼn nagklub wat Panayiotou besit. Siyoli het glo vir Sizwe Vumazonke genader om die moord te pleeg. Panayiotou het na bewering R70 000 vir die moord betaal, waarvan Vumazonke R40 000 ontvang het en Siyoli R30 000.

Jayde (29) is op 21 April buite haar huis in Kabegapark, Port Elizabeth, ontvoer terwyl sy gewag het op ʼn saamrygeleentheid na Riebeeck College, waar sy ʼn onderwyseres was. Haar liggaam is die volgende dag buite die Kwanobuhle informele nedersetting in Uitenhage gevind.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Jayde Panayiotou-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Se maar Net ·

Die enigste fout sal wees om hom op borgtog vry te laat!!!!

Retha ·

Maak van hulle die voorbeeld met die doodstraf. Die Bybel beveel dit uitdruklik.

Retha ·

Maak van hulle die voorbeeld met die doodstraf. Die Bybel beveel dit uitdruklik.

Michelle ·

Hi, wil net ‘n restelling maak sy was onderwyser aand Riebeeck College in Uitenhage

Se maar net ·

As hy R70,000.00 het om geld te betaal om Sy vrou geliefde- lewens- maat se lewe te laat neem het hy geld om land uit te vlug het die ondersoek al bevind waar kom die R70,000 vandaan was dit uit sy rekening getrek of het hy dit onder sy bed gespaar en niemand weet waar die geld vandaan kom nie. Dis bloedgeld gewees en as hy dit iewers gekry het waar so hy het iewers nog sulke geld…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.