Cilliers Brink is koalisie se burgemeesterskandidaat vir Pretoria

Die veelparty-koalisie se oorsigtelike groep, wat bestaan uit leiers van al die partye wat in koalisie in die Tshwane-stadsraad is, het Dinsdag vergader om die kwessie van ʼn nuwe burgemeester te bespreek.

Randall Williams het verlede week Maandag sy bedanking as burgemeester ingedien. Hy het aanvanklik aangedui dat sy bedanking om middernag in werking tree, maar het later ʼn gewysigde brief gestuur waarin hy sê dat sy bedanking op 28 Februarie in werking sal tree. Die tydperk is verleng om te verseker die metroraad se werk gaan ononderbroke voort en dat die burgemeesterskomitee in plek bly.

“Die ondertekende ooreenkoms van die koalisie bepaal dat die DA die voorreg het om die posisie van burgemeester te vul ná konsultasie met alle koalisievennote,” sê Corné Mulder in ʼn verklaring namens die koalisie.

Die koalisie van die DA, Vryheidsfront Plus, ActionSA, IVP, ACDP en Cope het 108 setels tussen hulle in die raad van 214 setels.

Brink en Katlego Mathebe was glo kop aan kop om aangekondig te word as die kandidaat om Williams te vervang. Drie ander kandidate, Jacqui Uys, Peter Sutton en Kingsley Wakelin het ook aansoek gedoen. Almal buiten Brink is tans raadslede in die munisipaliteit. Brink is die DA se skaduminister vir samewerkende regering en tradisionele sake en die party se nasionale woordvoerder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

Ai tog DA, korrigeer asb. die spelfout. Genade……

Blikke ·

Belangriker dinge om oor te worry as n stupid spelfout….Genade…..

Jedi Knight ·

Hoe wil jy die groot dinge regkry as jy nie die klein dingetjies kan regkry nie?

57 Chevy ·

YES……HAHA !!!!!!! Bly om dit te hoor . The “HEAT” is on baby . Hy gan nie bollie vat nie . Gelluk Cilliers Brink vertrou jy sal oorwin in die kies proses as Burgermeester vir Twane . Wens dit was vir JHB eerder . Wens jou alle voorspoed !

Sarel ·

Groot Kopseer baue werk vir die man.
Eerstens sal hy moet slaag om die Koalisie by een te bring
Dan begin werk vir die Geneenskap ongeag
Polotieke verskille

Koos 100 ·

Sarel. Sy eerste taak moet wees om Pretoria by een te bring. Dit is die inwoners wat eerste moet kom NIE die politikuste NIE! Pretoria het nog nooit so sleg gelyk en so baie gebreke gehad nie, nie eers toe die ANC beheer gehad het nie. Die inwoners is absotuut moeg vir al die verskonings en politieke speltjies. Maar dis die geval hier ook dat 10% betaal en 100% kry, en het ook stemreg.

Vrystaat2109 ·

Baie geluk DA, maar hoe lank voor die mosie van wantroue ingestel word? Koalisies in SA het nog nooit gewerk of lank gehou nie, nou begin die binnegevegte terwyl die gemeenskap steeds aan die kortste end trek.

Harley Davidson ·

Solank hy bevoeg is om die werk te doen en die beste kandidaat is het hy my stem.

Martie Smartie ·

Wat weet hy nogal van n munisipailteit se sake bestuur?

Owlie ·

Kan die kinderagtige, swsk leierskap van koalisie speletjies ophou, almal saam staan en nou n slag vir die man n kans gun om reg te ruk wat nooit verbrokkel moes gewees het nie

Chris ·

Hoekom kon ons Suid-Afrikaners nog nooit in die geskiedenis saamstaan nie. Daar moet altyd iemand wees wie slimmer is of beter weet. Wanneer jmens kyk na ander partye, staan hulle saam, ongeag geskille. Dit kan ons ondergang wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.