Christopher Panayiotou glo ʼn selfmoord-risiko

Christopher Panayiotou Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou (28), wat beskuldig word van die moord op sy vrou, Jayde, word 24 uur van die dag deur polisie bewaak om te verhoed dat hy hom om die lewe bring.

Panayiotou word as verhoorafwagtende in die St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth aangehou. Indien hy borgtog geweier word, sal hy hier aangehou word tot sy verhoor begin.

Gevangenes word glo nie toegelaat om vuurhoutjies by hulle te hê indien beamptes vrees dat hulle hulself sal seermaak nie, omdat hulle soms hulself en hul matrasse aan die brand steek. Verhoorafwagtendes en gevangenes wat reeds gevonnis is, word nie saam aangehou nie. Tussen 50 en 60 verhoorafwagtendes word in ʼn enkelsel aangehou.

Panayiotou se regsverteenwoordiger het Woensdag aan News24 bevestig sy kliënt sal om borgtog aansoek doen.

Jayde is op 21 April buite ʼn veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer terwyl sy vir ʼn saamrygeleentheid gewag het. Haar liggaam is later naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind. Haar man is net meer as week ná haar dood in hegtenis geneem.

Netwerk24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Hy moet maar tussen daardie 50/60 verhoorafwagtendes sit en dink aan wat hy gedoen het en ophou om homself jammer te kry. Hoe doen mens so iets aan jou vrou?

SNEL ·

Gee maar vir hom vuurhoutjies, hy is n slapg@t, hy sal sy matras aan die brand steek en in die hoek staan en skreeu of kyk wie hy kan huur. Sal ook beter wees vir die res van ons as die skuim van die aarde is, so maak nie saak; op of langs die matras as daar n vlammetjie is nie, gee hom sy vuurhoutjies.

Tammy ·

Nee nee nee Geen borg vir enige van die beskuldigdes nie ASSEBLIEF. Jade het gesterf. Sy het geen spesiale vergunning op die lewe gekry nie. Al die beskuldigdes kan nog met hul geliefdes praat en hulle sien. Jade is weg vir ewig. Dit sal uiters onverantwoordelik wees om enige van die beskuldigdes weer buite toe te laat, want ek sien net nog groter moeilikheid kom. Dalk nog erger misdaad as wat nou op die tafel is.

Theresa ·

Nou is hy ‘n selfmoordrisiko. Ag my siestog. Gee vir hom’n tou. Dit is nie naastenby die angs en hel waardeur Jayde moes deurgegaan het nie.

Tammy ·

Selfmoord-risiko, het hy iets om oor selfmoord te pleeg? Dit bly sy keuse om so iets te doen waar en wanneer ook dit mag wees.

Moedeloos ·

Ek het amper lus om te sê los hom dat hy homself dood maak. Dan is hy ten minste vir altyd van die samelewing verwyder. Nou word hy bewaak, gaan hof toe en hopelik tronk toe. Dalk ook net vir 5 jaar waarvan 4 jaar opgeskort word.

Spogsog ·

Gelukkig is daar baie manne wat hom sal warm hou in die aande….

Annerie ·

Shame hy soek nou simpatie. Ek stem saam met van die ander kommentaar. Verbeel jou die angs wat daardie vrou moes ervaar het in haar laaste ure. Hy moet nie borg kry nie. Hy lyk ook vir my na ‘n slapg@t. As hy dan wil selfmoord pleeg, hoekom dit nie doen voordat hy sy vrou laat vermoor nie? Nee wat, hy moet maar kripeer daar in die selle.

si ·

So was ek verlede week heilig oortuig dat geen mens so iets teen sy eie vrou kan beplan nie … jy moet harteloos wees en sowaar … toe is dit so! Ek was aanvanklik sommer ontsteld toe iemand die moontikheid noem. Ek is besig om my vertroue stadig maar seker te verloor in die mensdom. Ons mensdom sal moet begin fokus op die ewigheidswaarde van ons doen en late …..

0s ·

So was ek verlede week heilig oortuig dat geen mens so iets teen sy eie vrou kan beplan nie … jy moet harteloos wees en sowaar … toe is dit so! Ek was aanvanklik sommer ontsteld toe iemand die moontikheid noem. Ek is besig om my vertroue stadig maar seker te verloor in die mensdom. Ons mensdom sal moet begin fokus op die ewigheidswaarde van ons doen en late …..

Elize ·

Ek stem moenie vir hom vuurhoudjies of iets gee nie. Laat hy suffer en nogmaals suffer!! Tussen die 50/60 in die sel! Al sy geld, besighede beteken nou wat???? Hoop regtig nie hy gaan borg kry nie. Die ander was reeds op parool so ek glo nie hulle sal buitendien kry nie. Maar mnr. moet ook nie kry ASSEBLIEF!!!!!!!!!!

Christanam ·

Snel nee jong dit is te maklik om daaruit te kom op so ‘n manier. Hulle moet haar foto teen sy sel se dak en muur vassit sodat hy elke dag herhinner kan word wat hy gedoen het. Hy het in sy narsasistiese arrogansie gedink hy sal wegkom met die moord en nou sit hy met sy gat waar hy hoort. Hoop hy verrot daar.

karina ·

Dit is lelik wat ek nou sê maar ongelukkig is dit hoe ek voel. LOS die ding dat hy probeer selfmoord pleeg HOPELIK (waarvoor ek sal hoop) werk dit nie en lei hy vir baie lank met baie pyn en hy moet elke dag weet hoekom lei hy want nie eers die duiwel wil so siek mens soos hy he nie…..

Marin ·

Karina dit is nie lelik wat jy sê. Ek voel dieselfde. Hy moet lei. Ek sal net graag wil weet hoe daardie b@@@@@m gevoel het die oggend toe sy vrou by die huis uitgaan. Sy hom groet en hy weet hulle wag vir haar daar buite. So gemors moet lei. Gee vir hom vuurhoutjies.

Lorinda Theart ·

Kan iemand net GROOOOOT asseblief vir ons Afrikaner-volkie die verskil tussen “lei” en “ly” verduidelik. WAT het hierdie mense in die skool gedoen?!?! [En sommer ook “waardeer” en “waardeur” …]

Eish! ·

‘n Foon lui, ‘n klok lui
‘n Mens lei iemand iewers heen
‘n Mens ly van pyn: Ly ——- pyn. Op skool by ‘n onderwyseres geleer.

Eish! ·

‘n Telefoon en klok lui
‘n Mens neem leiding, of lei iemand in versoeking
‘n Mens ly van pyn. Ly en Pyn, lang y

SNEL ·

Sien jy Eish, mens het nie n graad nodig om slim te wees nie. Jy het dit!!! Jy het my gister lekker laat lag met daai; geen graad, maar 33 jaar terug …. Ja, ons sit in dieselfde bootjie, maar ek sien selfs dokters kan soms nie spel nie, nou voel ek beter. Dankie vir jou goeie verduideliking sodat ons almal dit kan onthou.

Amanda Dreyer ·

Laat die ongedierte doen wat hy moet doen. Spaar in elk geval die belastingbetaler ‘n hoop geld om hom daar te hou vir die res van sy lewe. Mag geregtigheid seëvier…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.