City Power gaan niebetalers teiken

City Power is besig met ʼn aggressiewe veldtog om uitstaande skuld te verhaal van niebetalende verbruikers in Johannesburg.

Die uitstaande skuld van niebetalende verbruikers, insluitend groot maatskappye, staatsdepartemente en gewone inwoners, beloop sowat R4,9 miljard.

“Inkomsteverhaling het ʼn groot impak op die lewensvatbaarheid van ons onderneming en is ʼn fokusarea – elke sent tel!” het Lerato Setshedi, uitvoerende hoof van City Power, in ʼn verklaring gesê. “Sonder hierdie inkomste kan ons nie in die nodige infrastruktuur belê om ononderbroke kragvoorsiening te verseker nie.”

City Power wil met sy veldtog verbruikers se gedrag verander.

Meer as 37 000 rekeninge is agterstallig by die kragvoorsiener, waaronder 480 grootmaatverbruikers soos vervaardigers en myne, meer as 10 400 ondernemings en 104 staatsdepartemente, insluitend skole, hospitale en noodsaaklike dienste, en meer as 26 600 residensiële verbruikers.

“Ons versoek verbruikers om vrywillig na vore te kom en hul skuld te delg of ʼn reëling te tref vir betaling,” het Setshedi bygevoeg. “Ons sal uitreik na verbruikers en met sakeforums en raadslede in gesprek tree oor die veldtog sodat hulle die verbintenis kan verstaan tussen inkomsteverhaling en die normalisering van dienste. As ons gedwing word om verbruikers se elektrisiteitstoevoer af te sny weens niebetaling, sal fooie gehef word om dit weer aan te sluit.”

Die veldtog sal ook op onwettige verbindings fokus.

Vir meer inligting hoe om ʼn agterstallige rekening te betaal of reëlings te tref om die betaling te maak, besoek Stad Johannesburg se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

twaalfboor ·

Okay nou verstaan ek nie. Volgens berigte is soweto se skul alleen R18miljard.

Sune van Heerden ·

Dagsê André

City Power verwys slegs na die geld wat aan hom geskuld word en nie Eskom se uitstaande skuld nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.