Panayiotou word as verhoorafwagtende in die St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth aangehou. Indien hy borgtog geweier word, sal hy hier aangehou word tot sy verhoor begin.
Gevangenes word glo nie toegelaat om vuurhoutjies by hulle te hê indien beamptes vrees dat hulle hulself sal seermaak nie, omdat hulle soms hulself en hul matrasse aan die brand steek. Verhoorafwagtendes en gevangenes wat reeds gevonnis is, word nie saam aangehou nie. Tussen 50 en 60 verhoorafwagtendes word in ʼn enkelsel aangehou.
Panayiotou se regsverteenwoordiger het Woensdag aan News24 bevestig sy kliënt sal om borgtog aansoek doen.
Jayde is op 21 April buite ʼn veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer terwyl sy vir ʼn saamrygeleentheid gewag het. Haar liggaam is later naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind. Haar man is net meer as week ná haar dood in hegtenis geneem.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
Hy moet maar tussen daardie 50/60 verhoorafwagtendes sit en dink aan wat hy gedoen het en ophou om homself jammer te kry. Hoe doen mens so iets aan jou vrou?
Gee maar vir hom vuurhoutjies, hy is n [email protected], hy sal sy matras aan die brand steek en in die hoek staan en skreeu of kyk wie hy kan huur. Sal ook beter wees vir die res van ons as die skuim van die aarde is, so maak nie saak; op of langs die matras as daar n vlammetjie is nie, gee hom sy vuurhoutjies.
Nee nee nee Geen borg vir enige van die beskuldigdes nie ASSEBLIEF. Jade het gesterf. Sy het geen spesiale vergunning op die lewe gekry nie. Al die beskuldigdes kan nog met hul geliefdes praat en hulle sien. Jade is weg vir ewig. Dit sal uiters onverantwoordelik wees om enige van die beskuldigdes weer buite toe te laat, want ek sien net nog groter moeilikheid kom. Dalk nog erger misdaad as wat nou op die tafel is.
Nou is hy ‘n selfmoordrisiko. Ag my siestog. Gee vir hom’n tou. Dit is nie naastenby die angs en hel waardeur Jayde moes deurgegaan het nie.
Selfmoord-risiko, het hy iets om oor selfmoord te pleeg? Dit bly sy keuse om so iets te doen waar en wanneer ook dit mag wees.